Staatsrede word uitgestel

parlement-wikimedia-commons

Die parlementsgebou in Kaapstad. Foto: Wikimedia.org

Die staatsrede wat Donderdagaand gelewer sou word, is tot verdere kennisgewing uitgestel.

Baleka Mbete, speaker van die parlement, het die aankondiging Dinsdagmiddag voor die parlement gemaak. Volgens Mbete het die parlement gereed gemaak om ʼn versoek aan pres. Jacob Zuma te rig om die staatsrede uit te stel, toe hulle verneem het dat Zuma glo reeds in die proses was om dieselfde te doen.

Mbete het gesê ʼn nuwe datum sal binnekort bekend gemaak word. Sy het vroeër Dinsdag met die hoofswepe van politieke partye vergader.

Verskeie opposisiepartye het reeds vroeër versoek dat die staatsrede uitgestel word en dat Zuma nie die staatsrede lewer nie. Die EFF het versoek dat ʼn mosie van wantroue in Zuma voor die staatsrede bespreek word. Mbete het op Malema se versoek gereageer en gesê die mosie is vir 22 Februarie geskeduleer.

Volgens Mbete is daar op dié datum besluit weens die Nasionale Vergadering se program, ingesluit die staatsrede, die debat wat daarop volg en die begrotingsrede op 21 Februarie. Dit is in die stadium nie duidelik of die mosie nou vir vroeër geskeduleer sal word nadat die staatsrede uitgestel is nie.

Malema het gesê indien Mbete nie die mosie skeduleer nie, sal die EFF geen ander keuse hê as om die saak tydens die staatsrede te opper nie.
Die nuutste verwikkelinge volg nadat Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Dinsdag bevestig het dat Zuma se toekoms in diepte bespreek is tydens gister se vergadering van die party se nasionale werkkomitee (NWK).

Die saak is toe na die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verwys om ʼn besluit te neem. Die NUK vergader Woensdag in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die Chinese het ‘n vloek wat hul oor jou uitspreek. May you live in interesting times. Voorwaar lewe ons in interessante tye. Dit is die begin van iemand se einde

Riëtte ·

Moet hy nou soos sy maaitjie in die noorde deur die generaals verwyder word??!!
Vang die skimp broer, ons soek jou nie meer in die nr1 stoel nie.
Pak jou tassies en gaan tree af langs jou vuurpoel.

Pierre ·

Was dit te wagte of is JZ besig met troefkaarte. Wat is die impak op die land se stabiliteit en gaan dit effek he op die Rand se waarde. Is JZ dalk besig om te kyk of hy tog maar stil sal uittree sodat CR kan aangaan en dalk te red wat daar te redde is, nie net om die ANC weer kredietwaardig te maak nie maar ook SA self. Daar is sekerlik baie vra maar ek moet se daar was reeds verlede week fluisterings dat dit gaan gebeur. Hoop nie dat hierdie dalk wel tot konflik gaan uitloop tussen die Zuma Faksies nie, my veiliheid is baie meer werd.

Casper Labuschagne ·

So al asof die Me. Madam Speaker daar op die podium haar kop so effens laat sak en bo-oor haar bril loer terwyl sy aan ene Jacob sê, “You are not recognised.”

Antjie ·

Mooi! Dit skep tyd om die mosie van wantroue Donderdag aan te hoor.

Seeklong ·

Hy kan nie meer stort nie…..daar is nie water nie…..

Hendrik ·

SOANC – State of ANC is nie meer so goed nie. Daar is natuurlik ook ‘n gerug dat die 2019 verkiesing vervroeg kan word en dit sal natuurlik die opposisie partye benadeel. Komons kyk…

Basjan ·

Hendrik, ek dink jy het ‘n goeie punt daar beet. ‘n Vervroegde verkiesing sal almal se kaarte deurmekaar skommel.

Alida ·

In Zim het die weermag oorgeneem en vir Bob verwyder. Ons weermag sal dit nie doen nie want Brian Molefe is mos nou ‘n grootkop daar.

WIE IS JULIUS ·

Hoekom op AARDE is MALEMA die enigste een wat hierdie hond swaai? EK kan nie glo nie, so ‘n klein partytjie wat met almal alliances moet vorm net om gehoor te word maar hy spoel elke dag sy mond uit, dan oor die wittes, dan oor Zuma, dan oor Cyril Ramaphosa, regtig gee die media hom nie te veel krediet nie? Wat as die media EEN hele week geen aandag aan hom gee nie? Geen van sy toesprake uitsaai nie? Hy is ‘n moeilikheidmaker van formaat en die SA Media kan nie wag om sy stories te beeldsend nie.

Casper Labuschagne ·

Reg van die begin af was Julius feitlik uitsluitlik die skepping van die media en dit duur steeds voort.

Lolla ·

En dis nou hoe hulle maak as hulle die land en burgers op die hart dra?

PJC ·

Ek dink almal in SA hou hierdie fyn dop om te sien wat gaan gebeur. Ongelooflik dat JZ so lank kan kat en muis speel met ń hele land en sy regstelsel.

Werner ·

Hier kom Holomisa se burger oorloggie waarvoor ons nie bekommerd hoef te wees nie

Eddie ·

Glo my , Zumpie het nog ‘n hele paar hase in die hoed ! As hy die Land kan uitoorlê nog te meer dieANC !!

zoom zoom ·

Ai Ai nou moet ek my bier en biltong wat ek spesiaal gekoop het om te geniet terwyl ek na die jaarlikse SONA komedie kyk maar oorhou vir die impeachment sessie. Het so uitgesien na die geveg tussen die rooi oorpakke en die withemde.

Ada ·

Almal die grootste lot skelms
En almal hou vas want hulle is bang hulle kry nie meer n kaartjie vir die soustrein nie.Groot geskarrel om elkeen se plekkie te verseker sonder om vervolg te word
Dis soos die program Survival.Wie word volgende uitgevote?

Hennie ·

Solank die ANC hulle self as belangriker as die LAND stel sal niks verander nie , dis sedert Mandela al hulle leuse, ANC eerste dan SA.

Wonder ·

Terwyl ek nou so die dinge lees, kom daar ‘n liedjie by op my:
Wie is wie, wie’s die baas en wie’s die hond? Nou wonder ek maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.