Staatsrede: Huisreëls sal heroorweeg word

Die parlement tydens die 2020 staatsrede. Foto: Jairus Mmutle/ GCIS

Die parlement het Vrydag om ʼn verskoning uitgereik aan die gaste en Suid-Afrikaners vir die gedrag van ʼn paar lede van die parlement tydens Donderdagaand se staatsrede.

“Dit is te verstande dat Suid-Afrikaners uiters besorg en teleurgesteld sal wees oor die gedrag van sekere lede van die parlement,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, in ʼn verklaring gesê. “Om die orde te herstel het die toesighoudende beamptes die sitting vlugtig opgeskort en dit het bygedra om die gemoedere te laat bedaar en die Huis toe te laat om die pad vorentoe te bepaal.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand eers ná 20:30 kans gekry om sy staatsrede te lewer. Die toespraak was vir 19:00 geskeduleer.

“Die gedrag van lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters sal na die Nasionale Vergadering se komitee oor parlementslede se magte en voorregte verwys word vir oorweging en aanbeveling,” het Mothapo bygevoeg.

“LP’s sal in die toekoms ernstig moet oorweeg en bepaal of die huidige reëls vir ʼn gesamentlike sitting voldoende is teen ordeloosheid wat die vermoë het om sake in die Huis lam te lê.”

Mothapo het bygevoeg politieke partye het nominasies vir die onafhanklike paneel ingedien wat voorlopige getuienis sal oorweeg oor die mosie deur die opposisie wat betref die verwydering van die openbare beskermer. “Altesaam 22 name is ontvang. Die speaker sal die nominasies oorweeg en drie persone aanwys om op die paneel te dien. Die speaker sal teen die einde van Februarie die paneel aankondig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Hallo Maroela, ek’t natuurlik geen werklike kommentaar of kritiek oor wat gesê word in die artikel, wat netjies geskryf is, behalwe vir ‘n terloopse voorstel (mbt die aanhef): ek is sedert vele jare voorsitter van ‘n groot groep eiendomseienaars, en ons het jare gelede al die benaming ‘huisreëls’ vervang met ‘gedragsreëls’, wat miskien, net miskien, meer beskrywend is. Kommentaar geplaas omdat dit bruikbaar en meer beskrywend mag wees.

Snowball ·

In SA word reëls in die geheel gesien as iets wat nagekom word wanneer dit die individu pas. Kyk na die verontagsaming van padreëls, studente se gedrag wanneer hulle eise geweier word, skoolleerlinge se disrespek vir onderwysers en verset teen algemene dissipline en die vlak van korrupsie in ons land.
Daar is ‘n arrogansie en toe-eiening van sg regte wat eenvoudig reëls uit die pad uit vee, wat reeds lankal die verval van SA se samelewing voorspel.
Reëls werk net wanneer die individu opgevoed, sosiaal verantwoordelik en respekvol is vir ander om hom. Ongelukkig is die EFF die verpersoonliking van die afwesigheid van laasgenoemdes.

Oopkop ·

Dit is `n kultuur wat deur die ANC geskep is gedurende die sogenaamde “struggle” jare toe dissipline, wet en orde en respek ligjare beter was as sedert 1994. Toi-toi, brandstigting en sabotasie is bevorder en as die ideaal voorgehou en as leefwyse gevestig. Dertig jaar later is hulle steeds nie in staat om dit om te keer nie en is ongedissiplineerdheid, geen respek of selfrespek en vernietiging van alles aan die orde van die. dag. Afrika??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.