Stadsbeplanner steeds vermis, familie rasend van kommer

Jaco Prins (42). Foto: Verskaf

Die Alberton-polisie en Mike Bolhuis Specialised Security Services is steeds op soek na Jaco Prins (42), die man wat Maandag spoorloos aan die Oos-Rand verdwyn het.

Prins is getroud en het ʼn dogtertjie wat in die laerskool is. Sy geliefdes is rasend van bekommernis en het ʼn vermistepersoonsaak by die Brackendowns-polisiestasie in Alberton aanhangig gemaak. Hulle het ook die dienste Mike Bolhuis se spesialis-ondersoekdienste ingeroep in ʼn poging om hom vinniger op te spoor.

Bolhuis het aan Maroela Media gesê Prins is die laaste keer by sy huis in Brackendowns gesien. “Hy werk vir Urban Dynamics as ʼn stadsbeplanner en het Maandag omstreeks 09:00 sy kantoor verlaat om huis toe te gaan om voertuie te ruil.

“Hy is daarna nog nie weer gesien nie en sy selfoon is af,” het Bolhuis gesê.

Volgens Bolhuis bestuur Prins ʼn wit Citi Golf met die registrasienommer BM 76 SV GP. Die voertuig het ʼn opsporingstoestel, maar die toestel se sein kan nie opgespoor word nie.

Maroela Media het Vrydag oor Prins se verdwyning berig en oud-ao. Koos Gerber, wat die ondersoek lei, het Saterdag gesê positiewe leidrade het sedertdien aan die lig gekom en dat Prins moontlik Woensdag in die Potchefstroom-omgewing in Noordwes opgemerk is.

“Ons doen ʼn beroep op mense wat moontlik weet waar Prins hom bevind, of enigiemand wat sy voertuig raaksien, om my te bel by 082 952 6909. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Reti ·

Wat kan veroorsaak dat sein ‘nie opgespoor’ kan word nie? Ag nee ek het nie krag vir nog EEN mens wat verdeyn nie!!!!!!

Lizel ·

Ag nee regtig julle 2! n Man en pa is vermis dis ni asof hulle julle gevra het om te ga help toe nie. Skaam julle!

sug ·

As die battery uitgehaal is of pap is sal geen sein opgespoor kan word nie.

Cherokee ·

Liezel, dit is duidelik wat Reti en al bedoel. Dan jak jy hulle af. Skaam jou!

j m erasmus ·

vannaand huil ek met sommer oor alles wat gebeur in ons land.

Lorna ·

Ek bid dat hy veilig is, waar hy ookal is. My gedagtes en gebede is by sy familie, veral sy vrou en dogter. Wees sterk vir mekaar.

Middelburger ·

Kom ons hoop hy wou net sy kop gaan skoonkry en dat iets slegs nie met hom gebeur het nie. Bly steeds baie sleg vir sy gesin, watter kant toe ook al. Sterkte aan hulle.

Daleen ·

Liewe Middelburger, ek hoop die man is ongedeërd en veilig, maar as dit die geval is ‘dat hy sy kop wou skoon kry’ hoop ek die amptenare en owerhede wat nou na hom soek kla hom summier aan. Dis onvolwasse en selfsugtig veral as hy weet mense gaan na hom soek! As mens jou kop wil skoon kry sê dit dan en pak jou naweek tassie en gaan kamp iewers, nie almal vir die gek hou nie, en volgende wat mens hoor is, man gevind respekteer nou asb die naastes se privaatheid. Absolute waansin.

Ronel ·

Franje, Jaco is beslis nie weg uit vrye wil nie. Hy is n verantwoordelike gesinsman met familie wat rasend van kommer is. Hou jou ongevraagde opinie vir jouself, want jy het vir seker nie al die feite nie. Behalwe as jy iets weet? Dan kan jy asb vir Mike Bolhuis kontak om te help met die ondersoek .

snipes ·

Ronel jy dink duidelik dat jy oor al die feite beskik. deel dit met ons. ons is almal groot mense hier wat opinies lig oo grond van wat mm verkies om ons te vertel. wees volwasse deelcwat jy weet if jou opinie. ins trotseer almal daagliks genoeg aanvalke sonder kinderagtige tantrums.

Ai ·

Nogsteeds nie gevind nie, dit moet ongelooflik swaar op die familie wees. Ek hoop regtig die man word gevind, ongedeerd.

Sterkte aan sy familie.

Susan ·

Baie sterkte vir die gesin en naby familie. Ek bid saam met julle dat Hy ongedeerd gevind Sal word. Bly glo in die krag van ons Vader. Sterkte ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.