Stadsbeplanner sedert Maandag vermis

Jaco Prins (42). Foto: Verskaf

Die Alberton-polisie en Mike Bolhuis Specialised Security Services het ʼn soektog van stapel gestuur na Jaco Prins (42) wat Maandag spoorloos in die Oos-Rand verdwyn het.

Mike Bolhuis, ʼn spesialis-ondersoeker, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn vermistepersoonsaak is by die Brackendowns-substasie van die Alberton-polisie aanhangig gemaak nadat Prins Maandag vir die laaste keer by sy huis in Brackendowns gesien is.

“Hy werk vir Urban Dynamics as ʼn stadsbeplanner en het Maandag omstreeks 09:00 sy kantoor verlaat om huis toe te gaan om voertuie te ruil. Hy is daarna nog nie weer gesien nie en sy selfoon is af,” het Bolhuis gesê.

Volgens Bolhuis bestuur Prins ʼn wit Citi Golf met die registrasienommer BM 76 SV GP. Die voertuig het ʼn opsporingstoestel, maar die toestel se sein kan nie opgespoor word nie.

Bolhuis het ʼn beroep op mense gedoen om inligting oor Prins se verdwyning te deel sodat hy dalk vinniger opgespoor kan word. Mense met inligting oor waar Prins hom moontlik bevind, word versoek om oud-ao. Koos Gerber, wat die ondersoek lei, by 082 952 6909 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

al ·

Ag Here ek bid dat hierdie verhaal nie ñ tragiese einde het nie.

Piet Pompies ·

Korreksie aan die berig skrywer, korrekte beskrywing van voertuig is Citi Golf

Janie Monsieur ·

Dagsê Piet Pompies,
Dankie vir jou valkoog! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Hendrik ·

Is ons regtig nou daar, dat ‘n werk wat jou op die pad hou, gevaarlik is?

Afrikaanse Knaap ·

Danie Maroela Media dat julle berig oor hierdie sake.

Ai ·

Ag nee, hoop hulle vind die man. Dit moet ongelooflik erg wees vir die familie om nie antwoorde te he nie.

Sterkte aan julle.

EvW ·

Dit is n moeilikke tyd v familie! Hoop als werk goed uit v hulle!

Arno van Niekerk ·

Maroela Media is n uitstekende bron om werklik op hoogte te bly van wat plaaslik en Internasionaal gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.