Staatsrede: “Dit is ʼn sirkus”

Pres. Jacob Zuma het bly glimlag tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma het bly glimlag tydens sy staatsrede. Foto: DoC

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n “kort en kragtige” reaksie gelewer op pres. Jacob Zuma se staatsrede van 2015.

“Die parlement het ontaard in ʼn sirkus met ʼn paar honderd hansworse wat elk ʼn miljoen rand per jaar van belastingbetalers se geld as salaris ontvang en geen bydrae lewer om gewone mense se lewe te verbeter nie. Onder Jacob Zuma en Julius Malema se gebrek aan leierskap word Suid-Afrika die bespotting van die internasionale gemeenskap,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum gesê.

“Niks anders in vandag se gebeure verdien enige verdere kommentaar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Orma

Sjoe ja wat n sirkus

Manie

Wat ‘n Skandalige gebeurtenis!
“Banana Republic” is ons voorland!!

Ruan

Liefste Nelson, is dit die demokrasie wat jy wou gehad het? Eerbare FW, tevrede?

susan

n Sirkus is eintlik n goed georganiseerde besigheid…. Hierdie was sommer n fiasko!

John Smith

Hierdie is die spieëlbeeld van wat in die daaglikse lewe gebeur. Hierdie spul narre verbloem hul onvermoë en kortsigtigheid om die land op te bou onder die dekmantel van demokrasie. Wat het hulle in elk geval al ooit tot voordeel van die mense en die land gedoen anders dan om af te breek en alles deur te trek. Gee elkeen ñ stuk doringdraad en hulle maak dit gladde draad binne ñ oogwink.