Stakende Pikitup-werkers bestook trok met klippe

Pikitup (Argieffoto)

Pikitup (Argieffoto)

Stakende werkers van Johannesburg se vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, het Maandagmiddag ʼn munisipale vragmotor wat vullis verwyder het met klippe bestook.

Honderde werkers wat lede van die munisipale werkersvakbond Samwu is, het by die vakbond se distrikskantore in Johannesburg saamgetrek toe die munisipale vullisverwyderingstrok verbygery het. Klippe het op die vragmotor neergereën en die bestuurder het geen ander keuse gehad as om vir sy veiligheid te vlug nie.

Polisiebeamptes wat op die toneel was om die vragmotor te beskerm het geweier om kommentaar te lewer, maar het bevestig dat dit lede van Samwu was wat die klippe gegooi het. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Samwu-lede wou ook nie met die media praat nie, maar het voortgegaan om struggle-liedere buite die vakbondkantoor te sing.

Samwu het vroeër Maandag gesê dat hy sy vier weke lange staking sal versterk nadat onderhandelings met Pikitup verlede week weer ’n dooiepunt bereik het.

Ongeveer 4 000 Pikitup-werkers het op 9 Maart op ʼn onbeskermde staking gegaan. Hulle eis dat hul lone van R6 000 tot R10 000 per maand verhoog word en dat die besturende direkteur van die maatskappy, Amanda Nair, bedank. Dit is al die vierde staking deur Pikitup-werkers sedert November 2015 oor dieselfde redes, hoewel Nair vroeër deur ʼn hof onskuldig bevind is op korrupsieaanklagte teen haar.

Sedert die staking begin het, moet Pikitup R1 miljoen per dag ekstra bestee aan privaat kontrakteurs om vullis te verwyder en veiligheidsbeamptes om hulle te vergesel en aanvalle teen hulle te voorkom. Die Johannesburgse Metropolisie help ook om sekuriteit aan die privaat kontrakteurs te bied.

Verlede week is tydelike vullisverwyderingswerkers in Alexandra, in die noorde van Johannesburg, aangeval en sewe mense is beseer.

Intussen het die Stad Johannesburg gesê hy is bekommerd oor die gesondheid- en omgewingsimpak van die staking nadat ʼn dooie rot positief getoets is vir latente pessiekte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peter ·

Die verhoging wat die werkers “demand” is amper ‘n verhoging van 100%. Wat gebeur met die vlgde verhoging??? Hulle sal nooit tevrede wees nie…… en al die skade aand die eiendom; vir wat.

WL ·

Geen ondervinding nodig nie. Geen kwalifikasie nodig nie. Daar is miljoene ander mense wat werk soek. Hoe kan hulle toegelaat word om te onwettiglik te staak?

Frederiks ·

Stem, fire die hele lot vir die onwettige staking, ignorering van ‘n hofbevel ens………. Jy kan almal binne ‘n dag vervang teen R4000.00 p/p per maand.

Veritas ·

‘n Swakkeling kan maar vergeet om, in ‘n dispuut, as oorwinnaar daar uit te stap. Pikitup het hul posisie van mag prysgegee deur, deelnemers aan die onwettige staking, hul salarisse te betaal. Die stakers glo nou dat hulle besig is om die stryd te wen en gaan net meer gewelddadig raak om hul sin te kry. Slegs daadwerklike optrede deur Pikitup en die SAPD, sal ‘n einde aan hierdie daad van ‘terrorime’ maak.

Lizz Meiring ·

Intussen betaal ons nog steeds vir pickitup dienste op ons munisipale rekening. En gee die Jhb munisipaliteit ‘n lang, onsinnige , niksseggende hoekom dit kwansuis onwettig is vir belastingbetalers om nie vir die dienste te aanhou betaal nie. Gmf.

Marous ·

Die raad bly verantwoordelik. Daar kan nie geld verhaal word vir dienste wat nie gelewer word nie. As die vullis nie verwyder word nie bel hulle onophoudelik..en demand..soos al die ander.

Willie ·

Dis tyd dat almal n asblik sak voor die Munisipale kantore op straat gaan neer smyt… Hulle behoort van die kalnie te hou…

Roy ·

Kry weermag in en maak gebruik van gevangenisse in tronke, wat so lekker lewe tot hulle ligte word vir hulle afgesit, en dan kry die tronk bewaarders ook oefeninge

alda ·

In Australie is vullistrokke met slegs die bestuurder – daar kom 2 een keer per week, een vir vullis en tuinvullis en een vir herwinbare vullis. Daar is geen werkers, net die bestuurder – die trok het sy eie meganiese arm om die vullis in te gooi en asblik weer netjies terug te sit. So – oplossing – dank almal af, neem net een bestuurder in diens teen R10 000 per maand en meganiseer die vullistrokke – baie goedkoper, minder arbeidstres en groter wins! Die UN kan dan maar vir die wat hulle werk verloor het agv die stakings mieliemeel afgooi om te eet – hulle wil mos nie werk nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.