Staatsrede-debat: ‘Dit was die staat teen die nasie’

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede.

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede.

Die geweld wat tydens verlede week se staatsrede uitgebreek het, het die staatsrede omskep in ʼn aanval op die nasie wat herinner aan die apartheidsregime, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Dinsdag tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede gesê.

Maimane het uit die werk van George Orwell aangehaal om te reflekteer op die brutaliteit van een van die parlement se veiligheidsbeamptes wat ʼn vroue-LP tydens die skermutseling in die parlement in die gesig geskop het. Maimane het gesê die polisie, en nog minder groot getalle onlustepolisie, het geen plek in ʼn demokratiese parlement nie.

“Die bevryder is nou die onderdrukker. Die vyand van die mense. In sy boek 1984 het George Orwell gesê: ‘As jy ʼn visie van die toekoms wil hê, verbeel jou hoe ʼn stewel op ʼn mens se gesig trap – vir ewig,” het Maimane gesê.

“Ons het ʼn bietjie van hierdie toekoms Donderdagaand gesien en dit het pynlik baie soos ons verlede gelyk. Die polisie in onluste-uniform. Die ontplooiing van die weermag. Die gille van vrouelede van die parlement terwyl hulle geslaan en skop is. ʼn Stewel wat op ʼn mens se gesig trap. Suid-Afrika sal nooit vergeet wat Donderdag gebeur het nie.”

Maimane het verwys na Zuma se kekkellaggie toe hy met sy toespraak begin het nadat die EFF-LP’s uit die parlement verwyder is: “En ons sal nooit die reaksie van die man vergeet wat in die middel hiervan staan nie. Ons sal nooit vergeet hoe hy gelag het nie. Dit was die lag van die vyand van die mense.”

Maimane het verder in sy toespraak Zuma daarvan beskuldig dat hy sy Nkandla-woning ten koste van die armes gebou het en het gesê die ANC het die party geword waarteen die voormalige SAKP-leier Chris Hani gewaarsku het – ʼn party “wat die hulpbronne van hierdie land gebruik om in paleise te woon en rykdom bymekaar te maak”.

Hy het gesê die populistiese staatsrede wat Zuma ná die skermutseling gelewer het, was aanduidend van hoe bang hy vir EFF is omdat hy probeer het om die beleid van dié ver-linkse party te bewillig.

“Donderdag het ons weer gehoor van dieselfde ou mislukte negepuntplan, besprinkel met ʼn bietjie populisme soos grondonteiening, praatjies oor ʼn staatsbeheerde mynhuis en dreigemente teenoor die banksektor,” het Maimane gesê. “Meneer die president, is jy regtig só bang vir die EFF dat jy nodig het om hul beleid te steel?”

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het later tydens die debat op Maimane se toespraak gereageer. Hy het die siening dat Zuma die EFF namaak ontken en gesê radikale ekonomiese transformasie, ʼn sleutelbelofte in die toespraak, was ʼn beleid wat die ANC al lankal steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rynhardt ·

Die Anc trap vir 23jaar met sy stewels die afrikaanssprekendes in die grond met onderdrukking en diskriminerende wette! Land se ekonomie en politiek is morsdood soos n dooie mossie in die veld!

AL ·

Die biljoene rande van die staatskas wat al geplunder is, korrupsie wat nie aangespreek word nie en onbevoegdheid van staatsamptenare en vrugtelose uitgawes – die arm meerderheid kon al lankal opgehef gewees het daardeur. Zupta en sy meelopers het hierdie land met sy hulpbronne verkrag.

Hendrik ·

Almal praat lekker maar kan niks doen want die regerende party word deur die meerderheid gekies. Niks kan hierdie mense keer nie en almal moet maar wag vir die volgende 2019 verkiesing. Dis nou die verkiesing waar die EFF en die ANC ‘n kwoalisie gaan vorm en die grondwet verander om grond te kan onteien.

AL ·

Hendrik – ja almal voel magteloos tot 2019. Nie almal is radikales in die ANC nie. EFF het geweet waar om steun te werf – die arm massas wat weerloos is en vatbaar omdat hul omstandighede nie verbeter het terwyl ANC regeer nie. JM glo ek sal ook die armes uitbuit – aangesien met politieke mag kan hy vir hom n luukse lewe gun. Hy het immers die rykmanslewe geproe toe hy by ANC jeugliga was. Die DA het alreeds groot suksesse behaal – kom ons bid vir hulle – want op die ou end is hul die goue middeweg in SA

TDW ·

Al stem ek saam met baie dinge wat die DA leier gesê het, voel ek net dis bietjie onregverdig om te sê daar mag nie polisie in die parlement wees nie. Hoe moet mense hanteer word wat heeltyd die reëls oortree, heeltyd aanvallig is, jy vra hul om te sit, jy vra hul om te wag met hul kommentare tot die tyd wanneer dit geskik is, hulle minag jou, jy vra dat hul die plek moet verlaat, hulle weier. Hoe moet jy hierdie tipe mense hanteer? Ek dink die EFF het heel eerste die parlement se demokratiese regte gebreek. Hulle doen dit net vir youtube counts. Hulle het geen respek nie en hoort nie eers ‘n politieke beweging te wees nie.
Dis agv hulle dat die polisie daar is. Ek moet sê, as ek in die parlement was saam die EFF sou ek glad nie veilig gevoel het as daar NIE polisie in die omgewing was nie. Dis agv hierdie geweldige metodes al hoe EFF blootstelling kan kry. Hulle weet dit. Skors hulle, dan toi toi hulle weer in groot massas met baie geweld. Wat doen mens met sulke mense?

Ou Bosvark ·

NOU is die tyd dat ware Suid-Afrikaners wat hul nageslagte en Suid-Afrika se toekoms op die hart dra, VANDAG reeds met ander Suid-Afrikaners met menswaardigheid in gesprek tree en oortuig dat dit nie skande en dislojaal is om vir ‘n ander party as die ANC te stem nie. Elke Suid-Afrikaner moet insette lewer en druk op die owerhede uitoefen vir beter onderwys en opleiding sodat die jeug werksgeleenthede kan bekom en ook ingeligte politieke besluite kan neem en nie net elke politieke demagoog naloop nie. Die alternatief is geen toekoms behalwe vir die korrupte magsbehepte varke by die trog in South Africa Animal Farm.

Ramkat ·

TDW,
Do you not understand that Parlement is the HIGHEST authority in this country, not subject to Police in ANY way.

How can they POSSIBLY have the POWER to legally remove duly elected representatives from Parlement, unless this.country has become a police state.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.