Staatsrede 2017: EFF hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder

EFF-LP's uit die parlement verwyder

EFF-LP’s uit die parlement verwyder

Veiligheidsbeamptes het Donderdagaand LP’s van die Ekonomiese Vryheidsvegters hardhandig uit die Nasionale Vergadering verwyder nadat speaker Baleka Mbete tevergeefs probeer het om hulle onder beheer te bring.

Die EFF het pres. Jacob Zuma se staatsrede deurgaans ontwrig en hy was teen 20:10 nog steeds nie in staat om sy staatsrede te lewer nie.

Julius Malema, leier van die EFF, het Mbete “irrasioneel, ongeduldig en partydig” genoem toe sy die party se LP’s versoek het om die vertrek te verlaat.

Die EFF-LP’s het egter gesê dit is Zuma wat die vergadering moet verlaat. “Julle is baie streng met LP’s wat die reëls onderhou, maar is nie bereid om iemand uit te gooi wat die grondwet oortree het nie,” het die EFF gesê.

Malema het gesê sy party sal nie die vergadering verlaat nie, waarna Mbete die veiligheidspersoneel versoek het om hulle te verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Valerie ·

Skreeusnaaks, is dit nie? Ek hoor dan oral waar ek gaan Suid-Afrika is ‘n ontluikende opkomende land. Wat? Dit is ‘n Dêrde Wêreldse grap. Wat “ontluik” hier? Ek kan dit ongelukkig nie sê nie, want dan kry die “verskriklike belangrike” sosiale media weer ‘n kramp in die agterstewe.

Alida ·

Dit is walglike gedrag. Die ANC het geen respek vir lewe nie. 30 sek van stilte vir 94 sterftes kon maar toegelaat word. Wys mens net.

Trots Afrikaans ·

Nogal opvallend toe die president van die meerderheid in ons land sy spreekbeurt kry en almal groet, het hy aan die einde van die groet in al die amptelike tale van ons land gegroet, behalwe Afrikaans. Swak, hy wys net hy misken Afrikaans. Hoop iemand maak hom bewus van dit!!!!!

Marietjie ·

Trots Afrikaans, hy het definitief in Afrikaans ook gegroet, ek het spesifiek geluister daarna. Dit was die laaste of tweede laaste taal waarin hy gegroet het. Jy behoort dit te kan hoor as jy dalk na die YouTube-video kan kyk.

Lou ·

Ek dink jy’t dit net gemis. Hy het gesê “Goeie naand”. Nie dat ek omgee nie maar nogtans ….

Taalpuris ·

Trots Afrikaans, ek stem met jou stelling saam, maar “iemand maak hom bewus VAN DIT” moet lui: “iemand maak hom DAARVAN bewus.”

AL ·

Zuma moet pak met sy gunsteling presidentskandidaat Dlamini Zuma. Klink dieselfde soos Grace wat Mugabe wil vervang. Twee diktator couples. Die land is sat vir hom. EFF en DA en Agang spreek net ons walging vir hom uit.

Koos van der Lith ·

Die FW en Roelf Skande. Dit is wat plaasgevind het. Met Roelf is daar gepraat toe hy vanmiddag daar aangeland het.Hy was tevrede met die vordering wat oor 20 jaar plaasgevind het.FW is nie opgemerk nie. Moontlik was hy tussen die derduisende nuuskieriges wat daar was. Dalk vermom, weet nie, ek sou maar skaam gewees het om daar rond te beweeg. Om skaam te wees moet jy egter soort van gewete oor beskik.
F W de Klerk en sy meelopers moet stil wees vanaand, hul moet trots wees en die gebeure verdedig. Hul het hierdie pragtige land oorhandig en stil stil weggeraak om iewers agter veiligheidshekke te gaan aftree.

Kobus ·

Hy het in Afrikaans gegroet…3de op sy lysie wat hy darem nie hoef af te lees…

Bach ·

Waar en wanneer kan ons kommentaar lewer oor vanoggend se gesprek op RSG. Lynette se program. Du Toit het baie gepraat maar wat het hy, Basson en Max al gedoen om mense se lewe te verander behalwe om agter lessenaars te sit en Solidariteit te kritiseer wat daadwerklik lewens van alle rasse te probeer verander.

Dawie ·

Welkom by Sirkus Suid Afrika!!! Die beste was toe die arme wit ou van die DA die EFF beskerm en al wat jy hoor is RACIST RACIST van n vrou in die ANC!! Mag liewe JESUS ons beskerm en ons gebede verhoor!!!

wdp ·

Dis al hoe die ANC geprogrameer is om alles en almal racist af te maak en die res te besteul en af te breuk

Eaton ·

Die sirkus is agv liberalisme wat lei tot te veel mense regte. Malema het net een doel gehad en dis om te ontwrig. Wil nie negatief klink. Maar as n blanke is hier geen toekoms in die land.

Eugene ·

As jy nie wil negatief klink nie, hoekom doen jy?
As jy nie wil deel vorm van die konstruksie van daai toekoms nie, hoekom is jy nog hier?
Malema is nie die probleem hier nie. Wat die man gesê het vanaand is nie onredelik nie. Die probleem is die een wat in die stoel sit en giggel.
Die het ook niks te doen met liberalisme nie. Mense regte is nie n slegte ding nie, behalwe nou as jy nog in 1980 bly
Wees deel van die oplossing, nie die probleem nie, soos wat Julius vereens is. Ek seker as n blanke man wil jy nie by hom afsteek nie

Ihs ·

Die beste is dat Malema stil staan terwyl sy broers geslaan word. As jy wil dreig moet jy dit ook kan doen. Hoekom bly die VF sit? Verskoning as hul geloop het; net vinnag gekyk. Beter goed om te doen.

Kobus ·

Kyk weer op you tube as jy tyd het….Malema het by die deur n helse hou op wang gekry

Rynhardt ·

EK het op 8Feb.vir Maroela die sirkus en chaos in parlement uitgespel! Ek was weereens reg.Die feit dat Zuma so baie soldate en sekuriteit asook polisie ontplooi het, wys klaar dat SA is besig om n polisie-staat te word wat hom, Zuma aanbewind moed hou!SA beweeg vinnig in die rigting van rewolusie!

Chris Crous ·

Wat help dit ons skree skande, walglik, 3e wêrelds ?
Niks sal verander totdat die ANC hulle nr.1 vervang nie.
Maar sal hulle ? Glo nie so nie, want waar kry dié lede weer so ‘n lekker vet salaris, een of selfs twee luukse motors, gratis vlugte, 5-ster hotelverblyf !!
Gaan nie gou gebeur nie !

lyn ·

Malema wil aan bewind kom. Dis al. Goed hy het n hou gekry. Sommer omrede hy sy mense aanpor om grond te beset.

Mossie ·

Lyn malema wil nie aan bewind kom nie want hy is zuma se skoot hondjie hy doen vir zuma wat die nie mag doen nie wat hy is die regeerder nou laat hy malema toe om dit te doen …. skyn oorlog malema kon al 2 keer vir zuma sink deur net sy hand op te steek en wat doen hy …. vat sy mense en loop liewer hoekom ? zuma bly en hy lyk kamtig kwaad vir zuma

wilma ·

Mense maki saak wie die president is ni di ANC sal die land net verder die afgrond in regeer. Net God alleen kan uitkoms bring

Kobus ·

Eugene ek stem saam met jou…Ek glad nie n voorstaander van Malena se opsweping en retoriek nie…maar wat die EFF gisteraand wou gehad het is maar net kortliks dat die giggelende nar wat kwalik iets sinsvol uiter…moet bedank en die Parlementsgebou verlaat….maar indien dit sou gebeur het….was daar beslis n gejubel en n geskarrel in die duiwehok(Parlement) ….want Mbete en haar handlanger is handpoppe van Zuma…hul sou ook moes verkas het…besef jy watter wanorde sou dan gevolg het…almal van die Rooimiere tot die withemde sou in hierdie chaos wou baai en politieke punte wou behaal…Jammer die DA en ander partye het uit gestap…deels glo ek uit frustasie en deels uit dat hul nie deel wou wees van die sirkus….

EvW ·

Hoekom is die klank kortkort afgesit? Dalk bang ons hoor iets wat hulle kan laat worry oor waar hulle nog geld kan vat v hulle eie sakke?

Sandra ·

Toe Zuma opstaan en eers lag voor hy begin was dit duidelik dat hy wat Zuma is weet ons kan niksaan hom doen nie want ons is slap ons kan gou ons gedagtes los op ‘n blad en dan het ons ons deel gedoen!!! Ek dink ons voor Vaders skaam hulle vir wat van die boere volk geword het wat nie meer saam staan nie ons is tog so bang ons maak ‘n verskil. Ek is seker as ons almal ja ALMAL SAAM STAAN kan ons die nar uit sy ps skop maar ons kan nie en ons sal nie ons sal eerder op ons seep bokse staan en preek en dit as meeeeer as genoeg sien ons deel is gedoen. Die DA het uitgeloop en met rede ZUMA het ons land gebreek en ons het hom gehelp, ons help hom daagliks, ons ek ingesluit is ‘n klomp lam sakke wat net goed is vir een ding….kla op ‘n blad en my deel is gedoen!!!

Sue ·

Sandra ek stem saam met jou. Hou op om op papier te kla en kry REGTE boere sodat ons iets daadwerkliks doen om ons uit hierdie gemors te kry. Ons Liewe Vader sal ons help maar ons moet self iets doen om te bewys dat ons eerlik opreg is met ons dade. Kom Afrikaner volk laat ons saamstaan en wys wat in ons steek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.