Stadion-geweld: Borgtog vir beskuldigdes

Geweld by Moses Mabhida-stadion (Foto: ANA)

Drie verdagtes het Dinsdagoggend in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld ná ʼn voorval by die Moses Mabhida-stadion waar ‘n bakleiery onlangs tussen sokkertoeskouers uitgebreek het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê Cebolendoda Hadebe (21), Douglas Mhlaliseni Mkhize (42) en Lungigani Gabriel Jaca (33) is vrygelaat op borgtog van R1 000 elk.

“Ons moedig persone aan, wat nog in verband met die saak gesoek word, om ons ondersoekbeamptes dadelik te kontak voor ons polisiebeamptes hulle aankeer. Ons doen ook ʼn beroep op beseerde slagoffers om na vore te kom, want ons het nog hulle verklarings nodig,” het Mbhele verduidelik.

Die saak teen die drie mans is tot 25 Mei uitgestel waar hulle saam met vier ander medebeskuldigdes sal verskyn wat vroeër reeds op dieselfde aanklagte in die hof verskyn het.

Meer as 20 persone is op 21 April beseer toe toeskouers op die veld gehardloop en begin baklei het ná Kaizer Chiefs teen Free State Stars in die halfeindstryd van die Nedbank-beker verloor het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Reguit ·

Kort opsomming van die tipe “geregtigheid” te vinde in die wonderlike Azanië:

– Sê die K-woord teenoor sekeres en jy sit vir 2 jaar in die tronk.
– Sê die F of P – woord teenoor iemand en jy is OK.
– Skop ‘n vrou in die gesig op ‘n sokkerveld en jy kry borg.
– Vermoor ‘n wit boer op sy plaas en jy kry borg.
– Brand 20 trokke op die hoofweg uit en jy word vrygelaat.
– Skiet ‘n jong wit vrou wat agter op ‘n motorfiets gesit het (op kort afstand) in die bors en jy kry eers ‘n waarskuwing, word eers baie later aangekla, en kry heel waarskynlik borg, dalk saam met ‘n medalje op parade, en die wit vrou bly steeds ‘n “Colonialist”.
– Slaan ‘n swanger vrou by ‘n eetplek met die vuis, en die swanger vrou word sommer aangekla van iets soos “rassisme”.
– Mishandel tientalle perde, deur hulle o.a. van honger te laat ly, en kry dan ‘n tikkie oor die vingers omdat jy in die Azaniese weermag is.
– Jy is ‘n majoor in die weermag wat dreig om wittes uit te moor en die tikkie oor die vingers is weer jou beloning.

Ag….. daar is nog té veel ander wonderlike voorbeelde om op te noem, maar kom ons stop maar vir eers hier.

Seker alles saam nóg redes om nie te WIL gly nie…………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.