Staatsrede: ‘Landbou verdien regering se ondersteuning’

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA. Foto: Facebook

Agri SA, een van Suid-Afrika se grootste landbou-organisasies, se boodskap aan pres. Cyril Ramaphosa met die oog op sy tweede staatsrede is eenvoudig: landbou benodig die gesamentlike ondersteuning van al die regeringsdepartemente.

Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, sê die landboubedryf verkeer onder geweldige druk weens droogte, beleidsonsekerheid en veiligheidsredes.

Hy meen investering in dié bedryf sal ʼn reusagtige maatskaplike opbrengs oplewer.

“Nasionale prioriteite soos transformasie, werkskepping, voedselsekerheid, ekonomiese groei en maatskaplike stabiliteit kan deur investering van regeringshulpbronne in landbou die doeltreffendste teweeggebring word.

“Om te regeer is om te prioritiseer en ondersteuning aan landbou sal ander sektore van die ekonomie ook spoedig baat.

“Laat die boodskap van die regering in dié verkiesingsjaar duidelik wees dat breë ondersteuning aan ʼn volhoubare en dinamiese landboubedryf die topprioriteit moet wees,” sê Van Zyl.

Agri SA sal na die volgende aspekte in die staatsrede kyk:

  • Onteieningswetsontwerp: Die onlangs gepubliseerde wetsontwerp vervat verskeie vae terme soos “verlate grond” en grond wat vir “spekulatiewe doeleindes” gehou word wat moontlik teen ʼn nulwaarde onteien kan word. Dit moet uitgeklaar word. Agri SA staan by die algemeen aanvaarde internasionale standaard vir vinnige, voldoende en doeltreffende vergoeding.

Agri SA-versoek: Versoek die departement van openbare werke om beleidsekerheid te gee deur dié klousules wat onteiening sonder vergoeding toelaat, te definieer.

  • Droogtekrisis: Die voortslepende droogtetoestande in groot dele van landelike gebiede is ʼn reuserisiko vir werkskepping en voedselsekerheid.

Agri SA-versoek: Versnelde droogtebystand is nou die enigste opsie.

  • Waterhervorming: Beleidsonsekerheid en ondoeltreffende bestuur van Suid-Afrika se waterhulpbronne en infrastruktuur wek groot kommer in die landbousektor.

Agri SA-versoek: Prioritiseer die funksionele kapasiteit van die departement van water en sanitasie ten einde waterwetgewing en -beleid doeltreffend toe te pas.

  • Landelike veiligheid: Agri SA wens die Suid-Afrikaanse Polisiediens geluk met die verbetering van sy inisiatief vir landelike veiligheid deur onder meer die hersiening van die strategie vir landelike beveiliging wat Agri SA vertrou vanjaar bekendgestel sal word.

Agri SA-versoek: Die beleid beloof om uitstekende uitkomste te lewer en moet behoorlik ingestel en gefinansier word.

  • Transformasie: Landbouhervorming is gekniehalter deur ʼn tekort aan finansiering en die oordrag van vaardighede.

Agri SA-versoek: ʼn Landbou-ontwikkelingsfonds moet gestig en behoorlik gefinansier word.

  • Nasionale minimumloon: Deur Agri SA se aanstelling tot die Nasionale Minimumloonkommissie sal Agri SA die instelling van die NMW-wet en die uitwerking wat dit op die landbousektor ten opsigte van werkskepping kan hê, deeglik monitor.

Agri SA-versoek: Om behoorlik aan die kommissie se voorstelle gehoor te gee en aandag te skenk aan die praktiese aspekte.

“Ons wens pres. Ramaphosa alle sterkte met die staatsrede toe. Ons is deeglik bewus van die druk uit verskeie oorde, maar hoop en bid dat hy in 2019 Suid-Afrika sal kan stuur na groter stabiliteit en ekonomiese insluiting,” sluit Van Zyl af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Meerkat ·

Ek lees elders dat vanaand is die hoogtepunt op die parlement se kalender, so ek weet nie waar hulle julle gaan inpas nie, dalk so by November – Desember se kant, dalk eers volgende jaar?

corne ·

waar sal hulle aan landbou aandag gee dit boere en as hulle tou opgooi kan hulle die grond kry soos hulle dit wil he en dan moet oms kos teen enorme pryse invoer en laaste deel van land stort in duie en hulle kry hulle sin

Gert ·

Die konsep van “use it or lose it” wat implementeer word deur ongebruikte en spekulasiegrond te vat, is natuurlik reeds per definisie ‘n aanval op eiendomsregte. In ‘n vrye land mag ek doen met my eiendom wat ek wil, as ek so laf wil wees om my plaas onbenut te laat, moet dit my goeie reg wees. Kommuniste glo egter dat alles eerstens aan die “mense” of meer akkuraat die staat behoort, so hulle moet seker maak jy benut die grond reg volgens hulle.

marous ·

Gaan dans saam met die reen koninging en jul hoofman … en zumpie weer op die belasting betaler se koste

Dirk ·

CR gaan almal wat die ANC kan verryk en versterk by die ekonomie insluit en wanneer verandering geimplementeer word, weer uitspoeg!

James ·

Boere is reeds onteien, hulle weet dit net nog nie. Ek daag enige boer uit wat in die laasste 5 jaar nuwe grond of bykomende grond as uitbreiding vir bestaande boerdery operasies gekoop het – om sy grond in die opemark te plaas vir die aankoopprys. Geen wins nie- NET die aankoopprys….

Nuus vir daardie boer: Jy het reeds 30% verloor, minstens, sou jy jou bate wou likwideer…….Tata aftrede.

Afrikaner ·

Wat wil die regering, soos per die artikel hier bo, dan nou met die ‘verlate grond’ of grond wat vir ‘spekulatiewe doeleindes’ aangehou word maak? As daar dan nou niks op daardie grond aangaan nie, wie stel dan nou daarin belang? Is daar nie dalk ‘n stertjie agter die storie nie? Is die oë nie dalk gerig op die suksesvolle boerdery met infrasruktuur van die plaas langsaan nie? So kan mens aanhou raai totdat die regering oopkaarte speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.