Stad beraam planne om Pta-haweloses te beskerm

pretoria-jakaranda-stad-sa-tourism-flickr-com

Pretoria. Argieffoto: SA Toerisme/Flickr.com

Die Stad Pretoria is dringend besig om maniere te vind om hawelose mense in die Jakarandastad te beskerm te midde van sprake van ’n “reeksmoordenaar” nadat vyf liggame van hawelose mense in die afgelope weke gevind is.

Luidens ’n verklaring wat Donderdag deur die Stad uitgereik is, het Sakkie du Plooy, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskap en maatskaplike ontwikkelingsdienste, Woensdag verskeie hawelose mense in die stad ontmoet en die moontlikheid bespreek om van die Stad se eiendomme in skuilings vir dié weerlose groep mense te ontwikkel.

Tot dusver het die Stad, onder leiding van burgemeester, Stevens Mokgalapa, twee eiendomme geïdentifiseer wat waarskynlik as skuilings vir hawelose mense kan dien.

“Terwyl ons erken dat daar nog baie gedoen moet word om die toestand van die haweloses te verbeter, het die Stad reeds belangrike vordering gemaak met verskeie inisiatiewe wat daarop gemik is om die situasie te verbeter,” lui die verklaring.

Dit sluit in ʼn beleid wat in die finale stadium van goedkeuring is. Dié beleid behoort leiding te gee oor hoe om die situasie vorentoe te hanteer, het Du Plooy gesê.

Die Stad het ook vir die eerste keer ʼn spesifieke bedrag vir die volgende finansiële jaar begroot wat spesifiek aan die versorging van hawelose mense bestee sal word.

“ʼn Bedrag van R5 miljoen is opsy gesit om huidige skuilings op te gradeer en maatreëls te ondersoek vir die ontwikkeling van meer skuilings vir haweloses. Ons is ook op die punt om ʼn ooreenkoms met ʼn betroubare nie-winsgewende organisasie te sluit wat ons sal help om die skuiling by Strubenstraat no. 2 vir haweloses te bestuur,” het Du Plooy gesê.

Hy verduidelik dat dit egter nie ʼn eenvoudige taak is nie aangesien dié strukture eers opgradeer moet word sodat dit veilig is vir verblyf. Sekuriteit moet ook by dié skuilings opgeskerp word en oudits moet gedoen word om te verseker dat diegene wat deur die skuiling geakkommodeer word, werklik haweloos is.

Luidens die verklaring sal die stad streng maatreëls implementeer sodat opsigters wat dié skuilings moet bestuur ook nie hawelose mense uitbuit nie.

Du Plooy het ʼn beroep op ander regeringsdepartemente en die private sektor gedoen om werk, verblyf en kos aan dié weerlose groep wat tans bedreig word, te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pvt ·

Weet ook wat dit is sonder dak te wees agv sekere skelms in SA en soos Psalm 116:10-17 se wie kan jy vertrou.
Bid en vertrou op die Here. Net Hy kan ons red. God is enigste vertroueling… sterkte… dit is nie maklik buite nie…wens ek kon help…

Jerry B ·

Die Bybel se jy mag nie moor nie so ongeag wie jy is. Dit gebeur agv swak Polisie mag.

Poot ·

Hahaha… wil graag sien hoe vêr bring R5mil hulle vir opgradering met die korrupsie. Dis sal seker die plumber betaal.

piet piet ·

Goeie gebaar,die mense word gereeld in Kameelfontein en onderstepoort aangeval ek wonder of die raad een metro polisie voertuig daar ontplooi het om te patrolleer, ek hoop die DA stemmers neem kennis van hierdie onregverdigheid van hulle party as dit by die minderhede kom.

Johanna Botha ·

Waneer word die res van die land se mense beskerm ? ? Belasting betaalers ….halllooo ! !

PJC ·

Moet daar nou eers landwyd van hierdie mense vermoor word voordat munisipaliteite hulle pligte nakom. Sommige van hierdie haweloses skep oneindige probleme in die omgewings waar hulle is en plaaslike regerings doe niks om die probleem aan te spreek nie.

Jaco ·

Al gewonder of Al die Krugersdorp moordenaars werklik gevang is.
Wie ookal die doen is daarop uit om n punt tebewysmaarwatkan dit wees?

Jaco ·

Ons boere le ook elke nag in dieselfde vrees en slaap. Dink maar net dit is belangrik om te se………………

Frm ·

Sjoe dit klink na n reuse projek en dit is seker hkm dit nooit voorheen aangepak is nie. Wat weereens n bewys is van ons Christenskap praat en min doen. Sterkte vir almal hierby betrokke. Dit vat n spesiale mens om haweloses te bedien en te versorg.

Hannes ·

Waarom word daar nie so gou gereageer om die boere wat so uitgemoor word te beskerm nie?

Thinus ·

Omrede die boere wit is dat hulle nie so gou spring om ‘n taakspan saam te stel nie, maar vermoor 5 swartes dan is hulle oorgretig. Dis hoe hierdie rassistiese regering mos werk.

Db ·

Wonder ek nog altyd. Waar is hierdie mense se familie of is hulle ook daar uitgeskop en hoekom?

wielie ·

Moordenaar ………. jou plan het gewerk! NOU word daar planne gemaak en geld gegee vir hawelose mense. Gaan nou na n ander dorp en gaan voort met jou moord sodat daar ook vir daardie hawelose mense gehelp kan word.

Anoniem ·

Wat ek nie verstaan nie hoekom 5 mense eers vermoor voordat iemand wakker word julle moes lankal die mense ge help het en ophou om geld op julle self te spandeer.

ZeeBee ·

Nee wat, nou het ek alles gehoor, ek is jammer oor die haweloses wat ook wreed vermoor is , maar…………. nou moet ons vir hulle ook nog betaal. Dit is een siek spul. Elke dag se moorde, plaasmoorde , man enige moorde en skielik word R 5 milj op sy gesit om skuilings op te gradeer. as hulle eerstens hulle vingers uittrek en beging werk, sal hulle nie haweloos wees nie.

charmaine ·

Ons regering kan nie eers hospital en skole opgradeer of instand hou nie wat al daardie wit manne is gefire na 94 hoe gaan hulle nog sulke geboue en instansies instand hou. Strukture word afgebreek en verkoop.

Anita ·

Vyf hawelose mense word vermoor en die hele stad is op hol en 5miljoen word opsy gesit, hoeveel plaasmoorde vind jaarliks plaas – Ek vra maar net.

GM ·

Ek kry hawelose-mense jammer, maar dit gaan nie help om als vir hul verniet te gee nie. Dit moet ‘n gee-en-neem transaksie wees. Laat die mense iewers bly, en help hul om hul eie kos en klere te produseer ens. As hul nie wil saamwerk nie, dan moet hul uitgeskop word. Elkeen moet verantwoordelikheid neem vir hul eie lewe. Dit gaan ook nie help om ‘n fooi te vra vir skuiling nie, dan gaan staan meeste van hul net op die straathoek en bedel om by die skuiling te kan slaap. En môre herhaal die patroon homself weer. Mense wat geld vir haweloses op straathoeke gee, besef nie dat hulle die mense op straat hou nie, want hoekom sal hul probeer om uit hul omstandighede te kom deur hard te werk as mense net sal gee-gee-gee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.