Stad Kaapstad besorg oor laksheid oor Covid-19

Argieffoto (Foto: Fernando Zhiminaicela/Pixabay)

Stad Kaapstad se departement van gesondheid het ʼn toename aangemeld in gevalle van nienakoming aan Covid-19-protokol.

“Ons omgewingsgesondheidpraktisyns is veral besorg oor die getal mense wat in die publiek verskyn sonder maskers en skarebeheer in winkels, winkelsentrums en openbare geriewe,” het Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en gesondheid, in ʼn verklaring gesê.

“Kaapstad het baie hard gewerk om die piek van die pandemie te oorkom sodat ons daarop kan fokus om weer ons lewensbestaan, gemeenskap en die ekonomie te herbou. Al hierdie werk sal ongedaan gemaak word indien ons nie op ons hoede bly nie.”

Badroodien sê alhoewel gevalle van en Covid-19-verwante sterftes die afgelope maand beduidend afgeneem het, kan inwoners nie nou hulle gedrag verander nie.

“Ek hoor te veel stories oor hoe die pandemie iets van die verlede is. Dit is nie waar nie. Veral nie as mens kyk na die talle lande waar die afsonderingsperiode weer ingestel moes word weens ʼn tweede golf infeksies nie.”

Kaapstad en Suid-Afrika moet kennis neem van dié waarskuwings en alles in sy vermoë doen om die risiko van ʼn tweede golf te voorkom.

Die koers van positiewe gevalle in die metro bly tans stabiel onder 10%. “Ons monitor dié syfers vir enige teken van bykomende gevalle. Ons maan dus die publiek om steeds te voldoen aan gesondheid- en higiëneprotokol en om altyd ʼn masker te dra in die publiek sodat ons ʼn tweede golf van infeksies kan voorkom, of ten minste die impak daarvan kan verlig.”

Doeltreffende en gereelde was van hande, die dra van maskers en sosiale distansiëring is steeds die beste protokol om die verspreiding van die virus te voorkom, het Badroodien bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Badroedien moet aangekla word vir misdaad teen die mensdom. Daar bestaan geen tweede golf nie, slegs die resultaat van fanatiese toetsing wat gevalle ontdek wat na bykans geen sterftes of selfs ongesteldheid lei nie. Tweedens word dit elke dag duideliker dat geen “beskermingsmaatreëls” op enige plek ter wêreld gewerk het nie. Derdens waarsku vooraanstaande neuroloë dat maskers die brein van suurstof ontneem wat kan lei na ‘n ongekende vlaag dementia.

Vriendelike Frikkie ·

Dit was die tweede golf wat die meeste lewens geneem het met die 1918 griep. Leer uit die geskiedenis uit. Asseblief.

Dries ·

Ja Jan, tot een van jou geliefdes sterf van Covid omdat iemand met vuil hande en geen masker in hulle gesig gehoes het. Soos Frikkie se, raak asseblief ingelig.

christo ·

Ek werk daagliks by ‘n township skool. Ons het al ons dae om kinders te kry om hulle maskers te dra. Danksy die wonderlike ANC regering is daar boggerol wat aan hulle gedoen kan word. Hulle is mos ‘ untouchable ‘. Die ‘kroonwild’ sou my pa gesê het. Die sogenaamde second wave gaan in die townships begin en oorspoel. Swak selfdissipline en die slapg*t gemeenskap is die oorsaak.
Daar vind nou geen polisiëring plaas nadat die weermag ontdek is.

Mariana ·

Ongelooflik dat mense steeds nie gehoor gee aan die protokol nie. Teen die tyd moet almal mos weet hoe om hulself te beskerm. Die land kan nie nog ‘n “lockdown” bekostig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.