Staatsrede vanjaar in Kaapstadse stadsaal gelewer

Die Kaapstad-stadsaal. (Foto: Maroela Media)

Pres. Cyril Ramaphosa sal sy staatsrede op 10 Februarie in die Kaapstadse stadsaal lewer.

Dié besluit volg nadat ’n verwoestende brand Sondag enorme skade aan die parlementêre kompleks in die Moederstad aangerig het.

Die gebou wat die Nasionale Vergadering huisves en waar die staatsrede gewoonlik gelewer word, is ook deur die vlamme beskadig.

Dit het die parlement genoodsaak om ’n alternatiewe plek te vind om hierdie belangrike geleentheid op die parlementêre kalender aan te bied.

Die parlement sê in ʼn verklaring dat die stadsaal ʼn geskikte perseel is wat sy infrastruktuur en kapasiteit betref, maar ook as gevolg van die gebou se historiese betekenis.

“Die stadsaal is die eerste plek waar die stigterspresident van ons demokratiese Suid-Afrika, oudpres. Nelson Mandela, die nasie ná sy vrylating uit die tronk op 11 Februarie 1990 met Ramaphosa aan sy sy toegespreek het.

“Op 9 Mei 1994 het wyle aartsbiskop Desmond Tutu Mandela op dieselfde balkon aan duisende jubelende Suid-Afrikaners voorgestel ná sy verkiesing in die Nasionale Vergadering as die eerste demokratiese president.”

ʼn Standbeeld van Mandela pronk ook voor die stadsaal, wat in 1905 gebou is.

Die parlement sê in die verklaring voorts dat die besluit om die staatsrede buite die Nasionale Vergadering te hou ook in ooreenstemming met die gesamentlike reëls en voorskrifte van die parlement is. Dit bepaal dat ʼn gesamentlike sitting daar gehou mag word. Daar sal ook aan alle voorskrifte voldoen word.  “Die voorsittende beamptes sien uit na ʼn suksesvolle staatsrede.

“As Suid-Afrikaners is ons veerkragtige mense en het ons baie probleme in die verlede oorkom. Daarom sal ons uit hierdie as opstaan ​​en herbou, herstel, vernuwe en vorentoe marsjeer in ons voortdurende poging om ’n demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese, verenigde en welvarende samelewing te bou waarna ons almal streef.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

SlinkseKoljander ·

En oor n paar jaar vanuit n shack in Khayelitsha

Deon ·

En dan natuurlik word daai kaya dan vir n lekker pakkie ook sommer gehuur. Klomp clowns

Arno ·

Dalks brand hy ook nog af binnekort, seker ook geen instandhouding gedoen nie.

Arno ·

Dan waar was die instandhouding van die DA met die parlements gebou?

Samuel ·

Dalk het die ANC kaders hulle oë op die vernietiging van die Kaapse Stadsaal. Wie weet? Alles moet brand.

Willem ·

“As Suid-Afrikaners is ons veerkragtige mense” en “ons sal uit hierdie as opstaan en herbou”. Die mense wat die land opgebou het word uitgevloek en tot derde klas burgers gereduseer. Die plunderaars, branbstigters en afbrekers gaan nou herbou? Soos altyd is die grootpratery baie maar my oupa het gesê: Talk is cheap. Laat ons sien hoe hierdie onbevoegde klomp skelms die gemors wat hulle in dié land aangerig het reg maak. Moenie asem ophou nie…

Deon ·

BAIE MOOI!!!! Uiteindelik is een van die GROOTSTE probleme in Suid Afrika oorkom, ons het n plek vir die president om sy staatsrede te hou. Sou nou kan die regering uit hulle paniek uit kom want die is mos nou nie meer n probleem nie. Ek klap hande en dans jubelend rond…… Waarom was hierdie onderwerp nou so baie in die nuus? Daar is derduisende geboue en sale en staats konferensie kamers waar dit in gehou kan word maar hulle gaan aan asof die hele land afgebrand het en daar glad nie meer n skadu kol oor is nie….. Pleks hulle oor ware aangeleenthede wat die wel en wee van ons burgers beinvloed bekommerd is. Soos bv kriminele wat ons staats geboue afbrand.

Willem ·

Hiers vir jou n pakkie vuurhoutjies en n liter petrol. Begin solank.

piet ·

My Nuwejaarshoop is dat hierdie klomp suur, negatiewes tog net ‘n geleentheid kry in hierdie jaar om die land te verlaat. Grote genugtig, van sulke suurgat negatiwiteit het ek in my lewe nog nooit gesien nie. Sies man, dis ‘n sonde om so negatief te wees.

Marius ·

Die laaste paragraaf is baie ver vanaf die waarheid verwyder…

Jaco ·

Wat nou van die standbeeld van die Britse Koning Edward VII voor die stadsraal? Dis immers Britse kolonialisme wat die basis gevorm het vir latere jare se apartheid.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Presies! Puik gestel! Skerp soos ‘n skeermeslemmetjie!

JohanR ·

Soos ek die voorkant van die Stads Saal ken,se ek maar in Engels “come in throught the back entrance!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.