Stakende werkers veroorsaak chaos by hospitaal

Stakende werkers het glo chaos by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg veroorsaak. Foto: ANA

Die DA het Sondag die optrede van stakende werkers by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg veroordeel nadat die werkers glo vullis, insluitend mediese afval, in die gange van die hospitaal uitgegooi het.

“Hulle het verlede week chaos by die hospitaal veroorsaak en Dinsdag moes die polisie rubberkoeëls afvuur om hulle uitmekaar te jaag,” het Jack Bloom, DA-lid van die Gautengse wetgewer, gesê.

“Ek het Donderdag die hospitaal besoek en hope vullis, insluitende mediese afval, aangetref wat op verskeie plekke uitgegooi is. Die koeldrankmasjien is ook omgegooi,” het hy gesê.

“Personeel het aan my gesê dat die betogende werkers deur die sale gegaan het, hulle geïntimideer het en bedrywighede ontwrig het. Baie operasies moes gekanselleer geword het weens ʼn tekort aan skoon linne.”

Volgens Bloom is die meeste van die betogers lede van die National Education, Health, and Allied Workers’ Union (Nehawu), insluitend verpleegsters, skoonmakers en portiere, maar daar was ook mense van buite betrokke.

Volgens Bloom was daar EFF-ondersteuners onder die hospitaalwerkers wat gestaak het.

Hy het gesê die betoging het gegaan oor die niebetaling van oortydgeld en prestasiebonusse en die werkers beweer dat die bestuur nie met hulle oor dié kwessies kommunikeer nie. “Hul besware kan moontlik geldig wees, maar om ʼn hospitaal om te keer en die veiligheid van pasiënte in gedrang te plaas, kan nie onder enige omstandighede toegelaat word nie,” het hy gesê.

“Die Gautengse departement van gesondheid moet ʼn hofinterdik teen hierdie onwettige optrede kry en die polisie moet die mense in hegtenis neem wat gewelddadig optree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hanna ·

Ek is self in die verpleeg beroep en wat hier gebeur is absoluut onmenslik! Ons het immers n eed afgele… Maar nou ja, weereens bewys die EFF wat hulle nou eintlik werd is. En hoeveel hulle vir die “poor masses” omgee. I rest my case.

Gerhard Bezuidenhout ·

En wat gaan nou met hiedie werkers gebeur . Gaan hulle maar aanhou werk of gaan hulle afgedank word . Hulle is terroriste wat nooit vertrou kan word om na weerlose siek mense om te sien nie.

Andre ·

Het julle dan nie geweet nie? As mens in Suid Afrika staak is dit die norm. Die rede, niks gebeur na sulke onopgevoede en barbaarse optrede nie@

Manie ·

Ek wonder dikwels op grond van watter feite minister Sisulu na Suid-Afrika verwys as ‘n “beskaafde” nasie. Ek gaan liewer saam met pres. Donald Trump as hy na SA verwys as ‘n “sh*thole”. Dit is nader aan die waarheid.

Siek en sat ·

Liewe genade. Nee wat dis beter om uit hierdie land uit pad te gee. Dinge sal nooit verander nie. Ek gaan my kinders mis wat nou emigreer maar wens hulle net die beste toe. My kleinkinders het geen veilige toekoms hier nie.

Reguit ·

Skitterend. Stem 100% saam. Dit is die beste opsie ooit. Wens julle en julle kinders alles van die beste toe. Ek glo hulle sal floreer, en die land (en ekonomie) waarin hulle sal woon sal in alle opsigte BAAT vind daarby. Verder is dit bevredigend om te weet dat die belasting wat hulle dáár betaal NIE in ‘n vuil & walglike HOOL (se diep & donker sinkgat) sal verdwyn nie, en dat hulle belastings verder GEENSINS aangewend sal word om ‘n gruwelike dik en oneindige SOUSTREIN te voer nie. Daarvoor sê ek Halleluja.

De Villiers ·

Net soos verlede week se sokkerwedstryd by die Moses Mabida-stadion in Durban wat ontaard het in ‘n tipiese Afrika-styl van barbaarse geweld, is hier ook die geweldige mate van onbeskaafdheid, disrespek, kortsigtigheid en onvolwassenheid te bespeur. Hoe kan ‘n mens ooit ‘n land opbou met sulke individue?

Riana ·

Ja nee ordentlike mense wat opgevoed is en trots op wat hulle doen, Wat trots is vir wie hulle is sal nie soos barbare optree nie. Dit bewys jou net hulle het n hengse probleem met hulle self die fout le by hulle en nie by ons wittes nie en ook niks met aparheid uit te waai nie!

Gustav ·

Riana, jy slaan die spyker op sy kop. In ons jare was daar ook regtig arm wit mense gewees, maar hulle het hulle trots en waardigheid behou en nie opgetree soos hulle klomp barbare nie. Daar is gladnie eenige iets wat hierdie dade van hulle kan goedkeur nie en hulle sal ook en kan nie hulle self verbeter nie, want hulle sal altyd die wittes blameer.

Michael ·

Hou die EFF weg van die hospitaal as daar blanke ou mense in die sale le is hulle in groot gevaar onthou dit is n maklike teiken

Vryheid ·

Die EFF dra niks by nie, bou niks op nie, hulle gee niks en verwoes net. So wat beteken hulle dan….. NIKS! Waardeloos! Sonder enige betekenis. Mors van tyd!

AD ·

Alweer due EFF. As daar staak, brand of opstogte is weet ons sommer wie dit begin / is

Hans ·

Hoop die vakbondlede word almal aangekla want om besmette mediese afval so rond te strooi is krimineel.

Johann ·

Barbaars. Als deel van die ANC TERRORIS anargie staat. Gewetenloos, GEEN respek vir lewe nie, MAAR LAAT HULLE REGTE DURF beperk word…

Oom Kalahari ·

Wat ‘n swak optrede en dit nogal in ‘n mediese bedryf waar lewens in gedrang is. Nee wat dan verkies ek maar liewer die ou Nonne Susters en verpleegsters waar ek groot geword het. Hoe kan die dinge gebeur in ‘n biljoene Rand se hospitaal waar belasting betalers se gelde gebruik was om die fasileit te bou. Vele Sekuriteit en Polisie laat toe dat die dinge voortgaan en pasiente se lewens in gevaar stel. Die huidige Pres is ook nie die kool se sous werd nie asook Sisulu met haar valse uitsprake die wereld in dat dit ‘n gehoorsame demokratiese land is. EFF is ‘n militere groep/faksie wat anargie, uitlokking, aanhitsing, haat, vernietiginge, brand ens teweeg bring. Ons sal en kan nooit die sogenaamde “Reenboog” nasie wees nie, want ons denkwyse, optredes en kultuur verskil is te groot en ver verwyderd. Die wereld moet kennis neem van hoe landsburgers se lewens tot in hospitale in gevaar is en hierdie valse propoganda besoeke van die ANC oor hoe goed dit in Suid-Afrika gaan en perfek funksioneer moet onder ‘n vergrootglas geplaas word.

humor ·

Ek hoop hierdie gebeure beland in die internasionale nuusmedia .

Anoniem ·

Indien daar stakers is wat kwalifiseer het vir prestasiebonusse, behoort die prestasiebonusse onmiddelik teruggetrek word na hierdie gedrag.

Reguit ·

Wat ‘n wonderlike optrede. Sulke opperste beskaafdes. Die mediese-en verpleeg beroepe is veronderstel om edele beroepe te wees, gevul deur intellektuele en eerbare persone, waar geregistreerde lede ‘n etiese & morele kode eerbiedig en navolg. Blykbaar nie in Azanië nie, waar bitter min intellek, etiek en morele fondament (inbors) te vinde is onder die linkses se wonderlike lieftallige massas. Soos iemand elders op MM geskryf het: is mos glo hulle “naastes”. Mmmmmm…. ja…. OK.

Jannie ·

Rubberkoeëls is ‘n verdomde grap! Hulle moet ‘n slag skerppunt lood kry!!! Gee hulle iets om oor te betoog!

Reguit ·

Onthou: In Azanië is ‘n “betoger” baie edel, baie raar en baie spesiaal, kosbaar – soos ‘n diamant, soos fyn goud of suiwer platinum. Jy mag nie aan hom raak nie, en hy durf nie beseer word of iets oorkom nie – want dán is die duiwel los. En jy mag geen ander opinie oor ‘n “betoger” hê as bogenoemde nie – want dan is jy ‘n “rassis”.

christa ·

dis nie werkers nie, hulle is leegleers wat net nou gewys het hoe ernstig hulle hulle werk opneem . Hulle wil net staak en neem geeneen in ag nie, siek of gesond. En as een van hulle mense iets oorkom maak hulle ‘n henge “show” en trane word uitgepak.Hulle het net bakhand gestaan en wag elke maand vir hulle salaris. Kry mense wat wil en kan werk.

Eish ·

Dit is hoekom integrasie nog nooit ter wêreld suksesvol bestuur kon word nie. Rou waardes verskil wesenlik en gemene delers is n rariteit.
Mag die Hemelse Vader ons genadiglik wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.