Staatsrede 2017: EFF wil ‘beskerming’ hê

Floyd Shivambu op 9 Februarie 2017 tydens die Staatsrede in Kaapstad

Floyd Shivambu op 9 Februarie 2017 tydens die Staatsrede in Kaapstad

Floyd Shivambu, hoofsweep van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Donderdag in die parlement voor pres. Jacob Zuma se staatsrede, speaker Baleka Mbete beskerming gevra vir EFF-LP’s.

Shivambu het gesê die EFF verneem minstens 21 polisiebeamptes het Donderdag by die parlementêre veiligheidsdienste aangesluit om EFF-LP’s in hegtenis te neem en met ʼn “biologiese middel” in te spuit wat hulle vir die res van die dag onbekwaam sou laat. Hy het ʼn swart kabelbindertjie opgehou wat die beamptes glo sou gebruik om die EFF-LP’s in hegtenis te neem.

Mbete het egter gesê die huis kan nie reageer op hoorsê nie. “Al wat ons vir jou kan sê is dat ons alles volgens die reëls sal doen,” het sy aan hom gesê. “Ons kan nie reageer op gerugte nie.”

Julius Malema, leier van die EFF, het ook opgestaan en gesê die parlement het die kabelbindertjie van ‘n veiligheidsbeampte afgeneem en hy versoek dat daar ‘n ondersoek gedoen moet word oor die gerugte. “Dit is nie net ‘n gerug omdat dit van die opposisie af kom nie, maar ‘n ernstige versoek van ‘n lid van die parlement,” het hy gesê. Hy het ook aan Mbete gesê daar is persone wat biologiese wapens teen die EFF wil gebruik.

Mbete het egter gesê sy volstaan by haar besluit.

John Steenhuizen van die DA het Mbete versoek dat die huis ʼn oomblik van stilte sal gebruik ter nagedagtenis aan die 94 psigiatriese pasiënte wat gesterf het toe hulle van die Life Esidimeni-kliniek oorgeplaas is na ongelisensieerde fasiliteite in Gauteng.

Mbete het gesê die huis deel die sentiment en die gees waarin die versoek gerig word, maar ʼn oomblik van stilte sal vir die Esidimeni-slagoffers gehou word wanneer die debat oor die staatsrede gehou word.

Steenhuizen het egter gesê die opening van die parlement is juis ‘n behoorlike oomblik om oor dié sterftes na te dink. Hy het gesê dit sal “goedkoop” wees om dit vir ‘n week uit te stel.

Mbete het egter gesê die huis wil voortgaan met die verrigtinge.

DA-LP’s het egter opgestaan en gesê hulle wil tog ‘n oomblik van stilte hou.

Mbete het daarna die president geroep vir sy staatsrede.

Volg die staatsrede regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

susan@ ·

Dit is ñ absolute deurmekaarspil. Ek kan nie glo hierdie land en sy mense betaal hul salarisse nie.. ? ñ spil wat nie geskik is om trots op te wees nie…..sies ga!! Die wêreld lag vir ons!!

Johann ·

Nie tyd vir die in nood…lewend OF sterwend OF reeds in massas vermoor deur die gevolge van aanstellings van onbekwame pionnne! N GEWETENLOSE LAFAARD vir n “president” wat nie self uit respek vir die wat aan die hand van SY wanbestuur dood is erkenning te gee nie. Enigste optrede is om die moordenaars te “skors”…hulle by die huis te laat sit vir jare; betaald; Ek skaam myself om te moet respek hê vir ‘n instelling aan die stuur van Suid Afrika wat meer omgee om tyd te skep vir leunaar nommer een om verder te lieg! GEWETENLOOS!

Oosie ·

“wat hulle onbekwaam sou maak”… Hulle is nog altyd onbekwaam….

Zumie ·

Miskien moet ons maar die parlement groter maak dat elke lid sy eie twee sekuriteitswagte saambring……. en dan bou ons ‘n bokskryt in die een hoek dat die gevegte darem met behulp van die Queensbury reels besleg kan word met ‘n behoorlike parlementere skeidsregter (goedgekeur deur die boksbeheerraad) – nie die Speaker nie

Laat iemand nou ontken dat ons goeie opbouende kritiek kan gee….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.