Staatsrede 2019: Ramaphosa moet ‘krisisbestuur’ doen

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa voorberei vir sy staatsrede, sê Steven Nathan, uitvoerende hoof van 10X Investments, wat hý by die president wil sien, is ʼn sogenaamde krisisplan.

“Hy moet krisisbestuur doen. Die land is in ʼn krisis. Dinge vererger en vinnig. Ons finansies lyk haglik, kyk na die belastinginkomste. Eskom se laste beloop honderde miljarde rand. Ons het ʼn krisisreaksie nodig,” het Nathan gesê.

“Ons het almal gehoop vir ingrypende optrede ná die verkiesing, maar tot dusver voel dit of daar nog steeds stemwerwery gedoen word en daar nie veel optrede is nie. Ek hoop Donderdag se toespraak verander dít.”

Ramaphosa lewer Donderdag sy staatsrede.

Die presidensie het gister gesê Ramaphosa het met lede van Eskom se raad vergader en gaan stappe aankondig om die kragvoorsiener se benarde finansiële posisie te probeer omkeer en operasionele volhoubaarheid te verseker.

In Februarie het Ramaphosa gesê Eskom gaan in drie eenhede opgedeel word om koste te verminder, sy balansstaat te help balanseer en om sodoende krediteure te nader.

Nathan het gesê hy sou minder praatwerk en meer beslissende optrede wou sien en stel voor dat Ramaphosa in dié opsig met staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) begin.

“As hy beslissend met SBO’s soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens optree, gaan dit reeds ʼn goeie begin wees. Dit moet makliker wees om die probleme by SBO’s uit te stryk as hulle, anders as staatsdepartemente, kommersiële oogmerke het. Dit moet ingevolge kommersieel sinvolle en meetbare standaarde bedryf word,” het Nathan gesê.

“As kommersiële standaarde vir byvoorbeeld SAL gestel word en daar daadwerklike optrede is om dit te implementeer, gaan dit reeds ʼn goeie begin wees.

“Dit sal dui op die regering se bedoeling om sake reg te stel en om probleme op te los, eerder as dat dit net politiekery is wat nie oorgaan in optrede en resultate en ʼn beter land vir Suid-Afrikaners nie.”

Nathan het oproepe vir geduld en argumente dat Rome nie in een dag gebou is nie, of dat Ramaphosa se hande eintlik afgekap is en hy teruggehou word deur diegene om hom, afgemaak.

Hy het gesê dit is tyd vir Ramaphosa om sy gesag in die regering af te dwing en te fokus om inklusiewe groei te verseker.

“Die rol van ʼn leier is om hom te omring met die regte mense en vir die regte redes, nie die verkeerde mense vir die verkeerde redes nie,” het Nathan gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

LHS ·

wat anders kan verwag word as persone met geen kennis of ondervinding in poste aangestel word en so sal dit bly.

sweis ·

Wat is die kans dat hy die regte ding doen en alle diskriminerende wette teen jong wit mense wie al 25 jaar oud is skrap die BEE en swartbemagtigingsgroep breek die ekonomie en is net soos apartheid n euwel.

Manie ·

Ek wonder partykeer of CR nie meer pateties is as die vorige pateet

GR ·

Hierdie staatsrede gaan net mooi niks doen om die land se ekonomie te red nie geen land gaan in SA bele voordat hierdie sinnelose moorde en misdaad nie gestop word nie,die belasting betaler in hierdie land is reeds basies bankrot en dit is die enigste mense waar die regering kan geld gryp om al hulle skuld te betaal want die buiteland gaan nie hier bele nie

mc ·

“Same old, same old” niks nuuts nie – net hier en daar iets om ons blankes nog meer te vernietig.

Gert van Wierdapark ·

Ramp-bestuur is nader aan die waarheid as krisis-bestuur!!!

Dries du Toit ·

Daar kan niks positiefs verwag word nie . Zuma is terug. Al sy korrupte kaders is nou voorsitters van portifiele kommitees. Magusule het sy sin gekry. Hy slaan die kitaar nog steeds.Ramaphosa beteken niks vir ons nie

Aster ·

Wat weet hy van KRISIS BESTUUR!!!! Al wat hy weet is hoe om die land te BESTUUR tot in die afgrond en in ‘n KRISIS te dompel!!!

fred ·

nog meer geduld nodig????seker ook nog meer geld nodig vir eskom,sal,sabc,ens…
en nog meer transformasie….nog meer z mandelas wat ons geld vreet…
Ag ons is net moeg vir praatjies….kom ons gaan wine en dine soos ons ambassadeur in Denemarken

Grassie ·

Ek glo nie CR is in staat om krisisbestuur toe te pas nie. Hy is maar net nog ‘n Afrika-leier wat mense paai en mooipraatjies maak om hul guns te wen maar nog nooit iets konkreet positief bereik het of ooit sal bereik nie. Solank hy “our people” paai en toelaes (grants) betaal sal hy aan bewind bly.

Ben Potgieter ·

Dis al wat die ANC kan doen is om te ploeter van een krisis bestuur aangeleentheid tot die volgende een en alles bly dieselfde.Een groot gemors.

Oom Koos ·

Ek is baie skepties dat Ramaphosa met enige prakties uitvoerbare oplossings vorendag sal kom. Apartheid sal seker weer na 24 jaar die skuld vir alles wat skeefgeloop het kry.

Andreas ·

As Cyril en die ANC regering uitvoer aan bogemelde moet gee, sal hulle ‘n 180grade omdraai moet maak en afstand van hul ideologie doen, dan ruk die strot heelaf!

Nico ·

Al doel wat staatsrede het is om die fat soustrein cats te wine en dine. Wat gesê word is net woorde wat in die wind weg waai, want nog nooit is dit prakties toe gepas nie. Ook nie deur CR nie.

Andreas ·

Wat ek graag van Cyril sal wil weet is, hoe sien hy homself, as iemand met spesiale kwaliteite wat bestem is om die land te lei, of iemand vir wie dit toevallig toegeval het omdat die vorige keuse nie gewerk het nie?

Andreas ·

Die groot miloendollar vraag is, gaan hy dit vir die beswil vir die land doen, of die beswil van sy ore as die applous vir hul ideolgiese rede na hom toe aangedryf kom?

emily ·

@Aster, Wow ek stem 100% saam met jou en al die ander wat soos ons dink.
Alles is klaar opgefoeter, Wat wil hy red.

Philip ·

Waar was CR en al die ander honourable members tydens die afgelope 25 jaar se geplunder? Is daar EEN wat kan sê hy/sy het “nie geweet nie”? En waar kom CR en ander skatryk kaders se ontsaglike rykdom vandaan? Is die ANC se regering die afgelope 25 jaar nie nou heeltyd swaar onder verdenking nie? CR kan en gaan niks doen om die situasie om te keer nie, want dit sou inhou dat die ANC ten minste moet ERKEN dat hulle aangejaag het. Om dinge reg te ruk, sal CR hom radikaal van ANC beleid moet distansieer en ‘n 180 grade ommekeer moet maak (iets waarvoor hy nie die guts en politieke wil voor het nie!). Comrades se tevredenheid en lofsange weeg aansienlik meer as vaderlandsliefde en -lojaliteit. Volhoubaarheid, verantwoordbaarheid en ekonomiese beginsels as westerse begrippe, suig maar gedweë aan die agterspeen…

Eish ·

Niks sal gebeur nie. Cyril is nie in beheer nie, dieANC is. Daar is geen plan behalwe grondonteiening sonder vergoeding nie. Die agteruitgang en korrupsie gaan nie deur een ou gestop word nie. Geen staatskaper sit nog in die tronk nie. Ace is die president van die ander helfte van die ANC.

Issabelle ·

Wat se staatsrede gaan CR gee …. ??? Dit wat hy wil se gaan beslis seker tot die ANC se voordeel wees soos altyd ….. hoekom praat & doen hy nie iets werklik aan al die plaas moorde & misdaad nie …. ????? Ek persoonlik dink die plaas moorde & misdaad is uiters belangriker as enige iets anders …. maar die hele spul ” clowns ” in die parlement vergeet dat hulle ook kos op die tafel kry wat van die boere af kom …. het van die begin af geweet CR doen hom voor wat hy nie is nie …. weereens ” empty promises” …. ” talk is cheap & money buys the whiskey ” ….. Misdaad vier hoogty in die hele land ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.