Staatsrede-seinblokkering was onwettig, sê hof

Joernaliste het met die aanvang van die 2015-staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter

Joernaliste het met die aanvang van die 2015-staatsrede beswaar gemaak oor selfoonsein wat geblok is. Foto: Twitter

Die appèlhof het Donderdag beslis dat die seinblokkering tydens verlede jaar se staatsrede in die parlement onwettig en ongrondwetlik was.

EWN berig Primedia Broadcasting het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) ʼn saak teen onder meer die speaker van die Nasionale Vergadering gebring in ʼn poging om die parlement se uitsaaibeleid ongrondwetlik te laat verklaar.

Maroela Media het vroeër berig ʼn seinblokkeringstoestel is verlede jaar tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede gebruik om selfoonseine in die parlement te blokkeer, wat veroorsaak het dat joernaliste nie die gebeure op sosiale media of andersins kon deel nie. Die direkte beeldsending van die verrigtinge is ook gesny.

Die joernaliste het beswaar aangeteken en LP’s van die DA en EFF het saam met joernaliste gedreunsing “bring back the signal” totdat die selfoonsein herstel was.

Verskeie media-agentskappe en organisasies het later versoek dat die voorval ondersoek word om te bepaal of die blokkering ʼn menslike fout of sabotasie was.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het destyds ontken dat selfoonseine doelbewus blokkeer was en gesê “haakplekke” met “teen-waarneming taktiese maatreëls” het daartoe gelei dat selfoonseine versteur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ruby ·

Hulle eie huis is nie eers in orde nie, maar hulle wil ‘n land regeer.

Gmf!!

Raymond Bastone ·

Hahaha!!” Hulle wou skelm wees toe werk dit ook nie wanneer sal die ouens leer. Om skelm te wees werk nooit nie leer dit nou asb

Johann ·

Dis skokkend om te dink dat die ANC toe en steeds; dink die land val vir hulle absurdhede en blatante leuns. Nog meer ontstellend dat daar telkemale howe toe moet gaan om BEGINSELS soos vervat in die GRONDWET; te bevestig en te laat geld. Skaamtelose verkragters van n land se demokrasie en toepassing van n grondwet…dis wat die ANC met n passie pleeg!

pieter ·

OM SKELM TE WEES EN KLIPPE TE GOOI ,WERK IN RSA, 25 JAAR EN KYK AL DIE MILJOENERS.

mc ·

Ag asseblief, dit maak nie saak wat die howe beslis nie, daar word van ons regstelsel ‘n volslae bespotting gemaak, geen bevel word gehoorsaam nie. Daar gaan weereens niks hiervan kom nie.

humor ·

Ja Pieter so van n ander oogpunt gesien, maar dit werk ongelukkig nie vir jou en my nie.

Rapes ·

Gaan hof toe en daar word beslis dit was onwettig. So what niemand word aangekla en gestraf nie. Dis ‘n hengse voefie en geld word vermors.

Rynhardt ·

Afgesien van seinblokkering wat onwettig is, is al die omstrede wetgewing wat deur parlement gestoomroller word, ook nie onwettig nie? Is regstellende aksie/transformasie ook nie diskriminerend en onwettig nie? Speaker Mbete wat Zuma en Anc sogetrou dien, is haar salaris van R226000p.m. ook nie onwettig nie? Is die palement-sirkus wat 22jaar lank duur met al sy Anc-faksies ook nie onwettig nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.