Stad Kaapstad vra ondernemings om strafregtelike sake oop te maak

Dié foto is wyd op sosiale media versprei oor betogings in Kaapstad se middestad op 26 Oktober 2016 (Foto via @helenzille, Twitter; Fotograaf onbekend)

Dié foto is wyd op sosiale media versprei oor betogings in Kaapstad se middestad op 26 Oktober 2016 (Foto via @helenzille, Twitter; Fotograaf onbekend)

Die Stad Kaapstad het ondernemings en inwoners versoek om strafregtelike sake aanhangig te maak teen studentebetogers wat motors beskadig en verskeie winkels Woensdag in die middestad geplunder het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê ses mense is in hegtenis geneem toe chaos tydens ʼn optog na die parlement uitgebreek het waar studente vir gratis hoër onderrig betoog het.

Hy het gesê vier van die betogers sal tereg staan op aanklagte van openbare geweld en twee op aanklag dat hulle ʼn polisiebeampte aangerand het.

“Die Stad Kaapstad se veiligheid- en sekuriteitsdirektoraat is bewus van een wetstoepassersvoertuig, vier metropolisievoertuie, twee polisievoertuie, een MyCiTi-bus, een privaat voertuig, ʼn onbekende getal Golden Arrow-busse en ʼn getal geboue in die parlementêre distrik wat deur betogers beskadig is.”

Duisende studente het deur die middestad geloop terwyl Pravin Gordhan, minister van finansies, sy mediumtermynbegrotingstoespraak gelewer het en aangekondig het dat ʼn bykomende R17 miljard oor die volgende drie jaar beskikbaar gemaak sal word vir tersiêre instansies.

Smith het gesê beeldmateriaal van die betoging sal gebruik word om oortreders te identifiseer en te vervolg.

Hy het gesê skoonmaakbedrywighede sal “so vinnig as wat hulpbronne dit toelaat”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

PMB ·

Hierdie is nie studente nie, hulle is geharde kriminele en moet daarvolgens vervolg word met die volle mag van die wet.

Pastoor ·

As n student so vernielsugtig is dan weet ek nie wats n stedelikke terroris nie. Geen respek vir niks. Hy word toegelaat.

C op C ·

Kinders moet van ‘n jong ouderdom geleer word dat ‘n bepaalde optrede ‘n bepaalde gevolg het. Dit moet konsekwent toegepas word .

Maria van Dieweeck ·

Te emosioneel vir selfbeheersing. Dit is n vreeslike dilema. Hoe kan dit verander? Miljoene mense wat tussen ons beweeg, sonder gewete of selfbeheersing…skrikwekkend!

Ahooy ·

WAT doen die SAPS??? SWAK bestuur!! Hulle is te BANG om op te tree. Die paar wat gearresteer is ,is n druppel in die emmer en bitter min van hulle gaan skuldig bevind word. Hierdie is al ANARGIE!! Salarisse en skade aan staatsvoertuie word uit die belastingbetaler se sak betaal !

Joos ·

……. en ek het nog nie een “Rasis” (Wit mens) gesien wat brand en afbreek nie of is ek nou blind?

Gideon ·

Ek wonder waar is die klomp libberale nou??? Julle gee kos en komberse en betaal belasting en kyk hoe word ons moederstad bemors!! Kan julle dink watse beeld word in die buiteland van ons gewys!! Ek sou beslis nie hier kom vakansie hou het nie!!

neelsie ·

Die gesig van die boef is op kamera ,arresteer hulle en laat die reg teen hulle optree.
Zuma se uitlating ,dat dit die verloop van die ‘demokrasie’ is ,is die bewys dat hy geen idee het wat in die land aangaan nie.
Totale anargie word veroorsaak deur die uiters swak regering van die Anc.
Wanneer ons die nuus lees ,is dit net opstande en n totale gemors .
Hoe doen die regering sy werk?
Hy regeer nie, dis net vure doodslaan(letterlik)

Linda ·

Moenie die polisie verkwalik nie. Hulle is bang vir ‘n herhaling van Marikana waar hulle onskuldig vervolg is.

Denise ·

Dit is skokkend om te sien hoe die studente net kan afbreek!!!!!! Dit kan nie so aangan nie wat van die mense wat net wil rustig lewe waar is hulle regte elke een het n reg om in rus en vrede te lewe waar voor lewe jy as dit jou nie beskore is nie??????? Geweld ,afbrand van geboue en beskadiging van eiendomme en aanranding van onskuldige mense is nie n oplossing nie !!! Hierdie situasie ruk nou hand uit die regering sal drasties iets moet doen !!!!

Johann ·

Beeldmateriaal sal gebruik word…hahableriha. Daars verskeie “beeldmateriaal” van Zuma en sy Zumaikies wat blatant LIEG en BEDRIEG en die land stukkend janter met hulle magsbehepte geldgierige politieke stoelkies; soos die “student” hulle navolg wanneer hy die polisie voertuig aanrand!!!!! Groot deel van Psigopatiese gedrag: aandag soek en show opsit!

Frederik ·

Zuma is reg as hy sê die parlement moet Pretoria toe skuif. In die Kaap is dit die laaste 2 jaar net ‘n ongerief vir wetsgehoorsame burgers.

Jean ·

Ek stem, laat hulle betaal. Alles gaan oor geld, ruk hulle sakke, die onnodige geweld en vernietiging van mense se eiendom wat niks met die saak te doen het nie is ongevraagd en onopgevoed. ERens moet iemand begin betaal vir die skade, hoekom moet dit altyd uit die onskuldige belastingbetaler se sak uit geruk word?

callie ·

Daar moet n manier wees dat die belastingbetaler kan weier om belasting te betaal as n regering so swak regeer. Hoekom moet belastingbetalers se geld gebruik word as polisie nie die barbare stop om alles te breek en te brand nie. Selfde met korrupsie. Hoekom kan die minister van die betrokke departement nie persoonlik aanspreeklik gehou word vir sulke skade nie. Tydens n betoging moet SAP besef dat alle skade van hulle salarisse afgetrek gaan word as hulle nie die wet en orde handhaaf nie. Waarborg daar sal baie beter en ernstiger opgetree word. Mense, as jy vensters uitslaan of iets brand is jy nie n mens nie. Dan het jy geen menseregte nie. Dan moet hulle jou met absolute geweld hanteer en toesluit

Christo Pienaar ·

Die studentegespuis protesteer ook net as dit tyd raak vir eindeksamen. Ek hou skool by ‘n sgde. NO FEE school skool. Die ‘arme’ leerders betaal vir niks maar waardeer ook niks en trek alles deur. Meeste van die ouers kan betaal want as hulle op uitstappies gaan is daar R200 note vir sakgeld. Dis hoogtyd dat kinders se ouers se inligting met die SAID vergelyk word om te sien wie lieg. Kom kyk hoe lyk so ‘n skool en dan weet jy hoe gaan die universiteite na 1 jaar lyk .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.