Staatsrede word uitgestel

parlement-wikimedia-commons

Die parlementsgebou in Kaapstad. Foto: Wikimedia.org

Die staatsrede wat Donderdagaand gelewer sou word, is tot verdere kennisgewing uitgestel.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het die aankondiging Dinsdagmiddag voor die parlement gemaak. Volgens Mbete het die parlement gereed gemaak om ʼn versoek aan pres. Jacob Zuma te rig om die staatsrede uit te stel, toe hulle verneem het dat Zuma glo reeds in die proses was om dieselfde te doen.

Mbete het gesê ʼn nuwe datum sal binnekort bekend gemaak word. Sy het vroeër Dinsdag met die hoofswepe van politieke partye vergader.

Verskeie opposisiepartye het reeds vroeër versoek dat die staatsrede uitgestel word en dat Zuma nie die staatsrede lewer nie. Die EFF het versoek dat ʼn mosie van wantroue in Zuma voor die staatsrede bespreek word. Mbete het op Malema se versoek gereageer en gesê die mosie is vir 22 Februarie geskeduleer.

Volgens Mbete is daar op dié datum besluit weens die Nasionale Vergadering se program, ingesluit die staatsrede, die debat wat daarop volg en die begrotingsrede op 21 Februarie. Dit is in die stadium nie duidelik of die mosie nou vir vroeër geskeduleer sal word nadat die staatsrede uitgestel is nie.

Malema het gesê indien Mbete nie die mosie skeduleer nie, sal die EFF geen ander keuse hê as om die saak tydens die staatsrede te opper nie.
Die nuutste verwikkelinge volg nadat Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag bevestig het dat Zuma se toekoms in diepte bespreek is tydens gister se vergadering van die party se nasionale werkkomitee (NWK).

Die saak is toe na die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verwys om ʼn besluit te neem. Die NUK vergader Woensdag in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Daan Erasmus

Die Chinese het ‘n vloek wat hul oor jou uitspreek. May you live in interesting times. Voorwaar lewe ons in interessante tye. Dit is die begin van iemand se einde

Basjan

‘n Kat-en-muis speletjie op sy beste.

Riëtte

Moet hy nou soos sy maaitjie in die noorde deur die generaals verwyder word??!!
Vang die skimp broer, ons soek jou nie meer in die nr1 stoel nie.
Pak jou tassies en gaan tree af langs jou vuurpoel.

Pierre

Was dit te wagte of is JZ besig met troefkaarte. Wat is die impak op die land se stabiliteit en gaan dit effek he op die Rand se waarde. Is JZ dalk besig om te kyk of hy tog maar stil sal uittree sodat CR kan aangaan en dalk te red wat daar te redde is, nie net om die ANC weer kredietwaardig te maak nie maar ook SA self. Daar is sekerlik baie vra maar ek moet se daar was reeds verlede week fluisterings dat dit gaan gebeur. Hoop nie dat hierdie dalk wel tot konflik gaan uitloop tussen… Lees meer »

Casper Labuschagne

So al asof die Me. Madam Speaker daar op die podium haar kop so effens laat sak en bo-oor haar bril loer terwyl sy aan ene Jacob sê, “You are not recognised.”