Staatsrede: Ramaphosa praat oor ekonomie, Eskom, die Reserwebank en grond

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede (20 Junie 2019) (Foto: Parliament of RSA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag die eerste staatsrede van die sesde parlement gelewer en verskeie kwessies, waaronder die ekonomie, Eskom, die Reserwebank en grondhervorming, aangeraak.

“Ons ekonomie groei nie. Daar word nie genoeg werk geskep nie,” het hy gesê. “Dit is die grootste kwessie wat groter is as enigiets anders.”

Volgens hom het die land nog nie naastenby genoeg vordering gemaak wat betref die Nasionale Ontwikkelingsplan wat in 2012 geskep is om armoede, werkloosheid en ongelykheid te takel nie. “Tensy ons buitengewone stappe doen, sal ons nie Visie 2030 behaal nie.”

Hy het gesê die regering onderneem om op sewe prioriteite te fokus, naamlik:
– Ekonomiese transformasie en werkskepping
– Opleiding, vaardigheidsontwikkeling en gesondheid
– Betroubare en goeie basiese dienste
– Ruimtelike integrasie, menslike nedersettings en plaaslike regering
– ʼn Bekwame, etiese en ontwikkelingstaat
– ʼn Beter Afrika en wêreld

“As ʼn land moet ons oor die volgende 10 jaar vordering maak om armoede, ongelykheid en werkloosheid te takel, sodat niemand in Suid-Afrika honger sal wees nie; sodat ons ekonomie baie vinniger sal groei as ons bevolking; sodat 2 miljoen meer jongmense in diens geneem sal word; dat ons skole ʼn beter opleidingsuitslag sal hê en elke 10-jarige kind in staat sal wees om te kan lees; en dat gewelddadige misdaad gehalveer is.”

Eskom

Ramaphosa het gesê een van die redes waarom die ekonomie teen ʼn slakkepas beweeg het, is beurtkrag wat vroeër vanjaar toegepas is, met ʼn voortgesette onsekerheid oor kragtoevoer en die stand van Eskom.

“Die les is duidelik: as ons wil groei, het ons ʼn betroubare en volhoubare kragtoevoer nodig.”

Hy het gesê die kragvoorsiener se finansiële stand is uiters kommerwekkend. “Met die huidige finansiering van die regering, kragtens die 2019-begroting, het Eskom voldoende kontant om tot aan die einde van Oktober 2019 sy verpligtinge na te kom. Ons sal dringend ʼn wetsontwerp saamstel om ʼn beduidende deel van die R230 miljard- finansiële ondersteuning, wat Eskom oor die volgende 10 jaar gaan benodig, vroeër beskikbaar te maak. Ons moet dit doen, want Eskom is noodsaaklik vir ons ekonomie.”

Ramaphosa het gesê verdere besonderhede sal deur die minister van finansies bekend gemaak word.

“Ons sal ook die aanstelling van ʼn nuwe uitvoerende hoof vir Eskom aankondig, ná Phakamani Hadebe uitgetree het.”

Die president het bygevoeg Eskom werk met die regering en ander belanghebbendes om sy algehele skuldlas te bespreek, asook die geld wat munisipaliteite en individuele gebruikers aan die kragvoorsiener skuld. “As ʼn land moet ons voldoen aan die beginsel dat diegene wat elektrisiteit gebruik, daarvoor moet betaal.”

Toerisme

Ramaphosa het gesê die regering wil die getal internasionale toeriste teen 2030 meer as verdubbel tot 21 miljoen. “Ons sal dit behaal deur die land se handelsmerk te hernu, ʼn wêreldklas visum-regime in te stel met ʼn beduidende fokus op die Chinese en Indiese markte.”

Hy het gesê die regering is vasberade om seker te maak dat toeriste, wat die land besoek, veilig sal wees.

Beleggings

“Ons verskerp ons beleggingsveldtog. Van die R300 miljard van beleggings wat verlede jaar tydens ons eerste beleggingskonferensie aangekondig is, het meer as R250 miljard se projekte reeds ʼn aanvang geneem.”

Die tweede Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie sal op 5 – 7 November aangebied word.

“Goeie vordering is ook gemaak deur die Public-Private Growth Initiative, onder leiding van minister Nkosazana Dlamini-Zuma, mnr. Roelf Meyer en dr. Johan van Zyl. Die privaat sektor het onderneem om R840 miljard in 43 projekte oor 19 bedrywe heen te belê. Dit sal 155 000 poste oor die volgende vyf jaar skep.”

Reserwebank

Ramaphosa het gesê die Reserwebank is ʼn noodsaaklike instansie van ons demokrasie en staan plaaslik en internasionaal bekend as ʼn geloofwaardige instelling. “Die Reserwebank se mandaat is in die Grondwet vervat om die waarde van ons geldeenheid te beskerm in die belang van gebalanseerde en volhoubare groei.

“Ons bevestig vandag opnuut hierdie grondwetlike mandaat, wat die Reserwebank onafhanklik moet najaag, sonder vrees of vooroordeel.”

Volgens hom vereis die Grondwet ook dat daar gereelde gesprekke moet wees tussen die Reserwebank en die minister van finansies om makro-ekonomiese samewerking te bevorder, in die belang van werkskepping en ekonomiese groei.

Grondhervorming

Ramaphosa het gesê versnelde ekonomiese groei vereis ook versnelde grondhervorming in landelike en stedelike gebiede met ʼn duidelike riglyn oor eiendomsreg. “Ons het die verslag van die presidensiële raadgewende raad oor grondhervorming en landbou ontvang, en dit sal nou aan die kabinet voorgelê word vir oorweging. Die paneel se aanbevelings sal die basis vorm van ʼn omvattende, verreikende en transformatiewe grondhervormingsprogram.”

Hy het gesê die regering sal intussen sy pogings verskerp om staatsgrond te identifiseer en beskikbaar te stel vir stedelike nedersettings en landbou.

“Ons het verlede jaar onderneem om finansiering vir opkomende boere te prioritiseer. Oor die mediumtermynbegrotingsperiode is R3,9 miljard geoormerk vir die Landbank om swart handelsboere te ondersteun.”

Werkloosheid

“Die groei van ons ekonomie sal nie enige waarde hê tensy dit tot werkskepping lei nie. Die feit dat die werkloosheidskoers onder jong Suid-Afrikaners meer as 50% is, is ʼn nasionale krisis en dit vereis ʼn dringende oplossing.”

Ramaphosa het onderneem om binne die volgende 10 jaar minstens twee miljoen poste te skep vir jongmense.

Geletterdheidsveldtog

Ramaphosa wil oor die volgende dekade ook seker maak dat elke 10-jarige in staat is om te lees en het ʼn grootskaalse geletterdheidsveldtog aangekondig.

“Ons moet ons kinders ook vir die werk van die toekoms voorberei, en ons sal dus ook vakke soos kodering en data-analise op ʼn laerskoolvlak instel.”

Misdaad

“Die Suid-Afrika wat ons wil hê, is ʼn land waar alle mense veilig is en veilig voel. Kom ons werk saam om seker te maak dat gewelddadige misdaad oor die volgende 10 jaar minstens gehalveer word.”

Ramaphosa het gesê die eerste stap is om polisiesigbaarheid te verhoog en meer polisiebeamptes aan te stel met ʼn groter aktiewe rol vir burgers deur doeltreffende gemeenskapspolisiëringsforums.

“Daar is tans meer as 5 000 studente wat vir basiese opleiding geregistreer is in ons polisie-opleidingskolleges. Ons voorsien dat dié getal tot 7 000 per siklus sal verhoog met die volgende twee innames.”

Korrupsie

Die president het gesê die regering het reeds begin om die probleme van swak regering, ondoeltreffendheid en finansiële volhoubaarheid te takel. “Ons is verbind daartoe om ʼn etiese staat te bou waar daar geen plek is vir korrupsie, begunstiging of die plunder van staatsgeld is nie. Ons soek ʼn groep vaardige en professionele staatsdiensamptenare met ʼn hoë morele standaard wat verbind is tot goeie diens.”

Hy het gesê die nasionale direkteur van openbare vervolging is versoek om ʼn plan te ontwikkel wat die kapasiteit en bekwaamheid van die nasionale vervolgingsgesag beduidend sal verhoog. “Ons moet seker maak dat staatsgeld, wat gesteel is, teruggegee word en aangewend word vir dienslewering en basiese infrastruktuur.”

Hy het gesê die nuwe spesiale ondersoekeenheid (SOE) se spesiale tribunaal sal binne die volgende paar maande siviele eise versnel, wat uit SOE-ondersoeke gelei het. Dit beloop tans na raming R14,7 miljard.

ʼn Nuwe stad

Ramaphosa het gesê hy droom van ʼn Suid-Afrika waar die eerste nuwe stad, wat in sy geheel in die demokratiese era gebou is, verrys met wolkekrabbers, skole, universiteite, hospitale en fabrieke.

“Hierdie droom is aangevuur deur my gesprekke met vier mense: dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, dr. Naledi Pandor, me. Jessie Duarte en pres. Xi Jinping van China, wat verduidelik het hoe China besig is om ʼn nuwe Beijing te bou.

“Hierdie is ʼn droom wat ons almal kan deel en waaraan ons almal kan bou. Ons het die afgelope 25 jaar van demokrasie nog nie ʼn nuwe stad gebou nie. Ongeveer 70% van Suid-Afrikaners gaan teen 2030 in stedelike gebiede woon. Johannesburg, Tshwane, Kaapstad en Ethekwini het nie meer plek om almal te huisves wat na die stede toe stroom nie.

“Het die tyd nie aangebreek vir ons om vrymoedig te wees en te doen wat onmoontlik lyk nie? Het die tyd nie aangebreek om ʼn nuwe slim stad te bou wat gebaseer is op die tegnologieë van die vierde nywerheidsrevolusie nie?

“Ek wil Suid-Afrikaners nooi om saam met my te droom.

“Ons is die Suid-Afrikaanse land met ʼn Grondwet wat hoop geen aan die hopelose, regte aan die onteiendes en troos en veiligheid aan sy mans, vroue en kinders. Alhoewel ons gewankel het, het ons nie vergeet wie ons is en waarvoor ons staan nie. Ons is steeds daardie land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Eva ·

So trots op ons president. Viva, mnr Ramaphosa, viva. Ons staan reg agter jou

Jan Alleman ·

Regtig? Agge nee man mense! Kry kritiese denke onder die knie. Dit is ‘n klug van epiese proporsies.

Die een ding wat moet gebeur is die AFSKAFFING van regstellende aksie. Dit is nie eens op die tafel nie.

Ons is geskroef.

pinkie ·

@Eva, ek sukkel om te verstaan. Is jy ernstig of sarkasties?

Abe ·

Eva,
Ek stem saam met jou. Die president het die regte knelpunte uitgelig. As n mens die land se probleme moet oplos/verlig – en dit is sy opdrag – dan moet jy eers die probleme identifiseer, en dit het hy gedoen. Hy het nie die probleme opgelos nie en dit was ook nie die doel van sy toespraak nie. Die werk om dit op te los begin nou, dit het hy erken. Of hy daarin gaan slaag en in hoe n mate hy gaan slaag, moet ons nog sien. Intussen behoort ons, burgers van die land, ons ondersteuning te gee, waar ons kan en te help waar ons kan help.

Andreas ·

My time couldn’t see it coming
But I lost my senses it was falling away
Couldn’t leave in the middle of the night
Took the dawn to the day and the day to the night

Every single day that I’ve done my time
Raising every doubt that is in my mind
My crime I rhyme
And everybody’s set aside I take it down
And you know that you can’t face me
Got to face that you cannot help me
I can feel every day that I’m lost in a dream

I’ve been searching my dreams for a lifetime
I don’t want to believe it’s the last time
The way that I feel
Like I want to be free in serenity
I’ve been searching my dreams for a lifetime
I’m going to ignite what is in my mind
And I am sincere won’t give in to my fears
I don’t want to be
Lost in a dream

Boer-in-die-Wind ·

Erkenning vir Amaranth & Moerck Olof Nils vir hierdie liriek is in orde?

Andreas ·

Ek het vir 25 jaar gedroom en nou kom vertel jy my ek moet van vooraf droom.

Jaap ·

Regtig Eva,wat maak jou trots?
Die snert wat hy praat?
Watse werkskepping?
Wonder nogal wat hul in 10 jaar kan doen, maar nie in 25 jaar nie?
Vertel my?

piet piet ·

Dit is soos die DA stemmers maklik om hulle te impress maar realiteit is realiteit.

Sarie ·

In CR se droomwêreld gaan die sjinese miljoene belê in SA. Die sjinese doen niks verniet nie. Hulle gaan hulle eie mense hiernatoe bring om na hulle belange om te sien. Wanneer ons agtergeblewenes sien hoeveel sjinese hier gaan kom woon, gaan hulle die woord “kolonialisme” totaal en al vergeet. Daar wag ‘n groot skok vir hulle.

Logika ·

Mooi so, Sarie. Bly ek is nie die enigste-een wat hulle planne raaksien nie!

Boer-in-die-Wind ·

Die Freudiaanse glips in die laaste paragraaf (“hoop geen”) vat my gevoel oor staatsrede mooi saam.

He-he

LHS ·

Baie praat oor alles wat moet gebeur, wat almal in elk geval weet, maar nie eers een voorbeeld van hoe dit gedoen gaan word op die tafel geplaas. Groot verskil tussen dink en weet.

ANC ·

Beste president wat SA nog gehad het. Viva Comrade Viva! Viva die ANC VIVA! Viva Democracy!

Rulof ·

Where is Umsholozi.? Just look at his legacy of misery. He should have a place amongst ANC greats! (Great failures)

Stephen Namibia ·

CR wants to create 2 million jobs over the next ten years. The population will probably grow with 20 million over the same period.

David ·

2 miljoen poste oor 10 jaar = 548 per dag, 7 dae per week.

Ek hoop vir sý onthalwe hy skrik wakker uit sy droomwêreld…

Vryheid ·

Keep on dreaming, 25jaar gelede was ook gedroom en ons droom nogsteeds. Niks sal verander totdat almal besef dat die verlede nie die toekoms kan verander nie

Wat? ·

Wat Van Misdaad. Daars so min gese oor dit! Moes punt 1 gewees het. Belasting betalers moet beskerm word. Hulle gee die pay!
Niks Sal verander nie . Plaasaanvalle Sal nou net nog meer gereed voor kom. Ook geweld daar is daagliks betogings en stakings. Dit Sal nie beter gaan nie. Sterkte en Ek bid Vir die min goeie ordenklik E Mense wat oor is in die land.its Africa no one cares!

Lynni ·

Ons wittes gaan seker nie deel wees van daai stad waarvan hy so droom. Ek wonder hoeveel wittes sal immigreer as hul geleentheid kry. Seker ons almal.

Andreas ·

Ek was skoon uitasem, sommer so halfpad deur sy voordrag al. My gevoel was dat daar nie ‘n manier is dat hy en sy regering die kapasiteit het om aan al die dinge aandag te gee nie, hope te veel hooi op die vurk, kennis, ek het gesien hoe krimp van die ministers ineen, en toe raak hy so opgewonde hy projekteer dit oor TIEN jaar? Ek dag die begroting word elke 5 jaar hersien, maar nou het hy sommer die president na die eerste 5 jaar se begroting ook vir hom gedoen.

DANKIE Cyril, jy is ‘n yster, man!

Andreas ·

My probleem is dat hy/die staat wil als self doen en los niks, of bykans niks vir die privaat sektor om te doen nie, ek glo hulle het net nie die kapasiteit en die kundigheid nie. So die sosialistiese ingestelheid is nog maar steeds daar, niks het verander nie.

Brulpadda ·

Ramamparra here is the problem. Your ideological transformation ideas with probate property, land, is 180 degrees opposite your drive for healthy foreign investment and so is your drive
for transformation. People look at you as if you are bob Mugape the second.
Lots of empty promises and dreams and tet it is so simple.
Convince the masses that whites are not the enemy especially since we have been here for 360 years and have as much a right to be here as a palestinian in palestine. Then stop messing with capitalism and the capital jobs and cities will happen by itself. Provatise SOE’s and let professionals that know what they are doing fix it for you. Simple. Let your froggy mentality go and all will be well.

Dirk ·

Al die laste op die ekonomie is nog steeds daar, duidelik is die elemente wat passasiers is en geen bydrae maak tot ekonomiese groei hier om te bly. SA gaan dus n welsynstaat bly vir kaders en dit is juis hierdie elemente wat geen bydrae maak, maar wat net ontvang. Wat misdaad aanbetref lyk dit vir my dat daar nie veel simpatie is met die gesinne wie broodwinners verloor het nie en ook geen empatie gaan wees vir die wat nog gaan sneuwel nie. Die onus is dus op elkeen self om te oorleef of nie en dat die wat nie die vlaag van misdaad oorleef nie, is maar eintlik, “good riddens”!

John ·

Die ou ANC-retoriek van wonderwerke as hulle tog net in beheer bly. So ‘n arm en verrommelde staatjie en kyk hoe hang hulle gisteraand uit: kaders wat die fondse vir die dringende verbetering vir hulself opgeèis het…. miljarde. Waar wil Sjina hul stad gebou hè. Die planne lè gereed in Limpopo met die Sjinese reeds aan’t inpak… vir groot besigheid en mynbou met die Limpopo wat water vir die kragopwekkers sal verskaf…. en baie renosters en olifante jn die omtrek…. Die groot stad… Xi-xi-ping… Made in China…

Ooo weee ·

Mense, ek het die ‘helpende Chinese hand’ eerste hands ervaar hier in PNG ( papau New Guinea, regering het vir die chinese in genooi vir cash in ruil vir myn voor regte, in 5 jaar het hulle die wereld se grooste koper neerslag uit gemyn en gewaai, daar is nou net ‘n helse gat in die grond, die geld wat die Chinese gegee het is lankal verkwis en die land is nog armer, selfde gaan gebeur in SA, ai dit is so tragies.

ES ·

Ek hoop hulle bou hierdie nuwe “stad” op ‘n eiland iewers op die see en stuur al hierdie manne met hul lugkastele daarnatoe.

Baba ·

Die bevolking groei te vining! Niks is hieroor gese nie. Oorbevolking is die grootste oorsaak van werkloosheid, armoede, misdaad en agteruitgang!

Msp ·

Stem saam Baba, hoeveel mense verlaat skool elke jaar en hulle almal soek werk…

jAN ·

ons president leef in n droom wereld as hy wakker skrik in 2030 sal hy sien alles is nog net dieselfde oor bevolking steeds die grootste probleem vir werkloosheid

willem Botha ·

Hy beskik nie oor die nodige kennis soos Presedent Trump nie om SA n beter plek te maak nie ,skaf diskriminerende wette teen wit mense af en die ekonomie sal self begin groei,werkloosheid kan nie aangespreek word nie want die vlugtelinge wat oor die grens kom vat al die beskikbare werk.Die onderwys stelsel is nie op standaard nie en word nog verder afwaarts aangepas. Die misdaad is nie n probleem van n tekort van polisie nie ,dit is n tekort van goed opgeleide eerlike polisie .Ons droom van n stad bou maar ons kan nie eers die stede wat ons het professioneel bestuur nie,nee my opinie selfde sirkus nuwe narre.

kolla ·

Ek sou dit self nie beter kon stel nie,het reeds my lidmaatskap by die VF+ bevestig.

Koos Kotze ·

Wanneer ek die woord, “transformasie”, uit ‘n ANC-mond hoor, vervang ek dit met “tot niet making”. Alles wat tot dusver in die land “getransformeer” is, bestaan nie meer of werk nie meer. Voorbeelde van “suksesvolle transformasie” is legio; Transnet, Eskom, onderwys, gesondheid, landbou, die ekonomie, en enigiets waaraan mens kan dink wat voorheen doeltreffend funksioneer het. RW Johnson skryf; “South Africa can either choose to have an ANC government or it can have a modern industrial economy, it cannot have both”.

Chris Ws ·

President Ramaja het ‘n harde pad voor hom om als wat hy kwyt geraak het tot uitvoering te bring dis verseker!Die vorige bedeling van 25 jaar gelede se golf van ‘n vooruitstrewende land,sterk ekonomie ,sterk weermag en goeie kragvoorsiener waarop die anc heeltyd gery het is nou amper tot niet agv die anc se vernietigende strategie so laat ons sien watse golf van vooruitgang hulle gaan skep.Vir 25 jaar kon julle net rugry.

Cathy ·

Hi Eva ek stem saam. Ons president is geletterd en het regtig ‘n beter kans om dinge beter te maak (nie perfek nie, geen land is perfek nie). Ja die ouens praat van niks het gebeur in 25 jaar nie. Wel die vorige “bedeling”/”President” het dinge ietwat verniet. Dit sal rukkie vat om reg te kom. Maar…. Nou moet ons net ons negatiwiteit omskep in KREATIWITEIT :)

Abe ·

Cathy,
Ek stem saam met jou. Jammer van die vermorste en opgemorsde jare (9 jaar) wat verby is, maar dit is water onder die brug. Nou moet ons vorentoe kyk.

ne ·

Ek het gedroom ek wen die Lotto! Maar jammer dit bly net ‘n droom…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.