LP’s van die Demokratiese Alliansie het Donderdagaand hul plekke in die Nasionale Vergadering ingeneem met swart vlae in die hande met die woorde, “Onthou die Esidimeni 94” daarop.
Die vlae verwys na die sterftes van minstens 94 psigiatriese pasiënte wat gesterf het toe hulle van die Life Esidimeni-kliniek oorgeplaas is na ongelisensieerde fasiliteite in Gauteng.
LP’s van die Ekonomiese Vryheidsvegters het oudergewoonte in hul rooi oorpakke singende opgedaag terwyl mede-LP’s hulle sit en toekyk het.
Pres. Jacob Zuma sal na verwagting om 19:00 met sy staatsrede begin in die gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad van Provinsies.
LP’s, diplomate, gaste en verslaggewers moes reeds teen 18:00 hul sitplekke ingeneem het.
Wat n sirkus. Ek kry skaam………
Nou kom die land se president se kwalifikasies duidelik uit Std 4 met lof geslaagw
Ek wil asb weet hoekom pepersproei gebruik is?
Hoekom daar n klomp ekstra (sogenaamde) veiligheidspersoneel ontplooi is?
Wat het die onlustepolisie kompleet met skilde en knuppels, daar gedoen?
Ek sien dit as n poging om te wys dat die ANC net besluit het dat daar geen teenstand gaduld sal word nie