Beamptes van die Stad Kaapstad deel pakkies aan mense uit om te help om hul huise te begin herbou ná verlede week se brand in die Silver Town-nedersetting in Khayelitsha.
Die Stad het in ʼn verklaring gesê ná omvattende assessering kan die Stad se risikobestuursentrum bevestig dat 342 strukture vernietig en 1 355 mense dus ontwortel gelaat is.
Die Stad het teen Sondag gesê nooddienste is steeds op die toneel, die departement van informele nedersettings deel pakkies uit en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal aanhou verligting bied.
Luidens die verklaring word daar konstant skenkings gedoen by die Khayelitsha-brandweerstasie.
Die Stad het in dieselfde asem gesê dat daar Saterdagaand ook ʼn verwoestende brand in die Kosovo-nedersetting in Philippi was wat 120 strukture vernietig en 1 400 mense geraak het. Die Stad is nog besig om die skade te bepaal.
Mmusi Maimane, leier van die DA, het vroeër Sondag vir joernaliste in Johannesburg gesê dat die DA se openbare verteenwoordigers vandeesweek heeltyd betrokke sal wees by die herbouing.
“Matriekleerders wat eksamen skryf, sal voorrang geniet om te verseker dat die departement van binnelandse sake hulp verleen met die vervanging van ID-dokumente en geboortesertifikate,” het Maimane gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
…. vervanging van ID-doks en geboortesertifikate… Hoekom het mens geweet dit gaan ten laaste opduik. Mmusi is nog een wat glo die Stad-Kaapstad-beursie is eintlik ‘n manjefieke Sesami-grot… alles vir sy welluidende bulderende stem… Spaar ons uit!
Hoekom doen die munisipaliteit nie die moeite en kry iemand wat kan dink, om die mense raad te gee nie, hou ver om die strukture van mekaar te bou ens om hierdie brande te voorkom. Die syfers vir Khayelitsha klink nie so lekker nie. 3.96 mense per struktuur en Philippi 11.66 mense per struktuur?
Kan die DBV GROOT asseblief gaan diere red. Asseblief asseblief daar sal definitief honde wees wat dringend hulp moet kry!
As die patetiese regering die geld wat beskikbaar was gebruik het om na die land om te sien , instede van saam te help plunder sou elke een ‘n ordentelike huis gehad het . Nou is daar niks anders oor as ‘n armsalige ashoop sonder enige hoop op vooruitgang of herstel nie . Dit geld vir alles in die hool wat hulle geskep het.
En so is dit weer die kolonialiste wat skenk en help ……