Staatsrede: Selfoonsein glo geblok

Foto: DoC

Foto: DoC

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het Donderdag gesê selfoonsein in die Nasionale Vergadering word geblok. Dit kort voor pres. Jacob Zuma veronderstel is om sy staatsrede te begin lewer.

“Dit ontwrig die media se werk aangesien joernaliste hul selfone gebruik om inhoud en foto’s aan hul kantore te stuur en om inligting op Facebook en Twitter te laai,” het Mthatha Tsedu, uitvoerende direkteur van Sanef, gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die parlement se leierskap om onmiddellik die besluit te heroorweeg in belang van ʼn demokratiese parlement wat die hoeksteen is van ons demokrasie.”

Talle joernaliste wat die staatsrede bywoon het op Twitter gekla dat hulle nie selfoonsein het sodra hulle die Nasionale Vergadering binnegaan nie. LP’s het ook hul misnoeë te kenne gegee oor die beweerde blok van selfoonsein.

Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, het die volgende getwiet:

Tsedu het gesê indien die parlement nie die selfoonsein weer beskikbaar maak nie, dit op sensuur sal neerkom.

Daar is intussen ook kommer dat die parlement sy regstreekse uitsending van die staatsrede sal onderbreek indien daar chaos in die parlement uitbreek, soos wat verlede jaar gebeur het. Tsedu het gesê Sanef het reeds met die parlement hieroor vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.