Staatsrede kan SA se kredietgradering bepaal

mike-schussler-irr-pensioene-2018-03-07-verwerk

Die ekonoom Mike Schüssler. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Pres. Cyril Ramaphosa se wittebrood is verby. Die tyd vir uithaal en wys het aangebreek. Dit is die mening van Mike Schüssler van Economists.co.za, met betrekking tot die staatsrede Donderdag waar Ramaphosa die sesde parlement sal open.

Schüssler sê verskeie uitdagings staar Ramaphosa tans in die gesig.

Hy is van mening dat die toespraak noukeurig dopgehou sal word deur markspelers, onder andere beleggersbestuurders en kredietgraderingsmaatskappye.

“Suid-Afrika se kredietgradering kan grootliks deur die toespraak bepaal word,” het hy gesê.

Volgens Schüssler sal Eskom en ander sukkelende staatsbeheerde ondernemings wat geld benodig, hoog op die lys wees. Hy sê Ramaphosa sal dit duidelik moet maak oor watter van hierdie ondernemings verkoop gaan word, waar die staat ʼn belang sal hou en watter stappe gedoen gaan word om hul geldsake reg te ruk.

Schüssler sê dit is ook belangrik dat die staatsdiensloonrekening onder die loep geneem moet word. Hy sê Ramaphosa sal moet aandui dat die loonrekening, wat as krediet-negatief beskou word, nou moet krimp of anders sal die skuldrekening net vergroot.

Volgens Schüssler het die president beperkte ruimte waarin hy sy besluite kan maak. Tot dusver het beleggers en die markte nog net beloftes van hom gekry

“Sy tyd het opgeraak en hy sal nou moet wys dat hy kan lewer. Indien hy Donderdag misluk, is Suid-Afrika gedoem. Dan is ʼn verdere kredietafgradering ons voorland.”

Ander kwessies wat Schüssler meen Ramaphosa moet teiken, is die debat oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die grondkwessie. Hy glo Ramaphosa moet veral duidelikheid gee oor wat volgende ten opsigte van grondonteiening sonder vergoeding beoog word.

Ontleders meen dat die ANC homself in die voet skiet met betrekking tot die onsekerheid wat sy beleid veroorsaak.

Kenners wys daarop dat uitsprake oor grond, die Reserwebank en die Mynhandves net tot groter onsekerheid lei.

“Onsekerheid ontsenu beleggers en gevolglik bly hulle weg,” waarsku hulle.

Schüssler meen dat Ramaphosa ook nie langer oor die Reserwebank kan stilbly nie.

dawie-roodt-afrisake-2017-04-24

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep. Foto: Reint Dykema.

Intussen deel die hoofekonoom by die Efficient Group, Dawie Roodt, dieselfde angs. Hy sê Ramaphosa het groot uitdagings in die politieke en ekonomiese omgewings.

Hy sê terwyl die president die ekonomie aan die gang wil kry, is dit duidelik dat hy politieke teenstand hieroor kry.

“Die debakel oor die Reserwebank is ʼn voorbeeld hiervan. Dus gaan die pad wat hy moet volg, nie maklik wees nie,” sê Roodt.

Hy is egter oortuig daarvan dat Ramaphosa nou moet wys wie in beheer van die land se makro-ekonomiese beleid is.

Roodt sê egter dat hy nie optimisties is dat die staatsrede ʼn groot bron van vertroue sal wees nie.

Beide Roodt en Schüssler sê ondanks die uitdagings wat uitgestip is, is daar ook nog die uitdaging van werkskepping wat dringend hanteer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Mike vra duidelik: CR gaan jy regs of links draai en Dawie: sien die gat in die pad van ons aanhou aanploeter op dieselfde manier. Koes mense… Hy kies sowaar links…

Andreas ·

Zuma het ook maar altyd die mooiste skilderkunswerke tydens die lees van “sy” begroting voorgehou, die grootste applous van diegene wie hy toespreek ontlok, maar ons het daarna en ook tot dusver met CR ondervind die kruks lê by die uitvoer van “sy” planne en of die kaders genoeg kundigheid het om daarvan ‘n sukses te kan maak.

En die binnegevegte om beheer van die siel van die ANC sal sake ook nie maklik maak nie, inteendeel…

Andreas ·

Ek lees nou elders verskeie van die sogenaamde vrot appels wat pres. Cyril Ramaphosa nie in sy nuwe kabinet heraangestel het nie, is nou as hoofde van strategiese portefeuljes in die parlement aangestel. So hulle is nou uit die oog uit, maar die invloed is nog daar.

Adam ·

Ek dink nie CR het die luukse van ‘n wittebrood periode gehad, gegewe die gemors wat Zuma aangevang het nie. Indien SA nie afgegradeer word nie, sal ek my vertroue in die graderingsagentskappe verloor. Ons ekonomie het enorme skade gely weens ons versuim om strukturele veranderinge aan te bring en om infrastruktuur behoorlik te onderhou. Om dinge te vererger is dit baie duidelik dat CR nie die kitaar slaan nie.

Jaco Weber ·

Hierdie twee, Shüssler en Roodt, verbaas my al jare lank. Hulle kan nie die grootste resessie vd eeu sien kom nie en sê die mees basiese, nikssegende, voor die hand liggende dinge wat almal lankal reeds weet (soos Ramaphosa sal nou moet uithaal en wys, en die Staatsrede is baie belangrik). Mens kan ALTYD eerder die kommentaar lees vir pitkos. Weet hierdie ouens rintlik iets van ekonomie??

Ja Nee ·

Voel ook soos Jaco, alles maar net n gesing van woorde, halwe waarhede en leuns. Ten minste kan niemand se daars geen veranderinge nie… Al is dit agteruitgang!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.