Stad soek interdik ná ‘onwettige bouery’ in Centurion

Die kennisgewingbord op die erf. (Foto: Facebook)

Die Tshwane-metro beoog om ʼn interdik in die Pretoriase hooggeregshof te bekom teen ʼn grondeienaar van Centurion wat glo nie aan die munisipale bywette en bouregulasies voldoen nie.

Stevens Mokgalapa, nuutverkose DA-burgemeester van die Tshwane-metro, het in ʼn verklaring gesê die interdik sal verhoed dat onwettige strukture op die erf in Saxbylaan in Eldoraigne opgerig word sonder vooraf toestemming van die metro.

Daar is intussen ʼn kennisgewingbord op die erf aangebring met die logo’s van die DA en EFF en die woorde: “Free housing scheme”. Die kontakbesonderhede van ʼn plaaslike raadslid is ook op die bord aangebring en belangstellendes word versoek om die raadslid te nader.

Daar is op 20 Januarie ʼn klag ingedien rakende die onwettige oprigting van ʼn struktuur op Saxbylaan 30. Die stad het gevolglik sy bou-inspekteur opdrag gegee om die klag te ondersoek.

Die inspekteur het tydens sy aanvanklike ondersoek vasgestel dat die bouer fondamente lê sonder dat goedkeuringsplanne daarvoor verkry is. Nadere ondersoek het bevestig dat die voorneme was om meer as een gebou op te rig en om dít te doen, moet die eienaar toestemming van die stad se beplanningsafdeling verkry, verduidelik Mokgalapa.

Mokgalapa sê die eienaar is reeds in kennis gestel en beveel om die oprigting van die struktuur onmiddellik te staak totdat die nodige skriftelike goedkeuring verkry is óf om die strukture wat reeds gebou is, summier te sloop.

Die eienaar het desondanks voortgegaan met die oprigting van die fondamente en sodoende die wet verder oortree, sê Mokgalapa.

Die gemeenskap van Eldoraigne het tot hul verbasing die ontwikkeling voor hul oë sien gebeur sonder dat die eienaar van die eiendom met die bure oorleg gepleeg het, lui die verklaring. Geen advertensie is ook in die plaaslike koerant geplaas nie.

Mokgalapa sê ʼn plaaslike wyksraadslid het ʼn afskrif van ʼn petisie deur die gemeenskap aan die stad voorgelê wat veroorsaak het dat die raadslede en bure deur die eienaar geïntimideer word.

Die eienaar dreig gevolglik om die eiendom aan politieke partye te skenk sodat hulle behuisingskampe kan bou.

Die stad gaan dus die hooggeregshof vra vir ʼn interdik teen die betrokke eienaar, die magtiging om enige strukture op die eiendom te sloop, asook toestemming om enige ander gepaste voorkomingsmaatreëls toe te pas teen diegene wat die wet oortree.

Volgens Mokgalapa sal die stad benewens hofstappe ook optree teen enige onwettige gedrag, waaronder dreigemente van geweld wat deur enigiemand teenoor die gemeenskap van Eldoraigne en hul raadslid gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

pieta ·

Die eienaar soek mos nou vir moeilikheid en hy gaan dit kry.

HM ·

Lees die artikel voor jy stupid goed skryf. Die DA Metro is besig om hom hof toe te vat. Regtig!

Werner ·

Die EFF stert waai die DA hond en dit sal so aangaan na die verkiessing ook maar daar moet gesien word om n stem teen die ANC te kry maak nie saak of jy n groter gemors aanvang nie nê DA

HM ·

Lees die artikel voor jy stupid goed skryf. Die DA Metro is besig om hom hof toe te vat. Regtig!

Cobus ·

Werner dit is so pateties mens weet nie of mens jou moet vergeeg
of net jammer kry nie

Aster ·

O nee wee jy! Die DA kan maar vergeet van my kruisie…dis verseker. Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou op!

N ·

Lees enige van julle ooit die artikel voordat julle nonsens uitspoeg? Ek bly in Centurion,en glo my, die eienaar het die bord onwettig opgesit. Dit het niks met die DA of EFF te doen nie. Lees bietjie, toe. Die eienaar het dit uit spite gedoen, omdat sy planne afgekeur is.

ja ons doen ·

Ja ons lees dit en ons weet die DA lieg. Julle DA oge is toe. Dit is ook ‘n leuen ..die eienaar se storie.

Elsa ·

Gelukkig is daar ander partye om voor te stem. Maak klein partye, groot

Jerry ·

Party burgers gee net nie om oor lands wette nie. Dink hulle kan maak net wat hulle wil.

Dries du Toit ·

Planne wat se planne. Die plakkers bou oral strukture op die pad reserwes tot teenaan die teerpad. Seker het hulle planne

Remona Swanepoel ·

Aan almal wat so warm onder die kraag raak aangaande negatiewe kritiek rakende die DA, julle is brwus dat die DA beplan om n koalisie te sluit met EFF om die gebied te behou of hoe? Ek persoonlik gaan nie my stem aan n party gee wat in die bed klim saam met die wat dreig om my volk uit te moor nie.

jakes ·

Al is die Effie en die DA nie betrokke nie, hoejom word die eienaar se naam nie bekend gemaak nie?

Willie ·

Een huidige bevoordeelde, jag al vir 7jaar langs my onwettige goed aan, tot verslappings dokumente vervals (SAPD se hof stel nie belang om die saak te vat). Hy bly nie daar nie, het half bebou aan n bestaande huis.. Luukse karre sonder nommerplate is en uit daar… Maserati ents… Stardraad beweer die siel, het nie geld om verder te bou… maar bedags is die huis beset… DA stadraads doen niks! Niks!

Whaaaaaaaaaaa ·

en dan stem julle steeds DA? Hulle gaan sinkhuise LANGS jou ghrend huisie in die estate oprig .. lekker DA stem hoor .. lmga .. DA kom in een mus met EFF

Boekwurm ·

Dis dan die DA raad wat die eienaar hof toe neem

Lees jy enigsins die artikel en verstaan wat jy lees voor jy kommentaar lewer ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.