Stad se nooddienste red twee weke oue baba

(Foto verskaf deur Stad Kaapstad)

Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens in Belhar het vinnig reageer en die lewe van ʼn twee weke oue baba gered.

“Die baba is Vrydag omstreeks 15:30 na die Belhar-brandweerstasie gebring,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, gesê. “Die seuntjie het nie reageer nie en hy het nie asem gehaal nie. Ons personeel het dadelik reageer en KPR toegepas. Die baba het weer begin asem haal.”

Die babatjie is daarna met ʼn ambulans na die Tygerberg-hospitaal geneem.

“Dit was ʼn spanpoging van ons bemanningslede en paramedici. Ons nooddienste is hier om die veiligheid en welstand van ons inwoners te verseker. Dit is bemoedigend om te weet dat die gemeenskap by ons kan aanklop wanneer hulle hulp benodig. Terselfdertyd wil ek alle brand- en reddingsdiensbeamptes loof vir hul toewyding en harde werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Judik ·

Dankie Vader vir U Genade en dat die Brandweerpersoneel byderhand was.

KlipRSA ·

Baie dankie vir ‘n brokkie goeie nuus. Well done aan die Brandweer personeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.