Stadsraad eis Zuma se kop

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Die stadsraad van die stad Kaapstad het vandeesweek ten gunste van ʼn mosie gestem waarin pres. Jacob Zuma versoek word om te bedank.

“As die stadsraad van die stad Kaapstad glo ons dat ons nie waardig kan wees van die posisies wat ons beklee of die vertroue kan inboesem by diegene wie ons dien, indien ons nie opstaan vir dit wat reg is nie,” het Pierrinne Leukes, woordvoerder vir die uitvoerende burgemeester, Patricia de Lille, in ʼn verklaring gesê. “Ons ag nie onsself of enigiemand anders as verhewe bo die wet nie en pres. Jacob Zuma is geen uitsondering nie.”

Leukes het verduidelik die meerderheid van die stadsraad van die stad Kaapstad het Donderdag ten gunste van ʼn mosie gestem waarvolgens:
* die versuim van die president om aan die Grondwet te voldoen, dit te verdedig of te respekteer veroordeel word;
* die stadsraad onderneem om die Grondwet as die hoogste wet van ons republiek te verdedig en te beskerm; en
* die president versoek word om te bedank.

Die ANC het nie in die mosie gestem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Joann ·

Zuma en al sy trawante,malema en al sy stupid aanhangers. Stuur hul Engeland toe want engelse like mos dit

Marous ·

Julle kan net sowel die Suid Wester wind probeer terugblaas met …….julle se monde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.