Stakende metro-werkers maak wéér amok in hoofstad

Werkers van die Tshwane-metroraad het Pretoria se middestad vir ‘n tweede dag ingevaar, ondanks ‘n hofbevel wat hulle verbied om te staak. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Werkers van die Tshwane-metroraad het vir ʼn tweede agtereenvolgende dag die strate van die hoofstad ingevaar en amok gemaak, ondanks ʼn hofbevel wat hulle verbied om dit te doen.

Honderde ontevrede werkers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond (Samwu) het Maandag die Pretoriase middestad ingevaar en onwettig al die hooftoegangsroetes in die middestad versper. Hulle eis ʼn salarisverhoging van 18% en ʼn einde aan die gebruik van arbeidsmakelaars.

Paaie in die Pretoriase middestad word vir ‘n tweede agtereenvolgende dag deur onwettige stakers versper. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die Tshwane-metroraad het inderhaas ʼn hofbevel teen die werkers bekom wat hulle verbied om te staak. Dit het hulle nie gekeer nie.

Sheila Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, het gesê die stad het reeds die A Re Yeng- en Tshwane-busdienste opgeskort nadat busbestuurders die roetes versper het.

“Ons veroordeel die optrede ten sterkste en wil die publiek verseker dat klagte van diefstal aanhangig gemaak gaan word teen die betrokkenes. Tugstappe gaan ook teen hulle gedoen word,” het Senkubuge gesê.

Werkers het die metroraad se voertuie onwettig gebruik om paaie te versper. (Foto: TrafficSA via Twitter)

“Wat ons nie voorsien het nie, was dat ons eie busbestuurders veiligheidsbeamptes sou intimideer en die busse onwettig gebruik om die strate te versper.”

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het gister al gesê hy is bekommerd oor die staking wat die middestad wesenlik tot stilstand gebring het.

Die minister sê hy steun werkers se reg om te staak, maar dit mag nie inbreuk maak op die regte van ander nie.

“Tshwane is nie net die administratiewe hoofstad van die land nie, dit is ook ʼn belangrike ekonomiese sentrum. ʼn Sluiting van dié aard ondermyn die regte van ánder padgebruikers om te gaan werk en met hulle lewe aan te gaan. Dit kan die ekonomie kwaai knou – ʼn onderbreking wat ons in dié stadium kwalik kan bekostig,” het Ayanda-Allie Paine, Mbalula se woordvoerder, vroeër gesê.

Chaos heers vir ‘n tweede agtereenvolgende dag in die Pretoriase middestad weens ‘n onwettige staking. (Foto: TrafficSA via Twitter)

Die Tshwane-metroraad het motoriste intussen gewaarsku om tot ʼn uur ekstra by hulle reistyd te voeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Roberto Betta ·

249 words is not enough to describe the sorry state our country has become.

Pop ·

Dis wat jy kry as jy skelm vir die grootkoppe 18%verhoging gee en diegene wat die werk doen ignoreer. So gee maar die ekstra 18%. Ons belasting kan mos betaal. Hierdie nuwe kaders het nie n benul van budget nie.

Staansaam ·

Mense dit gaan ook slegter in Ander lande. Ons voor ouers het Baie op geoffer en gaan Lees self wat het gebeur nadat ons Almal saam gewerk het. En gaan kyk wat het gebeur as Elkeen sy eie rigting Wil in slaan as n vinniger oplossing. Hele families is uit gewis. Ek se nog ons blankes moet saam Staan die rede hkm ons nog nie groot verskil kon maak is omdat Elke 2de persoon sy eie kop Wil volg. In groepe wat selfde dink het ons meer mag. My ouers en voor ouers het nie bang kinders groot gemaak. Staan bymekaar en Staan sterk in getalle Kan ons iets doen bietjie vir bietjie selfs AL is die oor mag te groot. As jy nou vlug gaan jou nageslag vir altyd vlug want oer oupa het Dan gevlug en dis jy nou. Wil jy daardie oupa wees.

Werner ·

Wonder wie dink nog n hof het enige seggenskap in hierdie piesng republiek

Johan ·

AfriForum en Solidariteit dink nog so… wens hulle wil wakker word.

Gaitsigubib ·

Johan sou jy verkies hulle moet wakker word en besef hulle moet eerder sit en niks doen? Is dit wat jy doen?

Willie ·

Wat ek nie kan verstaan nie, hoekom word die busse uit die loots gegee? Seer sekerlik word dit uitgegee vir Vervoer?

Willie ·

Ek dink ook dat die DA nie veel beter doen die sogenaamde Tshwane nie… voels van enerse vere… So gaan als ten gronde…

potlood ·

jy kan nie 20 jaar se strooi so vinnig regstel nie. plus die party is nie die probleem nie, dis die mense self wat die probleem is.

Gert van Wierdapark ·

Wie moet ons bedank = die “weldeurdagte” besluit van die DA-beheerde Raad om stilletjies 18% aan die boonstes te gee! Dom-astrant verby! Verder, soos reeds voorheen gese, maak staking(s) ‘n nasionale sport want SA se “deelnemers” sal die vloer met hul teenstanders vee!!

Ekke ·

Is nag hier, mense ry in one ways op en af, jy weet eenvoudig nie hoe of waar om te ry nie, jy ry strate wat jy nie eers geweet het bestaan nie, oral ry jy jou vas in busse en vuilgoed. Langs die pad staan mense en lag vir motoriste wat ongeduldig is vir op en af en petrol uit ry, jy raak super opgewerk, moet wye esse en sesse ry om uit stad te kom. Is belaglik!! Vanoggend dieselfde storie, amper 2 ure gery om by werk te kom, is pad toe met busse, moet mens uit stad, om weer soort van in stad te kom, om by werk te kom.

marous ·

Die laakbare persepsie dat as jy iets wil afdwing dan foeter jy ander se lewens op , tot hulle ingee , werk altyd in afrika . Dit sal nooit ooit verander nie . Van die top tot die bodem is daar geen gevoel vir niemand behalwe hulself nie . Dis die waarheid .

Tante ·

ek is nie ten gunste van onwettighede rommelstrooiery ens nie maar skaam julle DA beheerde Stadsraad met skelm stelery om vir jul as Hoofde van Tswane Stadsraad jul sakke en pense te vul met verhogings en die wat onder jul werk te ignoreer waar dit hulle salaris verhogings aan betref nie as hulle 6% kry dan julle ook jul maak my naar al is hulle ook nie reg om so te plunder sou jul ook niks gedoen het as die skoen aan ander voet was nie?????

Danie Theron ·

Solidariteit stuur AL die bewyse van boewery deur die korrupte onbevoegde regime en sy kaders die buiteland in asb!Ek distansieer my totaal van die gemors staat.Die Chinese sit en wag vir oorname…lees berig in Beeld

Leeutjie ·

Ons was gister vasgevang daar… daardie reuk van die vrot rommel kan ek nie beskryf nie!!!

Chris Ws ·

Ek wil weet WAAROM die SAP NIKS doen om die busse wat paaie versper te verwyder nie en busbestuurders te arresteer vir oortreding van padverkeerswette nie?????Want die SAP is kop in een mus met die stakers!Hulle is een reuse vrot riool spul.

Swannie ·

Hey Chris, moenie sê die SAP doen niks nie !! Hulle moniteer die situasie !!!

Zorro ·

Ek sou dink die polisie is reg. As hulle iets doen dan is daar ‘n Marikana! Jy waag jou loopbaan om iets aan die mense te doen. Die problem is polities. En ek gee nie om wat die verskoning is nie, jy kan nie ander mense skade aandoen nie en ook nie rommel strooi of starte afblok nie. Maar wie gaan dit stop?

ne ·

As topbestuur 18% kry is dit ‘n druppel in die emmer om vir die werkers OOK 18% te gee. Hulle sit die stoele warm maar die werkers doen die werk.

Scruffy ·

Dis net n teken die skrif is aan die muur Geen orde of wet nie Gaan die selfde pad as die res van Afrika

De Villiers ·

Ek verstaan die frustrasie, maar daar is beskaafde maniere om protes aan te teken. Om asblikke om te keer, te vandaliseer en af te brand is definitief nie regte manier nie. Inteendeel, as jy jou misnoeë oor ń saak op so ń manier doen dat dit gewone landsburgers verontrief, eiendom beskadig of die land se beeld benadeel, moet die skuldiges aan die pen ry. Aangesien die howe gewoonlik hierdie misdadigers se aksies as gering beskou, word hulle net weer vrygelaat en gewaarsku, net om dit met ń volgende geval te herhaal. Daar moet ń register saamgestel word vir die publieke domein waarop die name verskyn van dié wat deur die howe daaraan skuldig bevind is, sodat werkgewers toegang daartoe kan hê voordat aanstellings gemaak word. Dit sal definitief die gewenste gevolge hê.

Ore ·

De Villiers…………beskaafd is nie in hulle woordeskat nie.Die norm in SA is dat die hoofowerstes van alle maatskappye verdien miljoene per jaar en die voetsoldate verdien die peanuts.Kyk maar wat verdien die hoofde van ons banke,R11m perjaar plus winsdeling,aandele,bonusse terwyl van die amtenare skaars R150,000pj verdien.Hoe regverdig mens dit? Maar ek stem saam,daar is vele ander maniere om hierdie klagtes te hanteer.Hoo die regering verban vakbonde,dan sal hierdie twak eindig

potlood ·

ek het nou maar besluit ek trek in by my werkgewer dan sorry ek nie meer hoe ek hier kom of gaan nie. My vrou laaik dit net nie so baie nie :-)

Maar in meer ernstige noot:
Gister het my 3 ure geneem om by die huis te kom.
Die verkeersligte was ook uit…
Geeeeeeeen maaar Geeeeeeeeen SAPD of Metro het iewers verkeer help vloei nie.. Jy moes maar self teen die busse vas ry en self sorg om weer om te draai…
Ek was later lus en gooi iemand met my eie poef…
DIS PATETIES SWAK!!!!
As enige iemand ‘n bus nodig het, daar is baie sommer in die straat gepark hier in PTA… Vat dit maar…. of ons gaan dit dalk brand

Danie Theron ·

Verdien die die pligsgetroue belastingbetaler in Pta wat hard werk vir sy /haar gelde om te oorleef in die woesteny wat die ANC skep om so verag te word deur kaders wat hy /sy betaal?Verdien die belastingbetaler dat bates soos busse ens waarvoor hy/sy swaar betaal het om ‘n ordelike bestel te skep so misbruik en wanaangewend word deur die ANC boewe?Verdien hul dat die ekonomie verkrag word deur die boewe? Nee!!! Beslis nie.Wat gaan die belastingbetaler daaromtrent doen???Dis hoog tyd dat die belastingbetaler wakkerskrik!!!

Stukkend Suid Afrika ·

Waltloo lisensie kantore geblok met munisipale busse en klippe. Moenie tyd daar gaan mors nie (en hulle is reeds so treurig sonder stakings).

annie ·

Ek gaan al vir die afgelope twintig jaar elke dag akteskantoor toe in die middestad. Die verval oor die jare is om van te ween. Stakend of nie, die rommel lê die wêreld vol, die sypaadjies is aan flarde, die haweloses lê sommer so langs die strate onder vuil komberse. Die ou mooi geboue rondom kerkplein kry geen instandhouding nie. Aborsie advertensies en wat nog word sommer so op die mure geplak. Dit is regtig om van te ween.

Lynette ·

SA sit met ‘n unemployment rate van 29%. Ek dink daar is genoeg mense wat werk soek. Famielielid van my het R500 verhoging gekry — jy vat dit of jy loop. Basta met die res. Hoe is die busse uit die depot vanoggend?

Zumie ·

Afrika ken net van breek … nie van bou nie … ander vastelande sit met antieke indrukwekkende geboue … Afrika sit met die Zim ruines….(afrika het dit nie gebou nie net gebreek…

Penellope Jones ·

Orde, dissipline en netheid is ‘n bitter, bitter moeilike konsep, beide om te verstaan en uit te voer.
Dit pas beter om eerder die ekonomie tot stilstand te bring, gemors rond te strooi en onordelik op te tree. . . . . . . .

Catherine ·

Tax payers have to suffer. Government sits back, allows this behaviour……. Glad all our children live in respectable overseas countries

Catherine ·

Taxpayers suffer for this behaviour. Government sits back , watches destruction. Glad our children live in respectable first world countries overseas

Potjie ·

Suid Afrika, veral Johannesburg is morsig en buite beheer. Die mentaliteit van die wat aan die wandade skuldig is, is ZERO!!

Christa ·

En so word die belastingbetalers se geld vermors. Polisie se hande is afgekap. Hulle mag nie aan die goedjies vat nie want Dan Sal daar teen hulle opgetree word.

Tanya ·

Ai, dis so onnodig. Almal soek net meer geld, dank al daai werkers af en stel mense aan wat ENIGIETS sal doen vir net n werk. Hulle het geen idee van repurkusies nie.

JV ·

Busse en vragmotors gevat sonder toestemming, dan is dit pleinweg Diefstal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.