Stad kry interdik teen Kaapse Klopse

Die Kaapse Klopse se D6-groep in aksie tydens die bekende ‘Die Tweede Nuwe Jaar’-optog. Foto: Armand Hough/ANA

Die Kaapstad-metro het ʼn interdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof teen die Kaapse Klopse-groep, die Cape Town Minstrel Carnival Association (CTMCA), en sy medegroepe bekom.

Die stad sê hy moes hom noodgedwonge tot die hof wend omdat die CTMCA “voortgaan om nasionale wetgewing en die stad se bywette te verontagsaam”.

Volgens JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het die CTMCA al by minstens twee geleenthede byeenkomste sonder toestemming gehou en sonder toestemming toegang gekry tot stadsfasiliteite.

Een van die voorvalle het glo op 26 Januarie plaasgevind toe die vereniging ʼn byeenkoms in Ravensmead verlaat en hul pad oopgedwing het tot in die Belhar-sportterrein om daar ʼn onwettige byeenkoms te hou.

“Ons het gevolglik strafregtelike aanklagte teen Pot Stemmet en die raad van die CTMCA aanhangig gemaak,” sê Smith.

Hy sê ʼn soortgelyke voorval het verlede Saterdag plaasgevind toe die CTMCA weer probeer het om ʼn stadsfasiliteit in Rylands binne te dring.

Die Kaapse Klopse. Foto: Herman Gibbs/ANA

“Die vereniging is klaarblyklik trots op die feit dat hy die Wet op Veiligheid by Sport en Ontspanningsaktiwiteite verontagsaam, asook die Stad se regulasies vir byeenkomste. Die Stad het vantevore al verskeie kere probeer om hulle in ag te neem en te help, maar hulle gaan voort om in kwader trou hul bedrywighede te doen.”

Smith sê die interdik verbied die CTMCA om enige byeenkoms of funksies by enige plek in die Stad te hou sonder dat hy eers geskrewe regulatoriese toestemming verkry het om dit te doen.

“Duisende geleentheidsorganiseerders, onder wie die Klopse-raad in die stad, doen aansoek om permitte, voldoen aan al die vereistes en bekom dan permitte sonder probleme elke jaar – daar is geen rede hoekom die CTMCA dit nie ook kan doen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Andries Visagie ·

Duidelik gaan als nie so klop(se)disselboom soos wat daar voorgegee word nie!

Chris du preez ·

Smith , kry eerder n oplossing vir die probleem ipv om almal en alles te wil blokkeer en jou wil op almal af te dwing. Julle doen die DA oneindig baie skade aan.

Anoniem ·

Reels is reels en wette moet nagekom word! Die Klopse kan nie maar net maak soos hulle wil nie!

Cherokee ·

JP Smith is gif sê jy? Dink jy die DA is enigsins beter? Ek sou eerder die DA as gif beskou.

Fred ·

Ou JP…wanneer doen julle iets aan die taxi-mafia in die Kaap. Julle DA gaan pak kry by die stembus, want jul maak vyande met jul stemvolk.

Sanet ·

STEM SAAM…dat WÁT…vir een ou geld, vir ÁLMAL geld..!!! ??
NIÉMAND…is bó wette,regulasies en dissipline verhewe nie!!
SOMMER TWAK, dat elke kwak NET WIL DOEN WAT HY WIL!
AS..ék móét stadsreëls gehoorsaam en deur sekere prosedure’s gaan, dan kan álmal,finish-en-klaar,of jy dit nou like of dislike

John ·

… nee, reg is reg… Ons kan nie almal doen wat ons wil nie… of kan die manne nie skryf nie net teen die Kaap se wind blaas?

Johanna Botha ·

Altyd oortree en by geen reels hou nie ….hoe kan SA werk as dit so gaan !

Muffin ·

Die CTMCA se funksies en optogte is pragtig en nie n stropery en bande brand nie.
JP Smit spandeer eerder die fondse aan die probleme.

Hein ·

Die klopse doen hul ding vir meer as 100.jaar as ek dit nie mis het nie. Het destyds met die slawe begin. Nou wil die DA hulle stop want die klopse wil nie betaal nie. Hulle breek, brand of roof nie

Daan Erasmus ·

Die reëls geld vir almal. Gehoorsaam net die reëls en alles loop klopdisselboom. Maar as jy deur Tannie Patricia aangesê word om moeilik te wees gaan jy moeilikheid kry.

Donderstorm ·

Die kaapse klopse is deel van die kaap wat se snert is dit die kaapse klopse bestaan al jare dit is soos deel van hul kultuur en ja sien n sekere party gan baie minder stemme kry.

hercules ·

die DA gaan ‘n baie groot verassing kry met verkiesing!!

gatvol ·

Die klopse is geensins verhewe bo die reg nie. Laat hul die reels en regulasies nakom.

Se maar net ·

Hierdie ongehoorsaamheid is n anc manier om die inwoners teen die da op te sweep dis al.

corne ·

kaapstad word deur die DA beheer laaste wat ek van weet dus dit die DA se besluit

corne ·

Nes die ANC is die DA besig om als af te breuk net die begin die kyk maar DA sal ook als verwoes.Goeie move vir almal wat nog wonder vir wie om te stem DA jaag nog n klomp kiessers wel

PJC ·

Niemand wil die klopse stop nie. Hierdie groepe is egter so arrogant dat hulle dink hulle is bo die wet verhewe. Jy kan nie links en regs goed oopbreek om ander mense en instansies se persele te betree nie.

Markus ·

Dit sal net ‘n dwaas wees wat nou nog vir Da stem. Die Da spandeer miljoene in die laaste twee jaar om bruinmense in die howe te ondermyn terwyl ander groepe grondvergrype reglangs die Baden Powell pleeg, wat eens ‘n pragtige natuur reservaat was is nou ‘n scrap yard en die mannetjie spandeer miljoene om ons mense se genot weg te vat. Mitchells Plain se mense moes die wet in eie hande neem nadat die mense hulle strate onwettig blokkeer het brandende bande , waar was Jp Smith toe? Ek se weer ‘n bruinman wat nou nog vir Da stem is ‘n DWAAS!

Lekker ou Jan ·

Maar skape mag hul slag op Clifton sonder dat ‘n vinger verroer word…

Andrew ·

Dis tog jammer dat ‘n groep wat blydskap wou bring nou deur anti-DA ondersteuners gebruik word om onmin en wetteloosheid te saai. Verkiesings moreel kom hier na vore.

juba ·

Ek wou nog my krysie da trek, ma JP het dit nou veranner met sy planne.

Hennie ·

Net omdat JP Smith dikwels ter sprake kom beteken nie hy tree verkeerd op nie. As die klopse reels verontagsaam, moet hulle pak kry. Ons is siek en sat vir wanorde en mense wat maak net wat hulle wil, JP het 100% reg opgetree en die hof het dit bevestig. Die klomp hierbo, Chris du Preez, Maverick, jammer dat julle frustrasies so sinneloos uitgespreek word en dat julle jul rigtingloosheid so adverteer. JP is aangestel in ‘n pos waar hy moet optree, as hy nie aksie neem nie sal julle sekerlik ook kritiseer.

Sarel ·

Sal ek ons mense ooit verstaan? Ons skree wetteloosheid maar wil selektief met die wette omgaan. Wat is dit wat ons wil he? Die wet kan net gehoorsaam of of nie gehoorsaam word. Dus is iets net reg of verkeerd. Dit is hierdie hunkering na grys gebiede wat die misdadigers tot voordeel sterk.

Eddy ·

Dis bloot akademies.Permit of nie permit.Klopse kom al jare aan.en dis al kleurryke kulturieele plesiertjie wat bruin mense nog kan vier.Hoekom het JP nie daai klomp swart mense wat n skaap loop slag het op Kampsbaai gestop nie? Want hy weet hy sou hom vas loop.Nou kom pik hy op die klopse.Hoekom gaan vat hy nie daai grondbesetters vas nie.Hoekom gaan hy hof toe vir interdik?Hy kon mos in gesprek getree het met klopse.Ek seker dit sou n vreedsame oplossing gevind het

Fryingfrog ·

Hierdie Klopse-groep is arrogant en lok doelbewus reaksie uit. Hule wil alles verniet en “my way” hê. Dit werk nie so in ‘n demokrasie nie. As daar reëls oortree word, moet daar opgetree word. Almal wat nou so skree teen die DA, is dieselfde mense wat sal skree as daar reëls oortree word en NIE opgetree word nie. En gaan hul nie skree as die EFF of die ANC of ‘n koalisie van die twee ons mooi provinsie oorvat nie! Hulle propageer ‘n “death wish”! En leer asb tog spel!

Schalk ·

Regtig ,wetteloosheid tot boonsre vlak.ń Vis vrot van sy kop af.Alle politieke partye selfde probleem.Skape kon nog nooit herders raak nie.Klopse volg maar net voorbeeld wat gestel word deur verskillende politieke partye.Ten minste maak hul musiek en dans mooier en is mooier aangetrek.Julle is nou al halfpad stig nou maar jul party.Jule dans en sing en breek wette so julle kwalifiseer as n politieke party.Sterkte met die stigting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.