Staatsveiligheid distansieer hom van ‘wilde bewerings’ teen ANC-LP

Dr. Xiaomei Harvard (Foto: Xiaomei Harvard/Facebook)

Die adjunkminister verantwoordelik vir staatsveiligheid in die presidensie distansieer hom van “wilde bewerings” teen Xiaomei Havard, ʼn ANC-LP.

“Die agentskap neem kennis en neem aanstoot teen die News24-artikel dat hulle in besit is van ʼn SSA-verslag dat Havard waarskynlik vir China spioeneer,” het adjunkminister Zizi Kodwa in ʼn verklaring gesê. “Die agentskap distansieer homself van dié kwaadwillige vals nuus wat deur die mediaplatform versprei word met bymotiewe om die integriteit van die agentskap te diskrediteer en te ondermyn.”

Hy sê die agentskap is bewus van inligting wat doelbewus deur gewetenlose lede en eksterne ondermynende magte versprei word om die integriteit van die agentskap skade te berokken.

“Die agentskap word bestuur deur die Wet op Intelligensiedienste en die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie. Dié wetlike instrumente is ontwerp om nie net die mandaat van Intelligensie uit te stippel nie, maar ook om sy integriteit en dié van sy burgers te bewaar en te beskerm. Ons veroordeel dus ten sterkste die aanval op die integriteit van me. Havard en die kwaadwillige uitbeelding van die Chinese regering as vyandig jeens Suid-Afrika se nasionale sekuriteit.”

Kodwa sê Havard, net soos enige ander Suid-Afrikaner, is geregtig op die regte in die Handves van Menseregte soos wat dit in die Grondwet vervat is. “Suid-Afrika geniet ʼn vriendskaplike verhouding met China wat gebou is deur solidariteit, vertroue en menswaardigheid oor jare se probleme in Suid-Afrika en die kontinent. China bly een van die belangrikste ontwikkelingsvennote van Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Willem ·

Baie beslis baie verdàg!!!China besit lankal hierdie korrupte land!!!!!

Pieter ·

Het dit nog altyd gese en ek sal dit weer se n kommunis word skelm gebore. Kyk maar net hoe gaan dit hier in anc land.

Pieter ·

Ek weet van ander blanke hoogs gekwalifiseerde persone in die Staatsdiens met dubbele burgerskap wat geen senior aanstelling en bevordering ontvang nie. Duidelik is sy in die parlement om Chinese belange te dien, op aandrang van die Chinese.

Theuns ·

ramaposa se aanstelling… laat jou dink

wie gee nou instruksies na guptas weg is?

Phil ·

Julle moet bietjie gaan kyk wat doen die chinese in Angola, Mosambiek en baie ander plekke in Afrika. Dis afkuwelik en skrikwekkend. Hulle vernietig die natuur en gee net vir hulle eie mense werk.
Let op Suid Afrika, die nuwe kolonialiste is oppad.

Theuns ·

Hul is reeds hier en KUBANE wat voorkeur kry en Nigerieers …. noem op… is alle minsters en adjunkte suid afriakaans gebore?

christo ·

Die SVA en ander intelligensie entiteite het nie ‘n idee wat hulle doen en wat hulle moet doen nie. Militêre Intelligensie is al in die negentigerjare deur FW sê Klerk, op aandrang van Nelson Mandela, gekastreer. MI het by oorbeeld nie ‘n idee wat plaasvind in die Cabo Delgado provinsie in Mosambiek nie. Beide Militêre Intelligensie asook die polisie se Misdaad Intelligensie maak baie staat op die media vir inligting.

Adelaide ·

Ag nee wat, China hoef net te vra dan kry hulle al die inligting – bedmaatjies vir lank.

Barney ·

Tiepies propaganda tegniek van die anc en Tencent. Maak aantuigings in die nuus wat waar is, gil dan dis fals en laat die publiek dink die feit dat ń rou tjienese vrou van tjiena wat nie eers kan Engels praat nie en nie ń landsburger is nie bevoeg is om ń minister te wees en te spioeneer vir die tjienese.

Kobus ·

Ons het al geleer / gesien dat die joernaliste baie min verkeerd was.Hulle ondersoeke is beter as SAPD en al die ander rade wat veiligheid moet ondersoek.Hoe se ons agbare president ” watch this space”

Hennie ·

Vinnig op die vrot agterpote… Onthou asseblief dat al die ANC LP’s engele is, swartgallig, maar engele!

Theuns ·

Enige iemand wat wonder wie ramaposa beheer, nes guptas, het hul antwoord. Hy stel mos MP’s aan en hoofde van mislukkende SOE’s… die vis vrot van die kop af. Steeds.

Fran ·

Watter staatgeheime? Wat ‘n grap! Die Chinese weet meer van ons land as die burgers self!

JohanR ·

Wat maak ‘n Chinese in alle geval in die diens. Is daar Russe ook in die diens? In alle geval dit is maar net nog ‘n nuttelose ANC diens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.