Staatsrede 2017: Eerste LP’s op die rooi tapyt

Floyd Shivambu, adjunk-eier en hoofsweep van die EFF, het saam met EFF-LP Marshall Dlamini by die parlement voor die 2017 staatsrede. Foto: ANA

Floyd Shivambu, adjunk-leier en hoofsweep van die EFF, saam met EFF-LP Marshall Dlamini by die parlement voor die 2017 staatsrede. Foto: ANA

Sommige LP’s het reeds by die parlement opgedaag vir pres. Jacob Zuma se staatsrede, wat later vanaand gelewer word.

Floyd Shivambu, adjunk-leier en hoofsweep van die EFF, het saam met EFF-LP Marshall Dlamini oor die rooi tapyt gestap na hul kantoor in die Marks-gebou. Beide was in hul kenmerkende rooi oorpakke geklee.

IVP-LP Narend Singh was ook reeds ure voor die staatsrede begin op die tapyt om vir die kameras te glimlag.

Zuma word eers later verwag, kort voordat hy sy toespraak om 19:00 lewer. Die adjunkpresident, lede van die wetgewer, premiers en burgemeesters sal hom vergesel.

IVP-LP Narend Singh (regs) arriveer by die parlement voor die 2017 staatsrede. Foto: ANA

IVP-LP Narend Singh (regs) arriveer by die parlement voor die 2017 staatsrede. Foto: ANA

Die veiligheid rondom die parlement is reeds streng, met verkeersbeamptes wat reeds talle paaie afgesper het. Voetgangers het ook beperkte toegang tot die parlementêre gronde. Polisiebeamptes kan op elke hoek gesien word waar hulle die omgewing met ʼn valkoog dophou.

Intussen is honderde ANC-ondersteuners met busse na die Kaapstad-sakesentrum aangery vir die People’s Assembly-saamtrek wat met Zuma se staatsrede oorvleuel. Zuma sal na verwagting vir ʼn kort rukkie by die saamtrek aansluit na afloop van sy toespraak.

Die groep is besig om liedjies te sing wat beweer Zuma was deel van die revolusionêre struggle van die volk, terwyl ander politieke partye nie was nie.

Polisiebeamptes het die Grand Parade-plein, waar die People’s Assembly gehou word, afgesper. Rolle doringdraad is uitgerol om ʼn skermutseling tussen opponerende groepe te verhoed soos wat by verlede jaar se staatsrede gebeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jaco ·

Waarvoor is Zuma so bang? In die tagtigs toe die ANC bomme rondom ons ontplof het was die sekuriteit by die parlement nie eers n fraksie van nou nie.
Of wil Zuma n Mabuto Sesoseko (spelling) of Mugabe wees. ‘n Ware Afrika diktator!

Alida ·

Alet wie dink jy betaal? Ons gaan nog vir die after party se kos en duur whisky ook betaal!

Kobus ·

Sirkus….Almal in geel opgewonde om die hoofnar naamlik Zuma te sien optree….maar vergeet gerieflikshalwe dat hy die land Suid-Afrika vir die Wolwe gegooi het….(lees korrupsie,wetteloosheid,plaasmoorde en ontkenning dat hy n mislukking self is)

Louise ·

Almal word uitgenooi na ‘n sirkus vanaand ! Weet nie wie gaan deelneem nie, maar dit beloof om nog ‘n goeie een te wees.

Kobus ·

Malema se spannetjie se overalls al bietjie verslyt…seker van die menige kere se hardhandige verwydering uit die parlement….aangesien alles mos deesdae verniet is…gryp n stuk rooi tapyt…dikker stof van geweef…sal sommer die Kaapse onplesierige weer deurstaan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.