Die Tshwane-metro het Dinsdag gewaarsku dat die verkeer vandeesweek ontwrig gaan word deur talle strate wat in die middestad gesluit gaan word wanneer Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, op 12 April (Donderdag) die stadsrede gaan lewer.
Volgens ʼn verklaring van die Tshwane-metro sal dié tydelike sluiting van strate talle sakeondernemings én taxiroetes in die middestad nadelig raak.
Die strate word hoofsaaklik gesluit vir ʼn optog wat Donderdag om 08:30 in Burgerspark, op die hoek van Lilian Ngoyi- en Jeff Masemolastraat, gaan begin.
“Die strate waarlangs die optoggangers gaan beweeg sal gesluit word vir die duur van die optog, maar weer heropen word wanneer die straat skoon is,” lui die verklaring.
Dié strate word tydelik geraak:
- Jeff Masemolastraat
- Minnaarstraat
- Burgersparkweg
- Visagiestraat
- Nana Sitastraat
- Francis Baardstraat
- Pretoriusstraat
- Johannes Ramokhoasestraat
- Helen Josephstraat
Lilian Ngoyistraat, Madibastraat en Sisulustraat sal tussen 05:00 en 16:00 gesluit wees. Motoriste word ook aangeraai om Helen Josephstraat en Thabo Sehumestraat te vermy.
Metropolisie sal deur die loop van Donderdag dié strate in die middestad monitor en verseker dat verkeer wat wél in die omgewing beweeg, gereguleer word.
Amper lees ek “statsrede”… maar gelukkig toe dien ek dit is “stadsrede”. Klink seker reg genoeg.