Staatsrede: Ramaphosa se planne beïndruk partye nié

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede (20 Junie 2019) (Foto: Parliament of RSA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede was niks anders nie as ʼn herbevestiging van wat reeds in die Grondwet staan nie en was sonder enige opwindende planne, het Mmusi Maimane, DA-leier, ná afloop van Donderdagaand se staatsrede gesê.

“Hy het uitsprake gemaak oor ʼn droom terwyl Suid-Afrikaners in ʼn nagmerrie lewe … ʼn volledige wenslys van dinge wat hy voorheen gesê het met meer retoriek en geen begronding nie,” het Maimane gesê.

Maimane het gesê hy voel dat die president met geen nuwe of opwindende planne vorendag gekom het nie. “Talle Suid-Afrikaners by die huis vanaand het geen onmiddellike plan vir hul toekoms gesien nie,” het hy gesê.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het Ramaphosa se toespraak as ʼn “antiklimaks” bestempel. “Daar is eerder gefokus op die verlede om [dit] as kapstok te gebruik vir die mislukkings van die ANC-regering waarvoor die president geen klinkklare oplossing op die tafel geplaas het nie. Geen duidelikheid is gegee oor wat gedoen gaan word om Suid-Afrika ekonomies te red nie,” het Groenewald gesê.

Julius Malema, EFF-leier, het op sy beurt sy misnoeë oor Ramaphosa se toespraak te kenne gegee. Malema glo dat die president die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) asook sy toewyding tot die onteiening van grond laat vaar het.

“Die president het niks oor grond gesê nie. Wat die president gesê het gaan gebeur, is wat klaar besig is om te gebeur en dit het nog nie grond aan ons mense opgelewer nie. Die ANC het die agenda van grondonteiening laat vaar omdat hulle swart mense as dom afmaak,” het Malema gesê.

“Hulle het dit tydens die verkiesing gebruik; die verkiesing is nou verby. In plaas daarvan om grond sonder vergoeding te onteien, dagdroom die president. Die dae van droom is verby, hy moet wakker word. Die man wou die afgelope 30 jaar al president wees en weet nog steeds nie wat hy vir Suid-Afrika wil doen nie,” het Malema gesê.

Die VF Plus glo egter dat planne rondom die onteiening van grond wel sal voortgaan. “Enige plan wat wel op die tafel geplaas word gaan van min of geen waarde wees solank die wolk van onteiening van vergoeding oor die ekonomie hang. Al wat seker is hieroor, is dat dit voortgaan en die VF Plus keur dit ten sterkste af,” het Groenewald gesê.

Patricia de Lille, Good-leier, is wel opgewonde oor die president se plan om ʼn superstad in Suid-Afrika te laat verrys.

De Lille is ná vanjaar se verkiesing as minister van openbare werke aangestel en het gesê dat sy reeds oor ʼn nuwe stad gedroom het toe sy destyds burgemeester van Kaapstad was.

“Ek is baie opgewonde daaroor … ons het nie geïntegreerde stede nie. Met die bou van ʼn nuwe stad kan jy die ruimtelike beplanning van apartheid regstel en geregtigheid laat seëvier. Die president benadruk vennootskappe … die regering kan dit nie alleen doen nie.”

Lees ook: Cyril se superstad en droom van 2 miljoen werksgeleenthede.

Staatsrede: Ramaphosa praat oor ekonomie, Eskom, die Reserwebank en grond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Strand loper ·

Sommer n nuwe stad bou….seeker strooi hutte ja….dit is dalk doenbaar…wat n nar!

Leon ·

Die nuwe stad/t is seker sy “Nkandla” waarvoor die belastingbetaler moet opdok

Andreas ·

My probleem is dat hy/die staat wil als self doen en los niks, of bykans niks vir die privaat sektor om te doen nie, ek glo die staat het net nie die kapasiteit en die kundigheid nie en dit is net té ambisieus. Ek was na ‘n uur al moeg van die een plan na die ander wat hy inryg. So die sosialistiese ingestelheid is nog maar steeds daar, niks het verander nie.

Cyril se superstad gaan seker herrys, daar waar Akkerland plaas in Limpopo is, daar waar die plan vir ‘n kolossale steenkoolmyn dalk nog nie laat vaar is nie?

‘Cyril the dragonslayer”.

Johann Holtzhausen ·

Die “stad” word lank reeds beplan en sal waarskynlik deur Sjina befonds en gebou word sodat Suid – Afrika verder in die skuld gedompel word by hulle. Ons moet net bewus wees dat hulle hul pond vleis sal opens.

Wat?? ·

Droom van werk… gelykheid vir almal… NUWE STAD?????????
Dar is nie eens krag in die stede wat nou daar is!!??
Patricia droom saam???
Hahaha!!
Dis waar dat ons nog ‘n stad…stede… nodig het vir die biljoene wat instroom…
Maar noem dit liefs ‘n ghost town…
Geen krag.. geen water….
Hoe kan enige een ‘n nuwe stad bou as die oues nie eens onderhou word??!!
Wat ‘n grap!!

Kandas ·

Dit was my eerste gedagte ook. Huidige stede, dorpe, ALLES val uitmekaar. Ek soek hard na die logika in daai droom!!!???

Oom Doug ·

Hi man hy droom net, dis net ‘n droom.
Ons weet dit sal nooit gebeur nie.

fred ·

Nog n superstad???kyk hoe ons bestaande groot stede lyk…vol vulnis,stank en sleg onderhou…..en wat van die verkeersknope,? Desentraliseer en opgradeer die bestaande dorpe pleks om nog weer miljoene na n superstad te lok…..

Andreas ·

Cyril se superstad kan seker herrys, daar waar Akkerland plaas in Limpopo is en waar die plan vir ‘n kolossale steenkoolmyn dalk nog nie laat vaar is nie?

Gert van Wierdapark ·

Miskien moes hy die “I have a dream” gesing het en dan moes die gehoor besluit het of hy genoeg “talent” het om daarmee voort te gaan, of na die volgende rondte deur te dring!!!

JohanL ·

Wat van geboortebeperking soos in China? Dit klink bitter erg want dit is teen vryheid van aksies :) :) :) !!!!!

Maar gaan kyk na statistieke en jy sal sien hoe daar ‘n bevolkings ONTPLOFFING was (en steeds is) onder die swartes van die land – en dit is FEITE en nie bedoel as rassistiese opmerking nie. Nugtere denke stel dit mos duidelik dat as daar te veel mense is en te min werksgeleenthede (ekonomie), dan gaan daar werkloosheid (en misdaad) wees. Meeste lande sukkel met die probleem en dit is een van die redes hoekom Australie byvoorbeeld so “vol nonsens” is om sommer net immigrante toe te laat.

Ja, dit is sekerlik nie ‘n korttermyn oplossing nie, maar ek gooi maar net die klip in die bos met die vraag: “Het dit nie tyd geword dat geboortebeperkig ingestel word nie?” Natuurlik is “polisiering” problematies, maar China is mos “ons maatjies” so ons kan by hulle hoor hoe hulle dit doen.

Jack Sadie ·

@Johanl. Geboortebeperking is absoluut noodsaaklik . Ons moedig egter die teenoorgestelde aan: Hoe meer kinders,hoe meer toelae. ‘n Regering wat die
onbekostigbare aanwas wil beperk, moet as eerste stap die aantal kinders waarvoor jy welsyn kry beperk. Nie noodwendig op huidiges nie, maar toekomstige voortplanters. Lyk egter of rasionele denke en ons politici nie ‘bedmaats’ is nie.

Mel ·

Kyk die YouTube oor Chinese ghost cities in Angola. Reuse ontwikkelings…grass en time word onderhou deut paar Chinese. Niemand bly daar nie. Swak argitektuur. Balkonne voor venters. Baie eienaardig. Toe hy sy smart city get die woord Chinees in my kop gespring. Toe noem hy die Chinese president se naam. Haha. Die Chinesexplan is om hulle mark vir sagteware uit te brei ook.

willem Botha ·

Die superstad is seker die stad by modderfontein wat die chinese wil bou die planne is al lankal op die tafel.

Nee wat ·

Nee wat. Dis elke keer dieselfde gelieg wat hy staan en praat. Mens kan totaal en al niks glo wat hy sê nie. Inteendeel, alles versleg teen n baie hoë pas en ons ly net al hoe meer daaronder. Totaal en al useless man!!

Hennie ·

Hierdie staatsredes is elke jaar dieselfde. Nee, ekskuus ek lieg. Die 9 punt plan van verlede jaar word nou die 10 punt plan. Die een wat bykom is wat sê ons dink nog daaraan om die 9 punt plan in werking te stel. “We are still applying our minds” sê hulle mos graag. ELKE JAAR WORD KORRUPSIE GESTOP!. Liewe land, hou op met praat en doen ‘n slag iets!

SjN ·

As hul wakker skrik uit hul droom gaan bestaande strukture nog verder vervalle wees.

marous ·

Laat my dink aan ‘n spul paneel kloppers wat om ‘n wrak staan met ‘n platiese speelgoed hamer en ‘n blikkie spuitverf en spog hoe hulle ‘n ‘n Ferrari gaan op tower.

Ida ·

Teleurstelling is baie lig gestel. Ons het nie dromers in die Parlement nodig nie, maar doeners wat doen en ophou praat. SA is in n groot gemors en hy droom en sien gesigte van n beloofte land wat nie bestaan nie. Intussen vergaan mens en ekonomie dag by dag. Help nie ons vrek van ellende en die bestaande strukture in ons stede en dorpe word nie onderhou nie, maar hy praat van n nuwe stad. Tans het baie mense nie eens water, krag of sanitasie nie, maar n nuwe stad word beplan. As dit nie so lagwekkend was nie, sou ek nou gesit en huil het. Nee wat n ferm eerlike President wat eerder werklik hierdie land en sy belange op die hart dra moet nog gebore word. Moord moord moord en armoede is al wat seevier tans.

Manie van Worcester ·

wonder bo wonder , ou moesie se n slag iets wat sin maak anders as die sg president. die opening was n totale mislukking.

Keelvol ·

Met my beperkte kennis van landsbestuur is ek onder die indruk dat die priváátsektor die wérk moet skep terwyl die stáát dmv wetgewing en toepassing dit so vlot moontlik moet laat verloop. Die skeefgetrekte ANC model waar die staat die werk skep en al die beheer hou, is uit en uit kommunisme.

Issabelle ·

Genade …. CR het hopeloos klomp snert kwyt geraak oor sy staatsrede …. beslis het hy nooit daaraan gedink aan al die negatiewe kommentaar wat gaan volg nie …. !!! Volgens my siening is SA in so groot gemors met alles …. hoe gaan hy dit ooit reg kry om die gemors reg te maak as hy te veel vrot apples in sy parlement het …. hoekom verkoop hy nie van sy plase met soveel wild & ingevoerde beeste & ploeg dit eerder in vir die boere …. hospitale …. munisipaliteite om net ‘n paar te noem nie ….
Die werkloosheid gaan net elke dag al hoe meer & meer word ….. maar ongelukkig is ons vel kleur nie reg om voorkeur te trek nie …. duidelik het hy niks beter gehad om te se as net dit wat hy wil doen & reg kry nie …. met soveel korrupte , oneerlike & leke wat nie die regte kwalifikasies het om hulle ” job” te doen nie …. maar tog klou hy vas aan hulle & stel maar weer die klomp aan wat niks beteken nie …. met ” moerawiese ” salarisse …. raak ontslae van hulle …. hulle verdien nie om in die parlement te wees nie ….

Lulu ·

Dit klink so indirek asof die superstad Cyril Ramaphosa se eie Nkandla gaan wees.Op groter grond en skaal en ons almal gaan help om dit te bou vir hom.Ons gaan nou net meer belasting moet opdok vir sy drome!!

Maljan ·

Daar was seker te min blanke verwoesting om die partye te beïndruk.

GB ·

Die bottom line is dit: grondonteiening sal plaasvind, ekonomiese transformasie sal voortduur. M.a.w. die plan om middelklas witmense van ekonomiese mag te ontneem en te verarm, bly n prioriteit.

Andreas ·

Wat die Superstad aan betref sal Afrikaans die taal wees, Afrikaanse Skole, Afrikaanse kerke ….. Afrikaanse woongebiede ….

thelsa ·

Ons hou verkiesing elke 5 jaar. Die Prez kondig ‘n 10-jaar plan aan. Huh ??

Marga ·

10 jaar plan,,,,want dan is hy lankal nie meer president nie ,,, slim taktiek…iets soos werkloosheid kan nie meer 10 jaar lank wag nie..

George in Bloem ·

Hy moet maar kyk waar kan hy verf op special kry om sy lugkastele te verf.

lewies ·

Die produk van ‘n droom van voorgeslagte is vir almal om te sien. Mega Stede, dorpe en industrie. Ramaphosa se droom is moontlik, hulle moet net versigtig wees wat hulle hierdie ontwikkeling gaan noem en wie daarby betrokke gaan wees, noem dit maar ‘n Afrika-Industriele-Revolusie (AIR), want dit is wat ons nodig gaan he om te oorleef.

Dorpenaar ·

Bou die Superstad in Malmesbury! dis die mees sentraalste gebied met baie grond en nuwe nasionale pad, in die Kaap. Begin met ordentlike Hospitaal, Groter Skole, Effektiewe Polisiering en dan is daar sommer klaar meer werk.

Manie ·

Die enigste droom wat die anc het van hulle bestaan is om hulle hande in die geldlaaie van die land te kry

Pikkewyne ·

Smart city!? Met ons internet kostes en monopolië!? Bwhahahahahahaha. ‘n Fantasie droom soos Wakanda…

Clipper ·

Hy het n kans gehad om te wys wat in hom steek en het gefaal. Sy toespraak was swak en eerder iets wat n graad 8 leerling sou lewe. Hy het niks gese wat die huudige gemors gaan regstel nie. Hoe gaan hy werk skep, hy weet nie. Hoe gaan hy die plaasmoorde stop, hy weet nie en het dit nie eens genoem. Ongelukkig is hy in dieselfde klas as zuma.

fred ·

2 miljoen nuwe jobs vir die jeug in die volgende 10 jaar…oor 10 jaar het daar weer 2 miljoen of meer kinders bygekom……weet cr nie van basiese wiskunde nie?

Jack Sadie ·

Kan nie glo dat daar mense is wat ontnugter is nie. Weet ons dan na 25 jaar nog nie wat om te verwag nie? RSA is net nog ‘n mislukte Afrika staat. CR het nou al genoeg tyd gehad om om sy kleur ( oeps! Polities inkorrekte woord)
te wys. Hy is niks meer as net nog ‘n afrika politikus wat bereik het wat hy wou en nou die mag geniet. Hy sal niks doen wat ware leierskap wys nie. Hy is net ‘n politikus. Punt.

humor ·

Almal het weer verkeerd gehoor. Hy het gese stat nie stad nie.

Elizabeth ·

Droom aan … terwyl SA brand!
Wat ‘n belediging vir elke Suid-Afrikaner!!

Attie. ·

Gee tog vir CR sy Cyrilton….anders gooi hy sy speelgoed uit die kot uit. Patricia gaan die bouwerk doen….hulle gaan net reenwater en sonkrag gebruik. wat van ‘n groen minister… van sonkrag, reenwater en waterlose toilette. CR bou lugkastele terwyl die land brand…. stel my aan as minister van riool…..vir halfprys sal ek net so swak vaar as die ander vir volprys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.