Polisiebeamptes moes Donderdag bontstaan om ʼn skare betogende studente te keer voor pres. Jacob Zuma se staatsrede by die parlement in Kaapstad.
Die groepie jongmense, hoofsaaklike leerlinge geklee in skooluniforms, het plakkate rondgeswaai en het krete geskree om Zuma te ondersteun. Hulle het opposisiepartyleiers soos Julius Malema van die Ekonomiese Vryheidsvegters en Helen Zille van die Demokratiese Alliansie uitgejou en beledig.
“Laat ons toe om binne te kom en Malema te hanteer,” het van die betogers geskree toe polisiebeamptes, in onluste-uniforms, hulle teruggedruk het.
Van die studente het rommel na die polisiebeamptes gegooi.
Studente is teen 18:00 teen hul sin tot by die kruising van Darling- en Corporationstraat teruggedruk.
Zuma se staatsrede begin na verwagting om 19:00.