Staatsrede: Alle oë op Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa kyk vir oulaas oor sy staatsredetoespraak by sy amptelike woning in Kaapstad. Hy sal vanaand die staatsrede in die parlement lewer. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Alle oë is vandag op pres. Cyril Ramaphosa wat vanaand die laaste staatsrede vir die huidige parlement sal lewer.

Dié is Ramaphosa se tweede staatsrede sedert sy verkiesing in Februarie 2018. Die staatsrede kom ook 25 jaar ná die eerste demokratiese verkiesing.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê juis hierom sal die staatsrede fokus op simboliek en die seremoniële konteks van Suid-Afrika se demokrasie, asook hernuwing en groei in die land, spesifiek ten opsigte van werkskepping. “Die staatsrede is ʼn geleentheid vir die president om ʼn oorsig te gee van die uitdagings wat die land in die gesig staar, maar ook die vordering wat gemaak is.”

Pres. Cyril Ramaphosa kyk vir oulaas oor sy staatsredetoespraak by sy amptelike woning in Kaapstad. Hy sal vanaand die staatsrede in die parlement lewer. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Beleggers en internasionale belanghebbendes sal na verwagting die staatsrede met ʼn valkoog dophou om te hoor wat Ramaphosa se regering se planne is om die aspekte te takel wat die land se ekonomie kniehalter en beleggervertroue laat wankel. Ramaphosa het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die staatsrede te volg en sodoende ʼn aktiewe belangstelling te toon en ʼn rol te speel in Suid-Afrika se groei en vooruitgang.

Die staatsrede sal om 19:00 in die parlement in Kaapstad gelewer word. Die staatsrede kan regstreeks op die parlement se webtuiste gekyk word en sal ook deur die SAUK uitgesaai word. Sosialemediagebruikers kan ook die hutsmerk #SONA2019 gebruik om die verrigtinge op Twitter te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jane Palotasi ·

Nee wat. Hy het bewys hy dra nie my belange op die hart nie. Verwag niks dan is daar niks

Jacques ·

Gaan weer vir die wereld lieg en heuning om hul monde probeer smeer.

Willie ·

Niks segende heuning smeerder. Voeg daad by woord en stuit korrupsie, sluit toe en verhaal die geld! Pay back the stolen money!

Afrikaner ·

Die ANC weet nie hoe om die ekonomie te stimuleer nie. Hulle dink hulle is die ekonomie, die Guptas en Bosasa is die bewys, als draai om hulle en nie om die bevolking nie.

En dan natuurlik sal hy nie een van die punte van bekommernis in die 5 internasionale lande se brief besweer nie (aanspreek is eintlik nie die regte woord nie, want hy sal jou in die oë kyk en vertel vye is nie vye nie).

Vusi ·

Nee wat Maroela, “alle oë” is regtig ‘n bietjie dik vir ‘n daalder. Baie van ons gee nie ‘n bloue duit om wat hy sê nie. Is u heeltemaal in voeling met u leserskorps?

Jason ·

Waaaaat? Praat jy nou namens alle lesers.
Die wêreld draai nie net om jou en jou eie belange nie.

Skroef ·

Moet ons oë op hom gerig wees om te kyk wie bring hy saam en wat haan hulle dra?

Spike ·

Dit is die ideale geleentheid om die mense aan te spreek oor die rasse spanning en misdaad, maar hy sal nie, want dan praat hy teen die comrades en kaders.

Anni ·

SONA – State of the nation adres, en ja, is hierdie Nation nie in ‘n State nie….

George ·

Anni, kyk as hierdie boodskap van jou vanaand op Cyril se skootrekenaar kan opkom terwyl hy sy staatsrede lewer en hy lees dit ook af, dink nou net watter staande ovasie hy van die opposisie sal kry.

Daan Erasmus ·

Soos Dr Pieter Mulder vanoggend op die radio gesê het: Waar was Ramaphosa die laaste “9 verlore” jare. Dat hy maak of hy nou hier aangekom het. Hy het rustig met ‘n toe mond as adjunk President gesit en niks doen.
Niiks gehoor. Niks gesien. Niks gedoen aan dit.

Meerkat ·

Met vergunning van Hannes Visser van George wat vertel:

Jare gelede het my ma een van daai bekende beeldjies gehad van die drie apies wat in ‘n ry sit; een hou sy hande oor sy ore, een oor sy oë en die derde een hou sy mond toe.

Die drie apies was alom bekend as “hear no evil, see no evil and speak no evil” en op ‘n stadium het een of ander grapjas ‘n vierde apie bygevoeg met sy hande oor ‘n sensitiewe plek en sy naam was “do no evil”.

Marius ·

Die beste staats rede sal wees as jy jou ministers laat toe sluit wat korrup is.

Jepetto ·

Liewe genaade ons lesers is negatief WAT GAAN MET JULLE AAN ons land beweeg vorentoe wel Ek sien uit na die staats rede Die Liewe Vader Kyk Na sy kinders

Judge Dredd ·

Beweeg vorentoe?
Nee op beste is dit so half-sirkel kreeftegang agteruit.

Johan ·

Verstaanbaar dat ‘Jepetto’ vir Cyril ‘Pinocchio’ Ramaphosa in die bres sal tree :-)

John ·

…. en waar was dr Mulder die afgelope 9 jaar: adjunk-minister van landbou van die ANC .

Werner ·

Jepetto ons land beweeg vorentoe die afgrond in weet nie op watter planeet jy bly nie

jean ·

Daar gaan net weer leuens gegorrel word……wie wil in elk geval kyk. Die “dames” gaan natuurlik ook weer die kolonialers slaafs navolg.

Andre ·

Wat gaan hy anders as die ANC oor die laaste 20 belowe en sê, niks! Dieselfde gemors gaan weer uit sy mond loop en die massas gaan hom glo, die land sal nooit rekom todat mense besef hulle stem vir iemand wat niks vir hulle voel nie. Ek kry arm massa en werkloses nie jammer nie, julle stem vir julle eie lot. Word wakker en julle sal gehelp word.

Elizabeth ·

Geen belanstelling om na n klomp leuens te luister nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.