Staatsrede 2017: DA verlaat die Nasionale Vergadering

Leë banke in die Nasionale Vergadering nadat die EFF en DA die vertrek verlaat het

Leë banke in die Nasionale Vergadering nadat die EFF en DA die vertrek verlaat het

Die Demokratiese Alliansie het Donderdagaand omstreeks 20:15 die Nasionale Vergadering verlaat voordat pres. Jacob Zuma met sy staatsrede kon begin.

Die EFF is kort tevore hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het speaker Baleka Mbete versoek om ondersoek in te stel na veiligheidswagte in die parlementêre distrik wat na bewering met aanvalsgewere gewapen is. Hy het ook gesê gaste op die galery is glo met pepersproei gespuit.

“Jy breek die parlement,” het hy aan Mbete gesê. “Daardie man [Zuma] het Suid-Afrika gebreek en jy breek die parlement.”

ANC-LP’s het egter hierop Steenhuisen toegesnou dat hy ʼn “rassis” is.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het hierna opgestaan en bygevoeg die militêre mag wat in die parlementêre distrik is, is teenstrydig met dit wat aan LP’s gekommunikeer is. Hy het bygevoeg die president het die Grondwet oortree.

Die DA het hierna vreedsaam die Nasionale Vergadering verlaat.

ANC-LP’s het vir Maimane geskree hy is ʼn “racist and a sellout”. ANC-LP’s het ook die DA daarvan beskuldig dat hulle “die naam van dooie mense gebruik vir politiek”. Dit is met verwysing na DA-LP’s wat swart vlae vasgehou het waarop die woorde “onthou die Esidimeni 94” gedruk is.

Mbete het gesê ʼn ondersoek sal ingestel word om te bepaal of gaste wel met pepersproei gespuit is en wat die omstandighede was.

Zuma het omstreeks 20:25 opgestaan, gelag, en daarna met sy toespraak begin.

Volg die staatsrede regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

AL ·

Ek glo nie n leuenaar nie, die TV afgesit toe zum-zum begin praat. Die parlement het die mikrofone se klank afgesit toe ANC lede DA beledig met vieslike uitlatings.Praat van n ondemokratiese diktatoriese ANC parlement!

Koos ·

Jy is reg. Die “sinvolle” deel was verby voor Zuma begin praat het.

pbotha ·

Ek maak n non politiese stelling….vanaand is ek skaam om Suid Afrikaner te wees. Die gebeure in die parlement is n skandvlek op ons land en sy mense. So jammer oor dit… die wereld lag vir ons

Luister ·

Dit is nie ons wat ‘n skande is nie, maar ons regering.
Sirkus seisoen is oop….en die hoofnar lag! ;-(

Ihs ·

Nee, beslis nie “ons” nie. Glad nie deel van ons nie. Dit beweeg teminste in ñ rigting. Ek sou daarvan hou as hulle eendag goed mekaar bykom. Eerder dit as die stadige dood wat ons land beleef. My werkers wat hard werk en beslis nie welaf is nie is miljoen keer beter as enige een in parliment.

Frans ·

Wat is vir jou die ergste Luister : opposisiepartye se verset of JZ se retoriek?

Dan ·

En die verrigtinge was nogal kompleet met die singery en dansery deur ‘n sangoma! Ja broer …

Adriaan ·

As ek DA “sou” gestem het, sou ek nou my kop in die grond gedruk het van skaamte na die narre wat hul van hulself gemaak het in die staatsrede. Dit moet darm baie harde werk wees om so media aandagvraat te wees….

roetie ·

hi adriaan, is jy nou nie spyt jy maar nie vir die DA gestem nie want die ander party wat jy voor gestem het is nou die narre
eks n volwaardige DA

Magda ·

ek is ook n DA Lid – met lidmaatskap kaart en al – DA BO

Jaco ·

Stap uit in grand klere en ry dan na jou grand huis in jou grand motor. ALLES betaal met n parlementere salaris van 1 miljoen Rand PER JAAR. Elke parlementslid bou met daardie salaris, waarby nog kom n lekker kar en verniet vlieg, n mini-Nkandla. Politiek is net n money making venture.

Kobus ·

Die laagste punt wat SA seker ooit by kan draai…was vanaand…glo nie dit kan nog verder val…rommelstatus voorland

SP ·

Die ANC is nou hoogheilig in die parlement,sal sien wat hulle gedrag en optrede is as hulle oor n paar jaar in die opposisiebanke sit!

Johanna Botha ·

Wat n groot skande …skaam om n Suid Afrikaner te wees ….hierdie land is n sirkus ! !

CAB ·

Ek sit maar liewerste ook die TV af want al waaroor dit gaan is hoe hulle beloftes maak om net te gee in plaas daarvan om te se hoe leer ons Julle om suksesvol te wees as jy daarvoor leer en werk. Ek daag hom uit om n onbekwaamde persoon in n hoe posisie te sit en n sukses daarvan te maak. Want geskiedenis gaan homself herhaal. Kyk net vannaand hoe het dit aan gegaan in die parlament. DA ek hoop Julle kry ook sommer skaam, daar is n plek en tyd Vir alles. No point taken.

Johannes van Staden ·

Dat hulle nie eers 1 min se stelte wou gee vir die 94 mense wat oorlede is onder hulle toesig …dit was regtig uiters onvanpas en laag !

AL ·

Die hele wereld weet wie en wat Zuma is, hy steek ons in die skande, nie die opposisie nie, almal voel frustreerd oor hom en voel magteloos. Ons moet hierdie stadium deurgaan, sodat die ANC se mag gebreek word. ANC het goue geleenthede gehad om hom uit te skop, maar dit laat verbygaan.

Helena ·

Dis n skande, en dat ons jeug dit ook moet beleef, dis so korrup. Ek skaam my vir ons regering. Tyd vir groot word, maar wat vandag gebeur het, lyk my die se verstand moet nog ontwikkel. Ons kan net vra vir God se Genade oor ons.

WDP ·

Dit was darrem op BBC en CNN ook – maar ja die racists ding – shame ANC en shame ou roelf meyer -kyk net wat het jy aangevang

PMB ·

Politiek is n vuil besigheid. Kan nie glo dat Zuma die podium vat en eers lag voor hy begin met sy toespraak. Wat se leier is dit en dan is daar al sy blinde volgelinge!!!! Ek sukkel om woorde te vind wat toe gelaat sal word om myself uit te druk. Wat se n mens oor die sirkus?

humor ·

Natuurlik tel hierdie gebeure teen z en die anc. Al die openerende partye moes uitgestap het dan sou die hele aangeleentheid n sinnelose gekkeparadys gewees het waarvan die wereld kennis sou neem.

Wiehan ·

En ons lag vir Amerika? Die ANC het mos al die jare vir sy ondersteuners gese “toi toi” . Nou kry Hy net terug wat Hy groot gemaak het.

Rynhardt ·

Ek vind dit net verstommend dat mense nog kan glo dat die parlement met al sy hansworse iets wonderlik gaan oplewer vir die publiek.Parlement is vol van Anc-faksies terwyl die jongerige, jeukerige Anc-faksies (DA en EFF) baklei met ouboet, die Anc-regering vir die goue been.Raai wat? Jongerige Anc-faksies gaan nie die goue been kry nie!

Hanno ·

Ons almal weet hierdie klomp swape gaan hand en tand aanmekaar spring as die pôpô die fên tref, die vraag is waar staan ons as Boere wanneer dit gebeur? Staan ons terug, of staan ons saam?
Groete

Johannes van Staden ·

Na vanaand weet die hele wereld wie zuma is en presies waar SA is …en wat dink hulle ….mmmm ja ….” Its a big mess ”

Ekmeenmaarnet ·

Hoekom nie net hulle rûe op Zuma draai in ñ toon van disrespek nie? Ek soek my verteenwoordiging ín parlement baie dankie.
En dit sou seker 30min gespaar het as hulle net hoofde gebuig het vir die 94. Dit was nie vereis dat hulle skuld erken nie. Maar Z het dit genoem so dit was ongelukkig gebruik as ñ magspeletjie.

Connie ·

Hoekom ook nie ‘n oomblik hulle hoofde buig vir al hulle wit landsburgers wat so uitgemoor word nie. Hulle is baie meer as 94. Hulle kon dit saam doen.

C op C ·

Ek wonder maar net: wat van hierdie optrede is vooraf beplan?

Alida ·

Die eerbare ding vir Z nou is om te bedank. Hoeveel keer wil hy homself nog verneder? Genade kan n mens se vel so dik wees.

THEA SWART ·

ALIDA HY HET DAN SO MOOI GELEER BY SY ZIM BROEDERS MUGABE SE VEL IS DIKKER AS ‘N OLIFANT

Maggie ·

Dit is uiters onvanpas van Zuma om te lag en in sy eie taal iets te se waaroor net die ANC lede lag. Gestorwe parlementslede van die ou party sal sekerlik in hulle graf omdraai as hulle sien wat het geword van stigtelike sittings. ‘n oor en weer geskreeu, sodat niemand kan sin maak nie. En wanneer die uwe mr. Zuma begin praat raak hulle almal aan die slaap.
Hulle kan netsowel nie meer n staatsrede hou nie.

Rita ·

Hoe gouer Zuma bedank, hoe beter. Hy lag mos oor alles en dink die land is ‘n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.