Staatsrede sal fokus op ‘benarde ekonomie’

Pres. Jacob Zuma.  Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die staatsrede wat volgende week deur pres. Jacob Zuma gelewer sal word, sal grootliks fokus op die ekonomie uit die aard van die “benarde ekonomiese situasie” in die land.

Die presidensie het Dinsdag gesê die voorbereiding vir die staatsrede, wat onder die tema “Saam beweeg ons Suid-Afrika vorentoe” gelewer sal word, is in volle gang. Die tema sal samewerking onder Suid-Afrikaners aanmoedig om ’n verenigde, demokratiese, nierassige, nierassistiese en vooruitstrewende Suid-Afrika te bou.

“As deel van die voorbereiding sal die president met die uitgebreide kabinet of lekgotla van vandag [Dinsdag] tot 5 Februarie in Pretoria vergader om die afgelope jaar in oënskou te neem en die prioriteite van die huidige jaar te bespreek,” het die presidensie gesê.

Die kabinet-lekgotla volg op die lekgotla van die regerende party wat vroeër in Januarie plaasgevind het. “Die regerende partye het 2016 verklaar as die jaar vir die bevordering van mense se mag: Plaaslike regering is in jou hande,” het die presidensie gesê.

“Gegewe die benarde ekonomiese situasie in die land, word daar verwag dat die lekgotla en staatsrede grootliks op die ekonomie sal fokus, veral die nasionale reaksie op die stadige ekonomiese groei en ’n hoogs beperkte fiskale omgewing.”

Zuma se 2015-staatsrede is deur verskeie rolspelers as “’n sirkus” bestempel nadat EFF LP’s hardhandig uit die parlement verwyder is toe hulle geëis het dat pres. Zuma verklaar wanneer hy die geld vir sy Nkandla-woning gaan terugbetaal. Die verwydering van die LP’s is voorafgegaan deur ʼn vertraging van verrigtinge nadat die selfoonsein in die parlement versper was en joernaliste nie inligting of berigte na buite kon stuur nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eddie ·

He He He!!!!!!!!!!! Ek sien hier kom weer n groot grap. Sal maar die popcorn en rooi koeldrank nader sleep.

Henry ·

Afgesien van al die kaders wat danksy ‘Nambir Whan’ se goedguns die laaste ou skraapseltjies uit hierdie droewe land se rommeltrog geniet, is dit te betwyfel of daar veel belangstelling in die hoofnar se sirkusoptrede sal wees.
Wonder of die toespraakskrywers hierdie keer weer die fout gaan maak om getalle en syfers in te sluit. Sal hoeka mos die wêreld onnodig kompliseer vir ons syfervaardige en poedelkaal prez.
:-)

Rynhardt ·

Die prez se staatsrede moet heel eerste moet open met woorde soos:”Ek en die Anc het liederlik misluk met ekonomie deur die implementering van Vryheidsmanifes wat alles vernietig het.” Ongelukkig gaan jy dit nie hoor nie.Hy gaan toneelspel uit die voonste rakke lewer met woorde soos:”We have a good story to tell!” Hy sal dan syfers aanhaal wat net hy weet waar hy en sy raadgewers dit kry! Almal gaan hom staande toejuig terwyl die prez op en af en nogmaals op en af (hou dit dop) sy bril skuif om die indruk te wek dat hy n professor is! Dan sal hy sy boodskap afsluit met woorde soos:”Everything is on the right track, don’t worry,I’m still in charge!” n Koet kragtige opsomming wat geen liberale kommentator of liberale ekonoom vir jou kan uitspel nie!

alida ·

Die bril regskuif is omdat hy vergeet het waar hy laas probeer lees het. Kan mos nie ‘n toespraak uit die vuis lewer sonder ‘n papier nie. Kom nou Mnr Maimane sit hom op sy plek hierdie keer. Ek hoop die EFF maak weer amok. Dit is nogal “sports”.

Vliegie ·

He-He-He!!!…ja nee comedy central hier kom ons…..popcorn, koeldrank en lazyboy stoel my voorland daai dag :)

Bach ·

Hy moet nie vergeet wat hul hooftema deesdae is nie nl dat die wittes sulke aaklige rassiste is.

Biddende ·

Geen LAND het so ‘n ROMMEL REGERING en DUUR LEIER nodig nie. Wanneer NOOD op HOOGSTE is, moet die UITKOMS baie NABY wees.

NEL ·

Die ouer mense sal onthou daardie jare met die ware sirkus kon ons nie wag dat die surkus jou dorp besoek het nie. Ek kan nie wag vir die staatsrede surkus wat weer gaan plaasvind nie. sien uit vir die aand se gebeure en sal verseker ‘n glasie klink op enig iets wat positief daar gaan uitkom. Is bevrees ek gaan droebek sit die hele aand.

m ·

Hierdie benarde ekonomie is veroorsaak deur die huidige regering.

GES ·

Ek raai dat hy ook gaan aankondig dat die Rand note ook soos die Zim dollar voortaan ‘n vervaldatum gaan kry.

Jan maak n Plan ·

Ja en die ou drommel wil he ons met glo donkie d…. bolle is vye. As ek hy was het ek eerder stil gebly en stilistil in Nkandla se vuurpoel gaan rus.

Lizelle ·

Jy, die een wat hulle ons president noem, is die GROOTSTE rede vir die ekonomiese penarie waarin ons sit. Gee terug ons geld, dan mag ons dalk weer van jou hou!!!!!

Oom Boer ·

Ai-tog Nr 1, wie beweeg nou vorentoe asb? Watse ekonomie waar beleggers begin krampe in hul hande kry om verder te bele in ‘n staat van korrupsie en waar Kaders soos Konings leef. Weereens gaan daar net weer valse beloftes gemaak word met ‘n gelag kort-kort en keel skoonmaak en dan die kroon plaas dat die huidige ekonomie ge-erf was van die apartheids era en so sal dit aangaan oor hervorming prosesse, agtergeblewenes, meerderheid teenoor minderhede, rassisme, ag en so baie ander dinge wat net altyd gespuug word om weereens ‘n indruk te wil skep tot aanloop van die munisipale verkiesing. Ek sal graag die opening van hierdie pragtige geformuleerde “Staatsrede” vir niks mis nie, want daar was mos kommissies en rade of watookal saamgestel om ‘n deurdagte en gevorderde met geskiedkundige skrywe saam te stel om voor te lees. Sterkte ou grote en hoop jy gaan ‘n goeie indruk maak tot almal.

Hennie ·

Ons beweeg wel vorentoe nl; na die afgrond. Leiers trek voor “lead by example” we only get the push from behind

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.