Staatsrede: Eskom kry R23 miljard

Foto: GCIS

Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Donderdag in sy staatsrede gesê dit is prioriteit om Eskom se finansies te stabiliseer en dat die kragvoorsiener R23 miljard gegee sal word om dit te doen.

“Die regering sal sy verbintenis nakom en in die volgende boekjaar R23 miljard gee,” het Zuma gesê. Hy het toegegee dat Suid-Afrika ernstige energiebeperkings beleef.

“[Dit] is ‘n struikelblok vir ekonomiese groei, en is ‘n groot ongerief vir almal in die land.” Volgens Zuma is dit een van die regering se hoofprioriteite om dié probleem te oorkom.

“Ons doen alles in ons vermoë om die energie-uitdaging op te los.” Zuma het gesê die kabinet werk onverpoosd saam met Eskom om die elektrisiteitstoevoerstelsel te stabiliseer en beurtkrag onder beheer te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

boer ·

Nou kan hulle weer lekker vet bonusse kry die einde van die jaar

Alfonso Niemand ·

R23-miljard vir Eskom. Sommerso. Vroeer was daar maandelange onderhandelinge met die Energiereguleerder om n matige verhoging in tariewe aan Eskom toe te staan. Nou word n groot bedrag met een enkele besluit sommerso aan Eskom gegee. Dit maak n bespotting van die regulatoriese stelsel. Die ANC maak n verdere gróót fout: gooi geld op die probleem. Belastinggeld. Dis soos om n pleister op n sweer te plak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.