Staatsrede: Betogers bots met oproerpolisie

Oproerpolisie buite die parlement. Foto: ANA

Oproerpolisie buite die parlement. Foto: ANA

Oproerpolisie is Donderdagmiddag inderhaas na die parlementsgebou ontbied nadat dansende betogers die gebou genader het slegs vier ure voordat pres. Jacob Zuma sy staatsrede lewer.

Die betogers, lede van die Ses’khona People’s Rights-beweging, is op die hoek van Barrack- en Pleinstraat deur pantservoertuie, waarvan een met ʼn waterkanon, voorgekeer. Klippe en bottels is na polisielede geslinger en betogers is aangesê om terug te beweeg na hul aanvanklike bymekaarkomplek.

Die Stad Kaapstad het vroeër vandeesweek toestemming gegee vir die betogings voor Zuma se staatsrede, waarvan een Ses’khona se betoging in Keizergrachtstraat was. Betogers het egter vanaf 15:00 begin om in die rigting van die parlement te beweeg.

Oproepe vanuit die publiek en opposisiepartye het in die aanloop tot die staatsrede gekom waarin Zuma gevra word om te bedank. Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê “die mees gepaste aankondiging” wat Zuma tydens sy staatsrede kan maak, is dat hy bedank.

Volgens Maimane gaan Suid-Afrika gebuk onder ʼn leierskapkrisis terwyl Zuma van die een skandaal na die volgende spring, net om homself en sy vertrouelinge te beskerm.

Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van Afrisake, het Donderdag gesê indien Zuma nie drastiese ekonomiese beleidsveranderings aankondig nie, kan historici eendag na die 2016-staatsrede as ʼn tweede Rubicon verwys.

“Politici weet wat die gevolge van rampspoedige en hardnekkige politieke beleid is op ʼn land se ekonomie en politieke bestel. Gegewe die harde lesse van die 1980’s en ʼn dreigende skuldkrisis wat tans op die horison lê, moet politici alles in hul vermoë doen om buitelandse beleggersvertroue terug te wen,” het Jansen van Rensburg gesê.

Zuma sal na verwagting om 19:00 sy staatsrede lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dee ·

En waar is die rympiesangers wat keer op keer in hierdie en ander forums sê dat ‘blankes nie kan saamstaan nie’? Waar is julle met jul holrug rympie?

chrisp ·

Sjoe die sirkus se deure maak vroeg oop. Die hoofnar tree eers 7 uur op mense.

chrisp ·

He he he Mossie.
Jy sal moet beplan swaer, ek stok al op vanaf laas week!!

Oom Boer ·

Ai-tog Nr1, doen die regte ding en kondig aan jy lê die tuig neer. Mense gaan jubel, dans en braaivleis vure gaan hoog brand. Die buiteland se oë gaan op ons gerig wees of hul verdere bellegings wil en gaan doen in sulke omstandighede.

Johann ·

Ek weet regtig nie hoekom ons Suid-Afrikaners ons naam so met ‘n plank bly slaan nie. Dit is net nóg meer negatiewe beelde wat die wêreld ingestuur word! Wanneer gaan ons leer? Wanneer die ekonomie totaal insink? Bietjie té laat dan.

DPJ ·

Give a man eneuth rope and he hang himselve.
Na vannaand gaan die poppe dans.

boetman ·

In ons jeug jare is hierdie as “onluste” beskryf en is daarvolgens opgetree. Nou is dit “protesoptrede” en word daarvolgens opgetree. Geen wonder die einde is nie in sig nie.

Winston ·

Is Oproerpolisie nou die naam vir Riot Police? Dinge gebeur so vinnig nou ek bly nie by nie. Vinnig tot orals. Grap van die wêreld. Rommelstatus en nog op pad.

Pappa Beer ·

Nee, nee, nee Johann, hoeveel ponde in jou “ons”. Kyk bietjie mooi wie doen die “kolfwerk” met die plank! Dis nie ek en jy wat geen respek het vir reg of geregtigheid, wette of ordinansies, of net gewone beskaafdheid nie. Sien jy MY daar met n gehop en geskreeu soos n besetene? Ek hoop al hierdie strooi word nie ge-“edit” nie en die HELE wereld sien vir n verandering wat REGTIG in die “nuwe demokratiese suid-afrika” aan gaan!

Hester ·

Ai, ja die sirkus kom en die hoofnar lag vir sy eie grappe wat niemand verstaan nie. Hy sal nooit erken hy het SA gefaal nie. Wat nog?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.