Stad help inwoners ná verwoestende brand

Die verwoestende brand in Khayelitsha. Foto: ANA.

Beamptes van die Stad Kaapstad deel pakkies aan mense uit om te help om hul huise te begin herbou ná verlede week se brand in die Silver Town-nedersetting in Khayelitsha.

Die Stad het in ʼn verklaring gesê ná omvattende assessering kan die Stad se risikobestuursentrum bevestig dat 342 strukture vernietig en 1 355 mense dus ontwortel gelaat is.

Die Stad het teen Sondag gesê nooddienste is steeds op die toneel, die departement van informele nedersettings deel pakkies uit en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) sal aanhou verligting bied.

Luidens die verklaring word daar konstant skenkings gedoen by die Khayelitsha-brandweerstasie.

Die Stad het in dieselfde asem gesê dat daar Saterdagaand ook ʼn verwoestende brand in die Kosovo-nedersetting in Philippi was wat 120 strukture vernietig en 1 400 mense geraak het. Die Stad is nog besig om die skade te bepaal.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het vroeër Sondag vir joernaliste in Johannesburg gesê dat die DA se openbare verteenwoordigers vandeesweek heeltyd betrokke sal wees by die herbouing.

“Matriekleerders wat eksamen skryf, sal voorrang geniet om te verseker dat die departement van binnelandse sake hulp verleen met die vervanging van ID-dokumente en geboortesertifikate,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

John ·

…. vervanging van ID-doks en geboortesertifikate… Hoekom het mens geweet dit gaan ten laaste opduik. Mmusi is nog een wat glo die Stad-Kaapstad-beursie is eintlik ‘n manjefieke Sesami-grot… alles vir sy welluidende bulderende stem… Spaar ons uit!

Diefie ·

Hoekom doen die munisipaliteit nie die moeite en kry iemand wat kan dink, om die mense raad te gee nie, hou ver om die strukture van mekaar te bou ens om hierdie brande te voorkom. Die syfers vir Khayelitsha klink nie so lekker nie. 3.96 mense per struktuur en Philippi 11.66 mense per struktuur?

Realis ·

Is maar baie dieselfde as hier by PlasticView in Pta. Waarskynlik ook nie veel minder as 15/struktuur nie.

Ruimtemannetjie ·

So gemiddeld 11 mense woon in eenvertrek strukture? Staan hulle regop en slaap? Of kom daar maar net ‘slagoffers’ by vir die ‘hand outs’?

Tammy ·

Kan die DBV GROOT asseblief gaan diere red. Asseblief asseblief daar sal definitief honde wees wat dringend hulp moet kry!

marous ·

As die patetiese regering die geld wat beskikbaar was gebruik het om na die land om te sien , instede van saam te help plunder sou elke een ‘n ordentelike huis gehad het . Nou is daar niks anders oor as ‘n armsalige ashoop sonder enige hoop op vooruitgang of herstel nie . Dit geld vir alles in die hool wat hulle geskep het.

wonder ·

En so is dit weer die kolonialiste wat skenk en help ……

Santie ·

Volgens my huishulp het daar weer groot getalle ingestroom uit die res van die land tydens en ná die skoolvakansie. Die mense wat reeds hier in die Kaap is, gaan “land toe” en bring nog familielede saam. En dit gebeur glo ook dat hulle self brand stig, want dan kry hulle nuwe materiaal vir huise.

Tammy ·

Dit is so dat die duisende onwettige immigrante net hierheen stroom vir oorlewing. Alles word verniet vir hulle gegee en die wat werk doen dit teen n inkomste wat nie oorlewing regverdig nie. Die gevolg is dan misdaad. Stuur die mense terug na hulle land van herkoms en as hy weer hier betrap word straf hom dienooreenkomstig. Ons eie mense leef in haglike omstandighede omdat ons ander lande se deurtrekkers huisves , kos en werk gee….Hulle vernietig alles in hulle eie land en kom teer hier op SA. Die foto van verwoesting is skokkend, maar so onnodig. As die regering jare gelede standpunt teen immigrante ingeneem het, het ons eie landsburgers werk gehad en n beter lewe. Daar sou minder moorde en minder misdaad gewees het wat ons miljoene per jaar kos.

PJC ·

Ek dink hierdie ding is besig om hand uit te ruk. Hierdie mense maak net soos hulle wil en dan breek daar brande uit. Elke keer moet die belastinbetaler opdok vir die skade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.