Stadsamptenaar geskors oor rassistiese video

Argieffoto

ʼn Beampte van die Stad Johannesburg is met onmiddellike inwerkingtreding geskors hangende ʼn dissiplinêre verhoor nadat nóg ʼn rassevoorval op video vasgevang is.

Die voorval het verlede week by ʼn swembad in Eldorado Park plaasgevind.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê daar kan in die video gehoor word hoe die beampte oor swart kinders se gebruik van die skool-fasiliteite in Eldorado Park kla en op neerhalende wyse na die sogenaamde “swart mentaliteit” verwys.

ʼn Vrouestem kan in die video gehoor word wat onder meer skree: “Hierdie swart mens- mentaliteit, ons ken dit nie. [Julle] forseer hierdie k*k in ons kele af.” Die vrou skree dié woorde glo op ʼn veiligheidswag.

“As die uitvoerende burgemeester van die Stad Johannesburg en as ʼn man wat deurgeloop het onder ons rassistiese verlede, is ek beledig deur wat plaasgevind het,” het Mashaba gesê.

Die departement van gemeenskapsontwikkeling, waar die beampte werksaam was, het vinnig opgetree en die beampte onmiddellik geskors.

Mashaba het in sy verklaring gesê hy sal die veiligheidswag persoonlik na die polisiestasie neem om ʼn klag van crimen injuria aanhangig te maak.

“Die Stad het hard gewerk om die waardigheid van ons veiligheidswagte te herstel deur ons inkontrakteer-pogings en hulle geniet nou behoorlike lone en loonvoordele. Sulke betreurenswaardige gedrag is onaanvaarbaar onder alle standaarde. Daar moet geen plek wees vir rassisme nie, dit moet veroordeel word en met mening aandag kry. Rassiste moet nooit voel dat hulle straffeloos kan voortgaan nie,” het Mashaba gesê.

Hy het ook vir Nonhlanhla Sifumba, die burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsontwikkeling, gevra om die dissiplinêre verhoor te volg om te verseker dat geregtigheid geskied.

Oor kritiek wat Mashaba ontvang het omdat hy nou glo insinueer het dat alle lede van die bruin gemeenskap rassisties is, het hy gesê een rassis of krimineel kan nooit verteenwoordigend wees van ʼn hele gemeenskap nie.

“Ek doen ʼn beroep op inwoners van die stad om rassisme te veroordeel, te verseker dat ons kollektiewe stem een is wat die land verenig, die pyn van ons verlede oorkom en ʼn welvarende en billike toekoms vir almal bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Al ·

N Kultuur van onverdraagsaamheid teen wit mense is gekweek en gevoed.
Herman Mashaba probeer ñ skandaal verhoed want die EFF en ANC hou hul opponente fyn dop.
Ek wens mense wil besef dat jou gesprekke nooit meer privaat is nie.
Kry in jou kop almal dra selfone aan hul persoon.

Laurika ·

Eldorado Park is ‘n kleurling woongebied.
Ek verstaan skielik nie so mooi nie.

JSO ·

@Laurika – wat verstaan jy nie? Die bruin vrou het op die swart veiligheidsman geskree. Eenvoudig.

Cherokee ·

Ek verstaan jou Laurika, al doen almal nie.
Al wat gebeur het met jou lees van die berig is die algemene versinnebeelding dat wanneer die woord rassis genoem word, word van ‘n blanke gepraat.

Snotklap ·

Ek wens hulle wil so vinnig optree teen beamptes wat bedrieg, verduister en omkoop geld aanvaar.

Maar dis mos gewild om mense vir vryheid van spraak aante kla en dan wen jy sommer nog n paar politieke punte ook.

Peet ·

Jy sal dadelik weet as dit n wit persoon was, dan sou die video op al wat n nuuswerf is gepost word. As dit enige nie blanke video is, dan word daar net oor geskryf.

Onnodig ·

Wat het gebeur dat die vrou dit kwytgeraak het? Ek kan nie glo dat sy het aan die skree gegaan sonder dat daar n insident was wat haar ontstel het nie?

Annelize ·

Wag, verstaan ek reg? Is dit nou bruin op swart rassisme?

Well, I never!!! En die Regering en Malema en ek weet nie wie nog almal nie, wil te kenne gee dat dit NET wit mense is wat tot rassisme in staat is. Ek wil net graag een vraag vra, dat van al die rassisme voorvalle die afgelope ruk waaroor die media ontplof het en Polisie toe gehardloop is oor, by hoeveel was witmense betrokke?

Casper Labuschagne ·

Die ras van die persoon word nie gemeld nie. Maar ek sou met redelik kan aanneem dat dit ‘n kleurling is en dat dat ander persoon in die video ook ‘n kleurling is. Vergelyk ook verlede jaar se rassisme herrie by ‘n skool in Eldoradopark. Dat die gedrag soos hierbo beskryf rassisties is, is verseker. Maar ek het meermale al self uiters rassistiese gedrag vanaf etniese swart persone gesien wat op kleurlinge gerig was, tog het ek nog nie groot uitbarstings op sosiale media oor sulke omgekeerde rassisme waargeneem nie. As waarnemer kan ek dus die gevolgtrekking is dat rassisme steeds ‘n eenrigtingstraat bly met etniese swart mense immer as die slagoffer maar nooit as die aanhitser van rassisme nie. Dit alles is tog baie interessant, miskien moet rassistiese beledigings eerder in die vorm van ‘n liedjie getoonset word want telkemale word liedjies nie deur die howe as rassisties beskou nie? Of sal dieselfde eenrigtingstraat beginsel vir rassisme ook by liedjies geld?

Oh my word ·

Smaak my dit is ‘n kleurling vrou . dit is hoekom ou MASHABA nou maar weer op minderhede afkom maar NOOIT sal hy die swartes aanspreek oor hulle rassisme nie .. As dit ‘n WIT vrou was was haar huis al uitgebrand, EFF het voor haar huis vir haar gewag met Machetes, haar ma en pa het hulle werk verloor EN ADIDAS het toegemaak waar iemand gewerk het wat sy geken het toe sy op skool was.

Hannelie ·

Ja Mashaba dis net snaaks hoe daar ‘n ophef gemaak word, maar sodra dit nou anders om was, was dit in die kiem gesmoor. Mens moet deesdae eerder ‘n wag voor jou mond sit, maak nie saak wat jou kleur is nie, dit is wat jy uitspreek. Ek neem aan Julius gaan seker ook nou geskors word of eerder tronk toe oor sy ou afgesaagde liedjie? Of het dit weer sy eie meriete?
Hierdie land kan nie meer gered word nie….punt!

Zella ·

Hannelie
Dit maak saak wat jou kleur is. Dieselfde geld nie vir hulle nie. Dis net jy wat nie mag sê wat jy wil nie

christa ·

jy mag niks se nie maar as jy swart is mag jy se net wat jy wil. Malema het kort kort sy mond vol en hy kom weg daarmee. Kyk hoe lyk ons dorpe en omgewing

adriana ·

Sal graag die video wil sien Maroela?
Waarom word dit nie gewys nie?

GM ·

Jack Sadie, apartheid word as verskoning vir als gebruik. Wanneer is daardie ‘skuld’ nou afbetaal sou jy sê? Wat is opgebou in meer as 20 jaar? Dink jy armoede sou so groot probleem gewees het as elkeen net een of 2 kinders gehad het? Of as werk geskep was, in plaas van om plekke toe te maak of af te brand? Of as kinders geleer is om te werk vir wat hul wil hê in plaas van om net te kry? Hoeveel geslagte moet net kry? Hoekom is daar nie grensbeheer nie?
Plaas jul die ‘skuld’ gaan verhaal van dié wat net gekry het gedurende apartheid. Want daar is BAIE witmense wat arm was, wat nie net gekry het nie, wat hul alies moes af werk om te oorleef (nes die res). En hul kinders het ook nie net gekry nie.
In 24 jaar kan mens jouself ‘n paar keer van 0 af, boontoe werk -as die wil daar is. Vir party is dit moeiliker as vir ander, of jy pienk, groen of pers is, jou omstandighede verskil van die ou langs jou s’n. Dis wat jy daarvan maak.
Ons land is van ‘n Eerste Wêreld land, na gemorsstatus – het dinge verbeter, of versleg? Ek sou eerder in eersgenoemde wou bly, al is ek ingeperk, as in laasgenoemde, terwyl ek krepeer van die honger, en lê en wag om dood te gaan in ‘n staatshospitaal.
Plaas almal als weggooi wat uit dáárdie era kom. Dubbele standaarde!

Jack Sadie ·

GM. Jy gee ‘n baie sinvolle kommentaar.Dankie. Daar sal egter nog baie water in die see moet loop voor die sondes van die verlede vergewe sal word. Die feit dat ons nou in ‘n gemorsland bly is nie net die skuld van apartheid nie. Korrek.Ons voorouers was egter net so aan die neus gelei deur politici as die massas vandag. Rassisme sal nog lank by ons bly en Afrikaners sal vir lank nog soos muishonde bekyk word. Ongelukkig is dit die realiteit….

RN ·

Hopelik kan dagga een van die dae blameer word vir als wat fout is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.