Stakende lykshuiswerkers met afdanking gedreig

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse LUR vir gesondheid, Nomagugu Simelane-Zulu, het Donderdag gesê sy het stakende werkers by die Magwaza Maphalalastraat-staatslykhuis ʼn ultimatum gegee om terug te keer werk toe, of om ingevolge ʼn hofbevel afgedank te word.

Die LUR het gesê die onwettige staking het reeds gelei tot die vertraging van minstens ses lykskouings wat Donderdag afgehandel moes word.

“Die werkers is oënskynlik ontevrede oor die terugkeer van ʼn bestuurder wat vantevore in beheer van die fasiliteit was,” het Simelane-Zulu gesê.

“Die presiese aard van hul grief teen die bestuurder is egter onbekend en ook nie deur vakbonde verklaar nie.

“Ons wil eerstens om verskoning vra aan al die families wat nou angstig wag om te hoor of hulle hul geliefdes sal kan begrawe weens die vertragings wat die onwettige staking veroorsaak het. Ons het noodplanne in werking gestel wat moet verseker dat daar die minste ontwrigting aan dienslewering is,” het sy gesê.

Simelane-Zulu het gesê diegene wat staak, verrig noodsaaklike dienste. ʼn Hofbevel geld wat hulle verbied om dit te doen.

“Ons wil nie hê sake moet op ʼn punt kom waar ons daardie bevel afdwing nie. As die situasie voortduur, gaan ons geen ander keuse hê nie. As mense nie hulle werk in só ʼn sensitiewe omgewing kan doen nie, gaan hulle dienooreenkomstig aangekla word.

“Ons kan nie op dié manier gyselaar gehou word terwyl families rou en hul geliefdes wil begrawe ná ʼn onverwagse sterfte nie. Dié vertragings veroorsaak selfs verdere trauma en ons gaan dit nie toelaat nie,” het Simelane-Zulu gesê.

Die LUR het gesê enigiemand met ʼn grief moet die korrekte arbeidspraktyke volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kootjie ·

Haai!! Ek wil nou nie snaaks wees nie…..maar se my asseblief? Hoekom is ons Land in sooo ‘n gemors? Waar het alles begin verkeerd loop? Is dit nie toe die Andersoort oorgeneem het nie? En hoe gaan dit ooit weer regkom en wees soos wat dit gewees het?

Lolla ·

Dit gaan nie oor geld nie , maar wel oor die vorige bestuurder wat weer aangestel is, maar soos jy sê gaan kry vir jou ‘n ander werk as jy nie gelukkig is met jou bestuurder nie. Hy ht hulle seker bietjie laat werk dis hoekom hulle hom nie wil terug hê nie.

SjN ·

Fire die wat staak, daar is baie ander wat dit kan en wil doen, tyd van mooi praat moet stop. Tree op en maak n voorbeeld.

Sandra ·

Spot 9m, Piper. Span hulle in wat vir al die ondersoek verantwoordelik is. Dis mos lekker om te sit en NIKS doen.

Ig ·

Moet die opskrif nie lees”Stakende lyke met afdanking gedreig” nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.