Stad wil Winnie met straatnaam vereer

Winnie Nomzamo Madikizela-Mandela by die ANC se 54ste nasionale konferensie in Desember 2017. (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Stad Johannesburg het ʼn openbaredeelname-proses van stapel gestuur om William Nicolrylaan na Winnie Madikizela-Mandela te vernoem.

Geoffrey Makhubo, uitvoerende burgemeester van Johannesburg, het Saterdag, ter herdenking van Madikizela-Mandela se 84ste verjaarsdag, ʼn kransleggingseremonie gelei. Makhubo het ook ʼn proses vir openbare deelname van stapel gestuur om William Nicolrylaan na haar te vernoem.

“As Stad Johannesburg wil ons vandag ons eer betoon en ons stuur amptelik ʼn proses van stapel om William Nicolrylaan te vernoem ná ʼn mosie ʼn jaar en ʼn half gelede deur die raad goedgekeur is,” het Makhubo gesê.

“Sy was ʼn struggle-ikoon en een van die eerste swart maatskaplike werkers in Suid-Afrika wat haar lewe daaraan gewei het om die land ʼn beter plek te maak,” het Makhubo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
gatgogga

Vernoem liewer een van die strate in Soweto.

Chris dupreez

Wat n grap

Frikkels

Sal ons nou werklik kan sê dat ons land ñ beter plek geword het? Waarvoor word sy eintlik vereer? Seker omdat sy die korruptes se posisie in die nuwe sa, verseker het! Uggghhh!

Mallie

Grootste modenares van alle tye. Mors geld. Suid Afrika kan dit bekostig.

Nie Verbaas

Ag asseblief tog. Waar gaan die geld vandaan kom om op die stadium te mors op so nietigheid?