Stad se versuim laat grondbesetting voortduur

Stad Johannesburg soos gesien van die dak van die Oribi-hotel in Troyeville Foto: Chris Kirchhoff, MediaClubSouthAfrica.com (http://www.mediaclubsouthafrica.com)

Stad Johannesburg soos gesien van die dak van die Oribi-hotel in Troyeville Foto: Chris Kirchhoff, MediaClubSouthAfrica.com (http://www.mediaclubsouthafrica.com)

Die Demokratiese Alliansie het gesê die stad Johannesburg moet sy planne om behuising beskikbaar te stel versnel, aangesien huidige tekorte onwettige grondbesetting laat voortduur.

Persone wat onwettig regeringsgrond beset, het onlangs tydens ʼn openbare vergadering in wyk 97 Wilgeheuwel dit duidelik gestel dat hulle geen ander opsie het as om die wet te oortree nie, aangesien die stad hulle nie van behoorlike behuising voorsien nie, het Alan Fuchs, DA-lid van die provinsiale wetgewer, in ʼn verklaring gesê.

Dan Bovu, burgemeesterskomiteelid van behuising, het gesê die persone kan slegs geskuif word sodra voldoende alternatiewe akkommodasie beskikbaar is. Geen sperdatums is egter verskaf nie.

“Ons het uit die verlede gesien dat onwettige grondbesetting al hoe meer onbepaald voortduur, aangesien swak beplanning, koördinasie en korrupsie die beskikbaarstelling van voldoende behuising verhoed,” het Fuchs bygevoeg. “Die gebiede ontvang selde dienslewering, het onvoldoende water en sanitasiegeriewe en persone word aan onnodige gesondheidsrisiko’s blootgestel.”

Hy het gesê die stad kan nie sy grondwetlike mandaat om toegang tot menswaardige lewenstoestande, sanitasie en skoon water te verskaf, ontduik nie. “Met die 2016 plaaslike verkiesing om die draai, moet die ANC-beheerde stad Johannesburg sy diensleweringsprogram opknap, anders sal hy by die stembusse verneder word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Waar kom die mense wat die gronde onwettig beset vandaan? Hulle kon nie net uit die lug geval het nie!!

Fanie ·

Genade! Waar anders behalwe in Nood-Korea moet die belasingbetaler (‘staat’) vir almal behuising voorsien! En die Opposisie kla nogal omdat hierdie (sosialistiese) ‘dienslewering’ nie vinnig genoeg is nie. Wat vd regte vd belastingbetaler?

Eduard ·

Willie dit gebeur met my ook ,maar dis nie maroela se vout nie as jou komentaar nie dadelik verskyn nie stuur dit net weer dit werk vir my

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.