Staatsrede 2019: Staatsamptenare eis antwoorde, oplossings

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om besonderhede te verskaf oor hoe presies hy beplan om ʼn hele rits kwessies aan te pak.

Dit sluit in sy strategie om trae ekonomiese groei, korrupsie, misdaad en vermorsing deur die regering en staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) om te keer, asook hoe hy jeugwerkloosheid en ʼn verbetering in dienslewering gaan verseker.

Ramaphosa lewer vanaand sy staatsrede in die parlement.

Die VSA sê ook Ramaphosa moet groter duidelikheid gee oor planne om Eskom te ontbondel. Die president het vroeër vanjaar aangekondig die sukkelende kragreus gaan in drie afdelings verdeel word.

Ramaphosa se staatsrede is sy eerste groot kans om die regerende party se beleid behoorlik uiteen te sit.

“Daar moet gefokus word op die verbetering van doeltreffendheid en die oplos van tegniese en operasionele probleme, asook om Eskom se balansstaat te verbeter,” het die VSA in ʼn verklaring gesê.

“Daar kan nie langer van die Openbare Beleggingskorporasie verwag word om staatsamptenare se pensioengeld te vermors op pogings om Eskom en ander mislukkende SBO’s te red nie. Die tesourie kan ook nie aanhou om nimmereindigende waarborge uit te reik nie wat die fiskus onder druk plaas, terwyl belastingbetalers opdok.”

Die VSA sê daar is heelwat plek waar bespaar kan word. Wydverspreide korrupsie moet vasgevat en strukturele ondoeltreffendheid in die staat omgekeer word.

Die vereniging is ook bekommerd oor die toestand van staatsinfrastruktuur en sê staatsamptenare se werkplekke is dikwels lewensgevaarlik, terwyl hulle in oorbevolkte tronke, swak toegeruste hospitale, klinieke, staatskantore en skole moet probeer werk.

Die VSA sê die regering se plan om boonop vroeë aftredepakkette aan staatsamptenare tussen 55 en 59 jaar oud te gee, gaan lei tot die wegkalwing van vaardigheid en kennis in die staatsdiens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

werk vir goverment ·

Goeie Genugtig! wie se ek wil so VROEG aftree? my goeieste! ek wil nie swak pensioen he nie. nee dankie. ek gaan werk tot ek 62jr oud is!

Gert van Wierdapark ·

Ek eis ook oor pres CR se Staatsrede vanaand, maar myne word YS gespel. Die a en see het die land tot op dus ys “regeer”, dis AL!!!

Issabelle ·

Ai , ek glo daar gaan ‘n hele paar verrassings wees in CR se toespraak …. hoe gaan CR ooit al hierdie finansiele probleme met die groot instansies wat in die moeilikheid is , herstel …. daar is geen manier dat hy { CR } dit gaan reg kry nie …. daar was hopeloos te veel korrupsie , diefstal , oneerlikheid in al die instansies …. MAAR die slegste is , is dat daar ook hopeloos te veel ANC mense in hierdie instansies poste beklee het & duidelik geskep het terwyl hulle kon …. nou is daar ‘n GROOT gemors …. !!! Maar ons as blanke Suid Afrikaners moet ook ten duurste daarvoor betaal …..

Jakes Jacobs ·

Ek verstaan dat vanaf volgende jaar af sal daar geen wit man of vrou aangestel word nie om plek te maak vir die ANC jeug. Maatskappye gaan ‘n bonus kry as hulle geen wittes aanstel nie. Kom ons kyk wat sê oom Possie vannaand.

BMW ·

Wil net weet waar is daar nog vaardighede en kennis in die staats diens?????????

ne ·

cr is ‘n ja-broer. Die gehoor word gevoer met wat hulle wil hoor, nie wat die werklikheid is nie. Manteldraaier van die eerste waters!

honourable member ·

Hierdie man weet nie Wat hy doen. Dis die volgende ramp vir hierdie land

Geskoolde Arbeider ·

Die regering is in twee verdeel, Cyril se groep is nie in beheer nie. Hy is maar een van die poppe wat dans as sy poppemeesters die toutjies trek. Niks gaan verander nie en die bevoorregtes wil niks verander nie.

humor ·

Hulle wat hul hoop vestig op die realisering va n nuwe reenboognasie en hul koning CR wat alles ten gunste daarvan sal reg plooi, sal so seker as wat ek hier skryf teleurgesteld wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.