Stadsraad waarsku teen werksonderhoudslenter

Die Stad Tshwane is in kennis gestel oor ʼn vervalste advertensie wat deur SMS en moontlik ander apps versprei word oor ʼn uitnodiging vir ʼn werksonderhoud vir ʼn administratiewe klerk by dié munisipaliteit.

Die boodskap word elektronies gesirkuleer en nooi individue na ʼn onderhoudsessie wat na bewering by een van die stad se geboue gehou sal word, het Lindela Mashigo, woordvoerder vir die stadsraad, in ʼn verklaring gesê. “Die boodskap lui dat die individue ʼn identiteitsdokument, gesertifiseerde afskrif van ʼn matrieksertifikaat en ander sertifikate moet verskaf en in formele drag geklee moet wees op die dag van die onderhoud.”

Mashigo het gesê die uitnodiging is van alle waarheid ontbloot. “Die Stad publiseer slegs vakante poste in koerante en op die Job Forum-bladsy op sy webwerf www.tshwane.gov.za. Ons maan die publiek om die boodskap te ignoreer, want dit is ʼn slenter. Die Stad bly teleurgesteld deur bedrieërs wat niksvermoedende werksoekers om die bos te lei.”

Mashigo het gesê persone wat valse inligting versprei sal in hegtenis geneem word, aangekla word en vervolg word. “Ons raai die publiek aan om die Tshwane-polisie by 082 891 8625 te kontak indien hulle op enige ‘advertensies’ afkom wat buite die Stad se normale prosedures versprei word.”

Die vervalste uitnodiging vir ʼn werksonderhoud lyk soos volg en moet geïgnoreer word:

(CITY OF TSHWANE LOCAL MUNICIPALITY)

Dear applicant, you’re invited you to come in on the 24/08/2018
Time 10:30 am for an interview
Company name: CITY OF TSHWANE LOCAL MUNICIPALITY
Physical Address: 320 HB Phillips Building;
PRETORIA
0001
Position: Admin Clerk
Bring your id, matric cert and other certify,,,,, dress formal to confirm your attendance.
Please call HR MR MMOPANE on 0649186770 not later than today.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.