Staatsrede: Buitelanders mag nie grond in SA besit nie

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand in sy staatsrede gesê buitelanders sal nie toegelaat word om grond in Suid-Afrika te besit nie.

Hy het gesê buitelanders sal wel in aanmerking kom vir langtermynlenings. “Die Wetsontwerp op die Regulering van Grondbesit sal in die verband vanjaar by die parlement ingedien word. Grond het ‘n kritieke faktor geword om die onregte van die verlede reg te stel.”

Zuma het gesê die tweede tydperk om grondeise in te dien is verlede jaar heropen. Hy het gesê 36 000 grondeise is nasionaal ingedien. Die afsnydatum is in 2019.

“Ons ondersoek ook die 50/50-beleidsraamwerk, wat voorstel dat grond aan mense wat op plase woon en werk oorgedra word. Vyftig boerderyondernemings sal geïdentifiseer word as deel van ʼn loodsprojek.”

Volgens die voorgestelde wetsontwerp sal daar ʼn plafon wees vir grond-eienaarskap, naamlik ʼn maksimum van 12 000 hektaar.

Zuma het gesê meer as 90,000 hektaar is deur die grondhervormingsprogram aan kleinboere, plaasbewoners en huurarbeiders toegeken. “Die proses om die kantoor van die waardeerder-generaal op die been te bring is onderweg en dit word gedoen in terme van die Wetsontwerp op Eiendomswaardering,” het Zuma gesê.

“Wanneer die wet eers geïmplementeer is sal dit ʼn einde bring aan die staat se afhanklikheid van die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper om grond te bekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rupert Ashford ·

Ek stem saam oor die buitelanders, maar gaan dit hulle Chinese (voorheen benadeelde) buddies en Indiese buddies insluit, of sal hulle “spesiale kategoriee” word. En wat van die “settlers” – gaan ons ook as buitelanders geklassifiseer word?

zahn ·

Ek stem 100% met jou saam, baie goeie vraag. Eintlik ‘n meer waardevolle vraag as “pay back the maanie”…

Elizabeth ·

Rupert, in beginsel stem ek ook saam dat land in SA aan Suid Afrikaners moet behoort. As mens kyk hoeveel buitelanders bv veral in die Kaap gekoop het en die pryse dus ge-“skyrocket” het, omdat hul maklik hier eiendom kon koop met die wat hul geld meer werd is as ons s’n, dan is dit reg. So eiendom se waarde het “onnatuurlik”vinnig hoog gestyg. Baie van die eienaars is elk geval net soms hier en nie regtig ‘n bate vir die land en hoef nie te sukkel met al die nonsens waarmee ons elke dag moet sukkel nie. Hulle is dus ook nie lojaal teenoor die land of stel nie belang in die probleme waarmee ons hier te doene het – hulle leef in ‘n klein kokon me thul baie geld wanneer hul wel hierheen kom. Die wat wel pal hier woon is in baie gevalle mense wat met onderduimse dinge besig is (smokkel, dwelmhandel, geldwassery ens) of gevlug het hierheen omdat hul internasionaal gesoek word weens misdaad. Die probleem is net wat van buitelanders wat reeds grond besit? Daar is sekerlik ook ‘n ander kant van die saak nl belegging in ons land deur middel van eienaarskap van grond en die inbring van buitelandse valuta – mens moet seker maar kyk na die voor-en nadele, en sien wat weeg die swaarste. Myn sinsiens behoort buitelanders dan ‘n baie hoër maandlikse” belasting” te betaal om darem te verseker hulle bring gereeld geld in – ek glo dis nie ‘n gewilde “plan” nie, maar nou-ja…

Sanna ·

Ja, ons het ons plaas verloor omdat n Middel-Ooste “buddy” van Zuma laasjaar die plaas by ons oorgeneem het…gaan daardie grond nou weer teruggevat word van hom af ook?

JoeV ·

Die besluit behoort ons geld eenheid so hin hupstootjie te gee! Oor die wal!

Marita Ferreira ·

Wat word van die eiendomme van oorsese mense wat dit reeds ‘n tyd lank wettig in hul naam het? Geld hierdie stelling van Zuma slegs vir eiendomme wat van nou af gekoop word? Ek ken heelwat sulke grondeienaars en ek weet hulle gaan nou baie bekommerd wees.

Stafleu Buitendag ·

Neep, ons kan nie dit laat gebeur nie, dit sal die doodskoot wees.

Eers word buitelanders belet om grond te besit, daarna word binnelanders belet om grond te besit, en daarna word mens gearresteer as mens iets teen die regering sê.

Mens kan kyk na wat in Noord Korea gebeur het om te sien wat ons huidige regering bedink. Hulle gaan nie stop met buitelanders nie, hulle wil alles hê.

Die oomblik wat ons buitelanders in ons land belet, is die oomblik wat ons buitelandse fondse wegwys. Ons kort buitelandse beleggers, want die belastingbetaler is die minderheid in die land, en al ons belasting gelde word op nuwe motors, duur partytjies en privaat eiendom verbeteringe spandeer.

Ons kan nie bekostig om buitelanders weg te wys nie, hulle is uiteindelik nie die vyand nie.

Net so as ‘n voet-nota (gats, is dit ‘n anglisisme?), twee beoogte wetgewings was genoem. Die een heeltemal belaglik (12 000ha grondlimiet per persoon) en die ander effens aanvaarbaar (geen buitelandse eiendom beleggings).
Let asseblief daarop dat dit ‘n sielkundige strategie van die ANC is om dit so saam te noem, want dan word die een afgemeet teenoor die ander. As mens elkeen apart benader is beide afstootlik en agterbaks en totaal onaanvaarbaar, maar as mens hulle met mekaar vergelyk is daar een wat aanstoot gee en een wat billik blyk.
Die ANC is agterbaks, hulle gee nie om oor die 12 000 hektaar grondeiendom limiet nie, hulle gebruik dit net om die ander een as wetgewing ingelyf te kry.

Hierdie is my sienige en slegs myne.

Vriendelike groete
Stafleu Buitendag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.