Stadion-geweld: Dié mense gesoek

Foto: Verskaf.

Nog twee mense is Maandag in hegtenis geneem in verband met die geweld wat 21 op April by die Moses Mabhida-stadion in Durban uitgebreek het.

Dit kom nadat die polisie Sondag 13 foto’s van mense waarna die polisie op soek is uitgereik het omdat hulle “die polisie kan bystaan met die ondersoek”.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 21-jarige skolier van Newlands-Wes en ʼn 42-jarige tuinier van Hillcrest sal Dinsdag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.

Oorfone en ʼn draadlose mikrofoon is in die skolier se besit gevind.

“Ons verwelkom die feit dat verdagtes begin om die ondersoekbeamptes te kontak sodat hulle hul dag in die hof kan kry, en ons moedig die oorblywende verdagtes aan om onmiddellik dieselfde te doen voordat die polisie op hulle toeslaan,” het Naicker gesê.

Maroela Media het vroeër berig die geweld by die stadion het ontstaan die oomblik toe die eindfluitjie blaas by ʼn Nedbank Cup-halfeindstryd tussen Kaiser Chiefs en Free State Stars. Die Chiefs het die wedstryd met 2-0 verloor.

Honderde ondersteuners het op die veld gestorm en spelers en veiligheidswagte moes vir hul veiligheid vlug. Terwyl die wedstrydkameras steeds die gebeure vasgevang het, het toeskouers stadionstoele aan die brand begin steek, skareversperrings en toegangshekke beskadig, kameratoerusting vernietig en ʼn veiligheidswag aangerand. Altesaam 18 mense is in die voorval beseer.

Zandile Gumede, burgemeester van eThekwini, het later gesê die skade aan die stadion beloop na raming R2,6 miljoen.

Die polisie is steeds op soek na die volgende persone in verband met die ondersoek na die voorval. Enigiemand wat enigeen van dié mense op die foto’s kan identifiseer of wat self op die foto’s verskyn moet kapt. Reddy op 082 458 5630 of AO Mlungwana by 082 662 7764 bel.

Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann cb ·

En kyk nou mooi…binnekort gaan Maroela Media as rassisties uitgemaak word…

zoom zoom ·

Die persoon op die foto is nie hier in Pofadder nie. Ek het die plek kruis en dwars deursoek.

Ampie ·

Ek het almal van hulle vandag by my werk in Johannesburg gesien. Wat nou?

Johanna Botha ·

Maklik om te breek ….maar hoe bou mens n land met mense wat so maak ….was hulle nie almal in rooi geklee nie of was hulle vermom vir die dag …..

Teen geweld ·

21 jarige skolier is die naam skolier nie werd. Het geen opvoeding en respek vir niemand en niks nie. Dankie vir fotos, misdadigers moet aan die pen ry.

Oom Kalahari ·

Werkgewers en ander werknemers van bogenoemde vandale moet die polisie verwittig waar hul is. Asook hul vriende en vriendinne, maar as hul dit nie doen dan kla hul ook aan. Hierdie foto’s moet versprei word in alle media se voorste bladsy dat die persone moet aanmeld om te help met verdere ondersoek. Sovele miljoene rande se skade en so onnodig en geen respek vir mens en eiendom nie. Hoe moet mens kan hande vat en vorentoe beweeg met sulke misdadige mense en optredes. Regtig elke dag is dit brand en vernietiging. Laat ons liewer selfbeskikking verkry, waar ons in liefde en vrede kan leef sonder vrese en misdaad asook met ordentlike diens.

GM ·

Ek hoop almal word gevind, dan kan hul sommer daai geldjies wat dit gaan kos om die stadion reg te maak, begin terugbetaal. Hul leiers moet maar vir hul ‘n goeie werkie iewers kry. Die belastingbetaler moet net altyd vir als uitdok, en misdadigers word beskerm. En hy is 21, maar hy is nog ‘n skolier. Op daardie ouderdom kon hy al sy eerste graad gehad het op universiteit.

bgj van der westhuizen ·

die skade sal af geskryf word wand hulle kan nie betaal nie en hulle sal vry gelaat word op die einde so kom hulle altyd weg mat alles

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.