Stadsrede: Strate in PTA-middestad gesluit

Kgosientso Ramokgopa2Verskeie strate in Pretoria se middestad gaan Donderdag vir verkeer gesluit wees vir die burgemeester se stadsrede by die stadsaal.

Die Tshwane-metropolisie het aangedui dat Paul Krugerstraat tussen Visagie- en Minnaarstraat van 07:00 tot 14:00 gesluit gaan wees.

ʼn Formele parade gaan ook deur die middestad beweeg. Dit begin op die hoek van Sisulu- en Helen Josephstraat, waarna dit beweeg na Pretoriusstraat. Dit sal verby Lilian Ngoyistraat beweeg en in Thabo Sehumestraat indraai. Vandaar sal die parade suid beweeg verby Francis Baard-, Nana Sita- en Visagiestraat, waarna dit in Minnaarstraat sal indraai. Die parade sal dan in Paul Krugerstraat inbeweeg en voor die stadsaal eindig.

Die metropolisie het gesê sodra die parade verby die betrokke strate beweeg het, dié strate weer vir verkeer oopgemaak sal word, behalwe die gedeelte in Paul Krugerstraat.

Nagenoeg 1 000 mense word verwag om die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, se stadsrede by te woon. Dit sluit ambassadeurs, raadslede en spesiale gaste soos adv. Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer, in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grassie ·

Ek wonder hoekom. Wie sal nou na daardie ou se klomp tjol wil luister.

Ria Maritz ·

Dit gaan mos ‘n verskriklike vertrapping van mense wees … nee wat dankie, ek sit sommer net lekker en veilig in my kantoor.

Marlene Oosthuizen ·

Dis nou wat hulle sal sê: Bo blink maar onder stink. Moet altyd probeer shine vang. En wie betaal daarvoor – ons swape!!!!. Hoekom moet daar 1000 mense wees om na sy leuens te gaan luister. Kry weer verniet kos en drank en word verniet aangery. En dan moet ons nog die ongerief verduur met die paaie wat gesluit word. Ons land is ‘n sirkus vol narre!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.