Stakende dokters kry betaling; terug op hul pos

stetoskoopGesondheidsorg by die Nala Distrikshospitaal in Bothaville in die Vrystaat sal na verwagting weer na normaal terugkeer, nadat stakende dokters vandeesweek hul uitstaande salarisse ontvang het.

Dié hospitaal se dokters het te midde van omstredenheid gestaak, omdat hulle vir meer as drie maande nie salarisse ontvang het nie en hul navrae op dowe ore geval het. Die burgerregte-organisasie AfriForum het egter van hul situasie te hore gekom en die Vrystaatse gesondheidsdepartement genader.

“Ons het bevestiging ontvang dat die dokters betaal is en is verheug dat hulle nou weer die gemeenskap van lewensnoodsaaklike gesondheidsorg kan verskaf. Hoewel gesondheidsorg nie tot ʼn totale stilstand gedwing is nie, is dienste duidelik negatief geraak,” het Johann Hattingh, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Vrystaat, gesê.

Die betrokke dokters het AfriForum bedank vir hul bystand. “Ons kon net nie meer so aangaan nie. Die departement kan nie van ons verwag om ’n diens te lewer sonder betaling nie,” het ʼn dokter, wat anoniem wil bly, gesê.

Lente van Zyl, voorsitter van AfriForum se Bothaville-tak, meen dit is teleurstellend én onnodig om owerhede te moet dophou om hulle werk te doen. Sy het gesê die gemeenskap is vir maande van mediese sorg ontneem as gevolg van die departement se laksheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

So omstandighede by die hospitaal is nou weer terug na ‘abnormaal’.
‘Normaal’ is wanneer daar fout is met iets.

Johann Marx ·

Dit is orals pateties. My vriend se dogter is besig met haar “Zuma-jaar”. Hulle word “verhoging” belowe…….en die volgende maand kry hulle dit nie, maar die “belasting aftrekking” neem die “verhoging” in ag….sonder dat die “verhoging” betaal is. As dit so gaan met die “pay-roll” kan jy dink hoe dit gaan met die hospitaal administrasie?

Winston ·

Dankie vir AFRIFORUM. Peet ek wonder ook wat is normaal, behalwe misdaad. Dis normaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.